Herlaai data 6.5 x 55

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by tau »

tau wrote:http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/65tpl_zps8b879805.jpg

Ok ek is reg vir TPL verstellings. Ek het 6 x 3 41gr ladings gemaak met verskillende TPL's :
Begin by 77.52mm
77.32mm
77.20mm
77.00mm
76.70mm
76.50mm
so ek hoop dit raak beter.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_5466_zps485a5bf8.jpg
Ek het definitief 'n stabiele vertikale lyn geskiet so nou hoop ek die horisontale lyn kom naby mekaar.
Manne na baie, wind, reen, werk en dinge wat in my pad was het ek eers gister die 6.5 gaan skiet. Ek het ook my .222 en 7mm reggekry en besluit om net een geweer per slag skietbaan toe te neem. En ek is bly hieroor.
Ek het ook eers gister 'n Bipod swivel op my geweertjie gesit en so my Vangaurd bipod op die roer gesit. Ek dink as mens kyk waar ek begin het met die ladings en die groepe en waar ek nou sit moet mens soms net rustig raak en 'n probleem tyd gee en alles doen soos die Jaracal manne al raad gegee 10000000 keer.

Ek dink FM het eenkeer gese met genoeg tyd en korrekte herlaai metodes kan enige geweer wat se loop nog mooi is met die regte koel/groef combo onder MOA skiet. Of dit so is sal ek nie weet nie, maar ek glo dit al meer.

Ek is baie skuldig dat ek soms te haastig herlaai(nie onveilig haastig), maar ek verwag dadelik resultate, want ek weet mos nou meer as die vorige keer. Elkgeval My 6.5 het sopas my 7mm uitgestof as my raakskiet geweer as dit by groepe kom ek weet nog nie van die veld nie, dit sal maar neuk.

Oja Arnold het iewers 'n draad begin oor hoe om met 'n Bi-pod te skiet en ek het dit baie geniet en advies geneem. Ek skiet deesdae 90% vanaf my Vangaurd Equalizer 1 bipod. Hy "laai" lekker is lig en ek skiet lekker as ek le of vanaf die bakkie se dak as ek oes. Ek was nog nooit gemaklik vanaf 'n bench nie en ook nie 'n goeie skut nie, maar die bipod en le het my darem nou al meer gemaklik.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by tau »

Ok manne so net begin by die begin. Highland doppe, Lot71 S365 41gr Sierra Pro hunter 120gr
Ek het reeds my verskillende grein ladings gedoen en het op 41gr 'n vertikale lyn gekry op TPL 77.60mm en besluit om hom aan te vat en met TPL te speel.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/651_zps528db009.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/652_zps7351ed95.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/653_zps0d187196.jpg
Hier het ek begin opgewonde raak en eers bietjie ontspan
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/654_zpsd86ce44a.jpg
Eureka!!!!!!! Buite mate meet so 11.54mm - 6.5mm = 5.04mm Groep
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/655_zpsdd5ce341.jpg
Ek dink die groep sou ook mooi gewees het daai skoot laag is driver error.

So my 6.5 Fullstock skiet onder 10mm. Ek het dit nie verwag nie ek sou enige konstante moa groepe aanvaar het.

Dankie aan Gromit vir die doppe, anders sou ek steeds nie geskiet het nie en al die Jaracal herlaai manne wat altyd raad gee. Miskien nie die keer gevra nie, maar baie van wat ek gedoen het het ek hier geleer.

Nou tot my blink LOT71 op is is ek gehulpe.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13651
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Capt. Yoda »

Baie mooi tau.Daar is min dinge so lekker soos om daai groep reg te kry met die TPL verstelling
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by VdWalt »

Mooi groepe daar!!
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Swede »

Dit verbaas my altyd wat TPL aan 'n groep kan doen, baie mooi groep ;D
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by tau »

Dankie manne ek gaan Saterdag so paar Springbokke gaan oes en sal die roer saamvat, net jammer hy het nie 'n silencer op nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by tau »

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/65roer_zpsbe483ce3.jpg

Dit lyk darem vreemd die kort roertjie op bipod.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by VdWalt »

Jis dis vir my mooi!!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by NEGE3 »

