Manne
Ek dink die groot probleem hier is die term "Hydrostatic shock" wat direk vertaal sal wees water/vloeistof skok.
Okay Piet snot is ek darem nie

ek is darem 'n mediese dokter en het my fare share van forensiese medisyne gehad.
Net 'n paar feite.
Die stelling van die spierweefsel wat verplaas word is reg, maar dis nie die sametrekking van die ander spiere in die oombliklike omgewing wat die bene laat breek nie. En dit gebeur nie so gereeld nie. Sou daar 'n simpatiese aktivering wees wat bv die rugpiere laat saamtrek oneweredig kan dit verplasing tot gevolg h?.
Spierweefsel is dig(dense) dus sal enige iets wat die volmue van die spier kompartement ( want al ons spiere is in kompartemente) verhoog golf vorming tot gevolg h?. Hier speel snelheid ook 'n belangrike rol en die groote van die projektiel, want hoe meer kenetiese energie beskikbaar is hoe meer van daardie enegie word verplaas.
Spierweefsel is baie sterker as bv longe, so die skade hier is eintlik minder as wat dit mag voorkom. Die rede hiervoor is omdat die "conective tissue" in die long weefsel baie minder is in vergelyking met die die spier weefsel. Spier wonde bloei ook nie so baie nie en daar is 3 redes voor die spier laag in die bloedvate is dikker as die in die longe. Die Spiere trek saam om die beskadigde bloedvat en die bloedvate in die (periphery) trek saam tydens die bekende veg of vlug toestand waar die bloedvate in die long oopmaak(dilateer). So as jy in die longe geskiet word bloei jy eers lekker omdat die adrenergiese respons die hart vinniger en sterker laat saamtrek en die bloedvat is nie nou meer 'n huis tuinslang nie maar 'n spilpunt.
Daar is verseker 'n skokgolf ek gee nie regtig om wie wat s? nie, maar as jy dit gaan kyk op video is dit ooglopend.
Ek stem heeltemal saam dat die oarta en die superior en inferior Vena Cava wat die 3 groot vate in die borskas is en ook die pulmonale arteries en venas nie sal skeur nie, want die intiema is te sterk en die media van die vate het te veel elastien wat dit elasties maak en die teorie van die druk wat bloedvate in die brein ook laat bars is pot twak. MAAAAAR, as jy longweefsel tref, tref jy 'n area met derduisende klein kapil?re bloedvaatjies, wat kan bars net van erge hoes. Die skokgolf veroorsaak dat die weefsel skeur en die bloedvaatjies skeur en dan bloei jy lekker, want duisend tuinslange kan ook 'n mielieland natlei.
So kom ons gee dit 'n ander naam. Kenetiese verplasings golf, want dit is tog wat dit is.