Impala punte vir JAG

Post Reply

Is die IMPALA, as n ligte "solid", dodelik genoeg op ver afstande met minimale vleisskade?

Nee - met ondervinding (nie die skut se skuld!!)
4
9%
Nee - net my raaiskoot, geen ondervinding
3
7%
Nee - my mening (sonder Jag-ondervinding) na eie toetse en navorsing
3
7%
Ja - met ondervinding en faktore soos genoegsame spoed
10
23%
Ja - net my raaiskoot
6
14%
Ja - my mening (sonder Jag-ondervinding) na eie toetse en navorsing
2
5%
Neutraal - ek stel nie belang nie
1
2%
Neutraal - ek wag op die uitslag van die JARACAL Forum se toets op die IMPALA's
14
33%
 
Total votes: 43

User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Boesman »

Stef

Onthou net dat as jy net die vel van die bok se nek raakskiet, gaan hy nie val nie!!  :D Glo nie genoeg hidrostatiese watsegoed afgelaai nie.  ;D

Maar ek stem, 'n nekskoot op 'n springbok wat jou nie 'n kopskoot wil gee nie. Morsvleis is weglaatbaar min, so min dat die hond vir jou sal knor. Het jy al die weggooivleis geweeg om te sien hoeveel dit werklik is?
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

Ou Boesman, weet jy hoe redeneer ek:

Ek dreun n bok, veral n duurder bok soos n wildebees of gemsbok of n koedoe regdeur die blad (deur die voorbeen) so hand en n bietjie van die borskas se "lyn" af op. Ek mors bietjie vleis, veral as hy aan die agterkant uitgaan, maar my bok le net daar (het dan klaar vir hom betaal toe die skoot klap!). Met die 7mm bliksim jy sy voorbeen in elkgeval morsaf af en jy is deur die vitals, so die kans dat die bok net daar gan val raak al hoe groter (weereens, volgens my, en jy moet goeie punte skiet wat nie opbreek nie). Ek weet baie ouens gat nou met my verskil, maar daai 3-5kg worsvleis wat ek moet uitsny is my insurance dat my bok in die koelkamer hang...

Probleem is, n ou kry nie altyd daai skoot nie, want die bok staan nie altyd met daai effe van n angle nie. Dis juis hoekom ek uitvra oor die Impala se spoed en rippel (of dit nou watse golf ook al is, daar is n rippel effek) ten opsigte van n nekskoot. Veral by Gemsbok en Swartbees is nekskote moeilik soos julle self weet. By n Springbok glo ek as jy met genoeg spoed kom kan jy n blerrie ball-bearring ook skiet en hy sal val (kinetiese energie net te veel vir so klein gewig), maar ek is onseker oor groter gediertes.

Kom kom manne! Nog raad asb!!!!! Ek leer flippen baie op die forum! My baas gan my %*#r as hy weet hoeveel tyd ek hierop spandeer!!!

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Geno »

Stefan764 wrote: My baas gan my %*#r as hy weet hoeveel tyd ek hierop spandeer!!!
Nou praat jy! ;)
Goed, beter, 6millimeter!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by 222 »

Geno

Verseker moet die kavitasie 'n rol speel in die hele storie.
Dit gaan ook oor die ontwerp van die koe?l, as ek as leek moet s? sal ek aanneem dat hoe groter die kavitasie is EN hoe vinniger die koe?l deur die vleise beweeg hoe vinniger gaan die kavitasie-gat toemaak hoe meer skade. Dit is maar hoe ek dit verstaan.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by 222 »

Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Ek het 'n plan. Kom ons almal koop 'n bok saam. iets soos 'n blesbok. Soos jul almal weet, ou Blesbok KAN 'n koeel vat.
Iemand van ons skiet hom 'n deur die blaaie skoot met my .300WM met die impala punte en ons neem die gedoente af met 'n digitale video kamera. As die blesbok op die plek val of val na 'n lekker hardloop sessie, soos wat 'n bok maar doen met 'n lyf skoot, is die punt mos kwaai. En as die Blesbok weg hol en op sy kloutjies bly dan is dit 'n gemors punt. Ek sal dan saam stem met die uitslag van die toets. Ons kan dan sommer die velis skenk vir 'n ouetehuis of iets van die aard.