Lekker Tau. Ek gebruik ook 120gr Sierras en hulle werk goed vir my. Jou roer is baie mooi.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Ek's op soek na laaidata vir 105 gr Impala CFP solids. Het iemand ondervinding van dit of kan julle dalk 'n beginlading vir my CZ550 voorstel ?
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Ons kon darem die naweek by die baan uitkom en ek kon my vrou aan my CZ550 voor stel. Sy wou vreeslik graag met hom skiet aangesien ek soveel goeie dinge van die roer te sê het. Maar eers wou sy net keel skoonmaak met my Howa .223 om weer net in die ding te kom, want sy het lank-laas geskiet. Die boonste groep is die .223 oor 100m, daarna het sy die 6.5mm gevat en die mooi klawer groepering geskiet. (Hornady 129gr Interlock, 45gr S365 #74, Win LR Magnum primers, Lapua once fired doppe en TPL = 74.3mm). Die geweer is ingestel vir my Rhino jaglading (sonder knaldemper) en skiet aansienlik laer as die Hunt Buddy knaldemper op is. Ek het die teleskoop net so 4 klieks regs gestel vir haar na die eerste groep met die 6.5

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC07313_zps5e9712e2.jpg

Daarna het sy nog 'n groep geskiet, sonder die demper (boonste groep) en toe weer een met die demper en non-chalant opgemerk: "Ja , die ding skiet OK." Ek was heel verbaas oor die mooi groepe en het net ge-smile. Dit lyk my die CZ hou van die knaldemper op.

http://i776.photobucket.com/albums/yy50/strydomd/DSC07316_zpsc391d858.jpg

Sy hou vreeslik baie van die minimale terugskop van die 6.5mm met die Hunt Buddy en begin klaar sê dat sy hom die jaar wil gebruik as ons gaan rooibokke jag. Ek dink ons het 'n wenner hier.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Pvdw »

Spanne mens stel nooit jou vrou aan jou ander liefling voor nie. Het jy nog niks op die forum geleer nie??

Ai maar daai CZ gooi mooi as mamma hom dryf.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Ja Peet, hy skiet mooi. Dit lyk my ek sal moet begin baklei om skietkans te kry met my eie roere. Tussen die vrou en die twee kinders het ek slegs 9 skote uit die 73 skote vandag kon skiet (en 3 skote was met die .22 LR). Die .223 het ook groot aftrek gekry by die kinders.
Ek is heel verbaas oor die Interlock se akkuraatheid - ek het sommer net op 'n lading besluit en laat loop met hom. Geen QL of dinge nie. Baie bly die CZ hou van hom, nou kan ek die res van die 200 koeels so laai, maar ek weet nie hoeveel van hulle gaan ek kan skiet nie...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by NEGE3 »

Lekker geskiet Spanner. Ai dit is lekker as die roere so mooi maak.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Hilux01 »

Eish ek raak nou opgewonde ek ry Maandag wat kom vir n week Tolwe toe, dan gaan die 6.5 sy eerste bloed trek
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Pvdw »

Ek pak my 6.5 Sondag in om saam met Cob 2 BWB elk te gaan soek. Ek bewe soos ek hier sit en tik.

Die 160gr claws is voor in die kassie en die 140gr Interlocks is net so agter hulle.

Sodra die bloed loop en die bees hang plaas ek 'n foto.

Hilux sterkte met jou jag en maak mooi.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Ja jy sien, nou is dit julle beurt, ons ander manne het mos ons beurt gehad. Ek sal maar hier verveeld voor die rekenaar sit en aan die elandbiltong kou terwyl ek wag vir 'n update met fotos ...

Ek hoop regtig julle ouens het 'n aangename jag en dat julle dit vreeslik gaan geniet. Enige tyd met 'n geweer oor die skouer is baie spesiaal, veral as dit die eerste keer is as jy die roer veld toe vat.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Smirre »

More
wat sal die verskil in spoed wees tussen SST 140g en Nosler bal Tip 130g?
S365 42g

Sal dit die moeite werd wees om 'n lading vir die 130g koeels te kry?

Smirre
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Hilux01 »

Dankie manne
Ek sal julle op hoogte hou
Ek gaan elke oggend in n stryd gewikkel wees oor of ek die 9.3 of die 6.5 oor die skouer gaan gooi
Daar is darem 100 x286gr Norma Oryx gelaai vir die 9.3 en 100 x 156gr Norma Oryx gelaai vir die 6.5, reken ek sal nie almal nodig kry nie maar lekker om te weet ons kan lood gooi as dit moet :laugh:
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Henk, sorg net dat jy 'n lekker skerp knipmes ook saamvat, sodat jy die rooibokooi se keel kan afsny om haar finaal vrek te kry, nadat jy al daai ammo op haar uitgeskiet het.

