Manne na baie, wind, reen, werk en dinge wat in my pad was het ek eers gister die 6.5 gaan skiet. Ek het ook my .222 en 7mm reggekry en besluit om net een geweer per slag skietbaan toe te neem. En ek is bly hieroor.tau wrote:http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/65tpl_zps8b879805.jpg
Ok ek is reg vir TPL verstellings. Ek het 6 x 3 41gr ladings gemaak met verskillende TPL's :
Begin by 77.52mm
77.32mm
77.20mm
77.00mm
76.70mm
76.50mm
so ek hoop dit raak beter.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_5466_zps485a5bf8.jpg
Ek het definitief 'n stabiele vertikale lyn geskiet so nou hoop ek die horisontale lyn kom naby mekaar.
Ek het ook eers gister 'n Bipod swivel op my geweertjie gesit en so my Vangaurd bipod op die roer gesit. Ek dink as mens kyk waar ek begin het met die ladings en die groepe en waar ek nou sit moet mens soms net rustig raak en 'n probleem tyd gee en alles doen soos die Jaracal manne al raad gegee 10000000 keer.
Ek dink FM het eenkeer gese met genoeg tyd en korrekte herlaai metodes kan enige geweer wat se loop nog mooi is met die regte koel/groef combo onder MOA skiet. Of dit so is sal ek nie weet nie, maar ek glo dit al meer.
Ek is baie skuldig dat ek soms te haastig herlaai(nie onveilig haastig), maar ek verwag dadelik resultate, want ek weet mos nou meer as die vorige keer. Elkgeval My 6.5 het sopas my 7mm uitgestof as my raakskiet geweer as dit by groepe kom ek weet nog nie van die veld nie, dit sal maar neuk.
Oja Arnold het iewers 'n draad begin oor hoe om met 'n Bi-pod te skiet en ek het dit baie geniet en advies geneem. Ek skiet deesdae 90% vanaf my Vangaurd Equalizer 1 bipod. Hy "laai" lekker is lig en ek skiet lekker as ek le of vanaf die bakkie se dak as ek oes. Ek was nog nooit gemaklik vanaf 'n bench nie en ook nie 'n goeie skut nie, maar die bipod en le het my darem nou al meer gemaklik.