In elk geval, die verskil in borskas dimensie, hoogte, diepte en wydte tussen 'n blesbok, gemsbok en swart w bees is mos nie so groot nie, Hul is om en by almal ewe ewe groot, selfs die organe ook.  Wat se jul van so 'n plan. Ons almal stoot so R100 vir die PROJEK IMPALA PUNT JAG TOETS.

Kom ons sit onse geld waar ons monde is. En ek se weer, as die punt nie werk nie gaan ek dit aanvaar en beaam en saam stem dat dit 'n "jul weet wat" se punt is.

Ek hoop dit werk.
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

Danie dit klink na my tipe plan. Ek is in. Laat weet waar en wanneer. Jy moet my net genoeg tyd gee. Waar bly jy?
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

JMB  Ek bly hier ;D
Net 'n grappie ou maat. 

Ek is hier tussen Bloem en Bultfontein. Ons moet almal saam gooi in 'n kittie en die Blesbok koop, hom gaan skiet en kyk wat maak die punt. Hom gou GUT en in die koelkamer kry. Dink jy/jul ook ons kan sommer die vleis skenk vir 'n outehuis of so iets? Gee raad manne.

Deksils, ek hoop net die punt skiet die keer ook die Blesbok goed vrek, ek sal darem lekker gat voel as dit nie werk nie. Dit is mos met sulke tipe dinge dat 'n ou bok koors of senuwee koors kry.
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

Seker nie veel oor die 900km vir my nie. Moet ek wingerdstompies en KWV saambring?Ek neem aan jy kan die tjops verskaf?
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Klink vir my na 'n plan. Waar's die ander manne, hul moet ook kom help met die toets.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Louis102 »

Danie .243 wrote: ... Ons moet almal saam gooi in 'n kittie en die Blesbok koop ...
Danie

Vir al hierdie gratis reklame kan Gerard mos sommer die bok betaal?  As julle hoop om die kite by hom te laat vlieg, hou eerder die terminologie by "koe?ls" i.p.v. "punte".

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Manne

Ek dink die groot probleem hier is die term "Hydrostatic shock" wat direk vertaal sal wees water/vloeistof skok.

Okay Piet snot is ek darem nie ;) ek is darem 'n mediese dokter en het my fare share van forensiese medisyne gehad.

Net 'n paar feite.

Die stelling van die spierweefsel wat verplaas word is reg, maar dis nie die sametrekking van die ander spiere in die oombliklike omgewing wat die bene laat breek nie. En dit gebeur nie so gereeld nie. Sou daar 'n simpatiese aktivering wees wat bv die rugpiere laat saamtrek oneweredig kan dit verplasing tot gevolg h?.

Spierweefsel is dig(dense) dus sal enige iets wat die volmue van die spier kompartement ( want al ons spiere is in kompartemente) verhoog golf vorming tot gevolg h?. Hier speel snelheid ook 'n belangrike rol en die groote van die projektiel, want hoe meer kenetiese energie beskikbaar is hoe meer van daardie enegie word verplaas.

Spierweefsel is baie sterker as bv longe, so die skade hier is eintlik minder as wat dit mag voorkom. Die rede hiervoor is omdat die "conective tissue" in die long weefsel baie minder is in vergelyking met die die spier weefsel. Spier wonde bloei ook nie so baie nie en daar is 3 redes voor die spier laag in die bloedvate is dikker  as die in die longe. Die Spiere trek saam om die beskadigde bloedvat en die bloedvate in die (periphery) trek saam tydens die bekende veg of vlug toestand waar die bloedvate in die long oopmaak(dilateer). So as jy in die longe geskiet word bloei jy eers lekker omdat die adrenergiese respons die hart vinniger en sterker laat saamtrek en die bloedvat is nie nou meer 'n huis tuinslang nie maar 'n spilpunt.

Daar is verseker 'n skokgolf ek gee nie regtig om wie wat s? nie, maar as jy dit gaan kyk op video is dit ooglopend.