Jy sal maar 'n muntstuk moet op gooi en bepaal watter roer jy eerste gaan saam neem veld toe, maar jy sal iets met elkeen van hulle MOET skiet. Die 6.5 is gelukkig bekwaam genoeg vir enigiets wat sou opduik, jy sal nie under-gunned voel nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by VdWalt »

Ek moet wag tot Woensdag vir my beurt. Eerste bok wat reg staan roer ek! 140gr North Forks
staan ook reg, hulle bewe sommer so van opgewondenheid.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by 375fanatic »

Hilux01 wrote:Dankie manne
Ek sal julle op hoogte hou
Ek gaan elke oggend in n stryd gewikkel wees oor of ek die 9.3 of die 6.5 oor die skouer gaan gooi
Daar is darem 100 x286gr Norma Oryx gelaai vir die 9.3 en 100 x 156gr Norma Oryx gelaai vir die 6.5, reken ek sal nie almal nodig kry nie maar lekker om te weet ons kan lood gooi as dit moet :laugh:
Hilux jy sal nog moet laai dink jy het te min ammo :laugh: :laugh:
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Hilux01 »

Mnre net so vinnige terugvoer, was gisteraand so 19h by die huis
Ons kon darem vir die groep 1 bwb, 1 gemsbok, 3 rooies en 10 varkies oplaai
Ek self het eerste bloed getrek met die 6.5 op n rooibok ram (37kg - 22.5") en n varkie - daarna het ek en die 9.3 gestap, kon n varkie laat bakkie ry van so (44kg)

Groetnis ek sal later fotos en stories vertel
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Spanner »

Henk, kom tjomma, ons wag darem lank vir die storie ? Die biltong gaan al op wees dan swyg jy steeds.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Pieter Gerber
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:07 pm

Re: Herlaai data 6.5 x 55

Post by Pieter Gerber »

Goeie middag Mnr(e)Ek het pas deur die hele bespreking gelees.
Baie insiggewend en lekker om te lees.
Ek is redelik vas besote op 140gn vir my nuwe CZ pas gekry.Het my redes hiervoor.
Soos ek genoem het op die ander forum het ek Claw punte gekry.
Ek is werklikwaar baie terleurgestel in die Claw punte.

Ek het met my ander kalibers (223/55gn, 303/174gn, 308/180gnen 375/300gn) almal begin met Nosler Accubond punt> net toe ek die ladings en groepering reg het, kon ek nie Noslers kry nie. Toe oorgeslaan na Hornady's. Eers met SST getoets en toe Interlock en bond onderskeidelik.

Presies dieselfde ladings en groepering gekry as met Noslers. (regtig pragtig)

Toe ons gaan jag met die Hornady's was skootplasings perfek, maar die gewig retensie op die punte wat ons kon kry was van swak na uiters swak. Nie een het ge"mushroom" nie en dit het baie opgebreek. Baie vleis skade gekry.
Ek het fotos gestuur en die data na Hornady en binne 'n week 'n antwoord gekry dat dit normaal is vir "African Planes Game" Nouja toe hoor ek van Claw. Met moeite kry ek toe die Claws in Pretoria. Ek kry wragtig nie groepering met dit nie. Best is 30mm oor 100m met "n gereelde "flyer" Ek het al 'n boksie op elk uit geskiet en is nog nerens. Ek verstaan hulle is uitstekend vir min vleis skade en gewig retensies. Ek weet nie. Ek en my vriend probeer nou al 3 weke om Andre in die hande te kry om punte, wat verkeerd na ons toe gestuur is, terug te stuur en nog te bestel. Ons het nog nie reg gekom.

Nou begin ek Sierra's oorweeg. Dit is oral bekombaar, bekostigbaar en my vraag is: gaan ek slegter doen as ,met die Hornady's as dit kom met gewig en vleis skade?

Ek is een wat nie glo aan 'n solide punt deur my loop stoot nie. Ek weet dit is 'n debat op sy eie, maar dit is MY >:D opinie.
Ek sal graag van julle wil hoor hieroor en ook lading met TPL vir die Sierra 140gn.
Post Reply