Ek stem heeltemal saam dat die oarta en die superior en inferior Vena Cava wat die 3 groot vate in die borskas is en ook die pulmonale arteries en venas nie sal skeur nie, want die intiema is te sterk en die media van die vate het te veel elastien wat dit elasties maak en die teorie van die druk wat bloedvate in die brein ook laat bars is pot twak. MAAAAAR, as jy longweefsel tref, tref jy 'n area met derduisende klein kapil?re bloedvaatjies, wat kan bars net van erge hoes. Die skokgolf veroorsaak dat die weefsel skeur en die bloedvaatjies skeur en dan bloei jy lekker, want duisend tuinslange kan ook 'n mielieland natlei.

So kom ons gee dit 'n ander naam. Kenetiese verplasings golf, want dit is tog wat dit is.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

klink vir my goed Jagtersdok. Louis Impala word nie deur GS Custom gemaak sover ek weet nie. Maar terwyl jy daarvan praat en as hy miskien dit lees. Gerard wanneer kan ek my 200GR 375 Koeel/punte kry seblief.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Stefan764 wrote: Ou Boesman, weet jy hoe redeneer ek:

Ek dreun n bok, veral n duurder bok soos n wildebees of gemsbok of n koedoe regdeur die blad (deur die voorbeen) so hand en n bietjie van die borskas se "lyn" af op. Ek mors bietjie vleis, veral as hy aan die agterkant uitgaan, maar my bok le net daar (het dan klaar vir hom betaal toe die skoot klap!). Met die 7mm bliksim jy sy voorbeen in elkgeval morsaf af en jy is deur die vitals, so die kans dat die bok net daar gan val raak al hoe groter (weereens, volgens my, en jy moet goeie punte skiet wat nie opbreek nie). Ek weet baie ouens gat nou met my verskil, maar daai 3-5kg worsvleis wat ek moet uitsny is my insurance dat my bok in die koelkamer hang...
Stef dus presies hoe ek voel, as hy my nie sy kop wys nie dreun ek hom deur die blad en klaar.

Maar nee jy gaan nie sy nek breek as jy nie been tref nie. Die nekspiere is van die sterkste en taaiste en die kussings tussen die werwels is juis van so aard dat dit redelike groot skokke kan hanteer, bv as jy van jou huis se dak afspring en jy land hard op jou voete absorbeer jou werwel kussings die skok en verhoed frakture. Dus as jy nek skiet maak seker jy tref been. Koedoe, gemsie en wildebees hardloop baie ver as jy hulle gorrels afskiet of net nekspier tref.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Kobus van New Generation Ammunition (NGA)  in Centurion maak Impala paperweights ;)
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Louis102 »

jmb wrote: klink vir my goed Jagtersdok. Louis Impala word nie deur GS Custom gemaak sover ek weet nie. Maar terwyl jy daarvan praat en as hy miskien dit lees. Gerard wanneer kan ek my 200GR 375 Koeel/punte kry seblief.
Sorry as ek alweer die kat aan die gaai beet het.  Skiet nie self met daai nommers nie.  Ek bedoel maar net, kry die manne wat die punte maak om die bok te betaal.
Goeie dade oortref goeie woorde.
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

Nou praat jy. En wat van die nodige verversings vir so 'n belangrike ondersoek. :D
Danie Lombard .243

Re: Impala punte vir JAG

Post by Danie Lombard .243 »

Goeie voorstel Louis.  Oor die bok koop plan.



Jag dok.

Dankie vir die verduidelik oor die arterie en die mootlike bloeding op die brein na 'n hart/long skoot. Dit wil voorkom of ek die kat aan die gat beet het oor die are bars in en om die bein teorie.

Manne, hierdie is altyd 'n lekker topic. Oor wie hou van wat.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Louis102 »

jmb wrote: Nou praat jy. En wat van die nodige verversings vir so 'n belangrike ondersoek. :D
Nes jy daar s?, 'n mens kan die punte en skuts se performance op 'n paar blikkie en botteltjies ook mos toets.
Goeie dade oortref goeie woorde.
jmb

Re: Impala punte vir JAG

Post by jmb »

Of met 'n paar blikkies of botteltjies. ;)
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Boesman »

Jagtersdok wrote: ...waar die bloedvate in die long oopmaak(dilateer). So as jy in die longe geskiet word bloei jy eers lekker omdat die adrenergiese respons die hart vinniger en sterker laat saamtrek en die bloedvat is nie nou meer 'n huis tuinslang nie maar 'n spilpunt...
Hypovolemic shock? Leer my gou.

Gestel dieselfde bok word op dieselfde plek geskiet met twee koeels (solids soos Impalas wat nie mushroom nie) wat dieselfde weeg en teen dieselfde snelheid en hoek tref en wat ewe diep penetreer... all things being equal... met die enigste verskil dat een koeel 'n super skerp punt het en die ander koeel 'n plat punt het (soos 'n wad cutter). Dus is kinetiese enegie presies dieselfde. Watter bok sal eerste dood wees? Wat veroorsaak dan die verskil?
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Die een wat oopmaak sal meeste skade aanrig en die bok gouer dood as jy nou als dieselfde maak soos jy dit daar stel. Die rede is omdat daar 'n groter oppervlakte is wat die weefsel meer gaan verplaas met dieselfde beskibaarheid van kenetiese energie en dus sal die skokgolf groter en sterker wees en meer weefskel skade verrig en meer kapilere bloedvate laat skeur, dus meer bloeding en gouer vrek.

Hypovolumic shock is net dat daar te min bloed in die vaskulere sisteem is om die belangrike organe soos die brein te voorsien. Dit kan op verskeie maniere gebeur.

Klasieke manier is bloed verlies.
Dan dehidrasie wat die volume bloed minder en diker maak en nou vloei dit moeilik.

Dan kry jy vasogenic Hypovolumea. Geen bloed verlies maar die bloedvate maak regdeur die lyf almal oop. Makliste om dit te verduidelik is spuit met tuinslang jou huis se dak nat met watervoorsiening van 10l/min. Druk in die sisteem is lekker hoog en die water kom maklik bo. Vat nou dieselfde water voorsiening van 10l/min en stoot dit deur stormwater pyp. Die water kom nie bo uit nie of vat baie lank. Dus die brein het tekort aan suurstofryke bloed en die breinwwefsel gaan dood.

Dan kry jy cardiogenic hypovolumea. Die pomp hier gaan nou foutief, maw die hart en dieselfde volume bloed en diameter van die bloedvate, maar die druk van agter is nou te min. Dit gebeur met hartstop, hartaanval en hartversaking
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Boesman »

Dok

Het Vrydag jou oorspronklike post gelees en wil net dankie se vir die moeite dat jy dit nou weer plaas. My vragie is in verband met solids wat nie oopmaak nie. 'n Skerppunt koeel en 'n platpunt koeel.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Impala punte vir JAG

Post by Jagtersdok »

Die plat punt vir dieselfde rede. Maar in praktyk moet jy onthou dat die platpunt baie meer energie gebruik om die bok se vel te "breek" en dus minder energie het in die borskasholte as ek dit nou so kan stel.

Vir teorie, sou beide koeels nog dieselfde energie( spoed etc) beskik sodra dit deur die vel en net in die borskas holte is gaan die plat koeel verseker meer skade aanrig

Staan in die swembad en maak jou hand soos 'n mes, "punch" nou deur die water en kyk na die golwe en water verplasing. Doen nou dieselfde oefening met dieselfde krag maar met gebalde vuis, jy sal sommer maklik die verskil in die verplasing van die water sien. dus heelwat groter
Last edited by Jagtersdok on Sun Nov 07, 2010 8:57 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Impala punte vir JAG

Post by Stefan764 »

Manne ek geniet die onderwerp vreeslik, maar ek kry nie my antwoord wat ek soek nie!!  ???

Behalwe vir Danie (wat sukses daarmee in die veld gehad het) sien ek nie nog manne wat my genoeg moed inpraat nie... So dit los my met die volgende gevolgtrekking:

Danie, wat stel jy voor? 110gr of 130gr in die 7x64?  ;D ;D ;D
As ek jou posts opi forum so lees gaan ek jou woord vat vir DIE een ook!

Enige idee watse spoed ek met die 110gr punt in n 7x64 kan kry? Onthou, dis vir springbok skiet in die Kalahari en ek soek die platste moontlike trajek tussen 200m en 300m

Thanks vir al die manne se insette. Ek sal die trugvoer gee as ek op die punte besluit het en OF brag met my fotos OF ek sal soos n man my woorde op die forum kom sluk!

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply