Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek hoop nie dis 'n vraag wat al gevra is nie.
Wat is die pad wat jou lisensie aansoek moet loop.
Waar pas wie in, DFO, Province, Pretoria, CFR?
My aansoeke lê nou by Province, wat beteken dit? EK het dit die 3de Feb ingegee.
Dankie
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Bennie, ons lisensies van MP en nou meer spesifiek Witbank gaan van ons Stasie af na Nelspruit toe... Ja eerder 200km weg van ons af as 100km na Pta toe. Dan word dit van ons Provinsial af gestuur na Pta toe... Ja weer verby Witbank . As CFR dit goed dink om die aansoek goed te keur dan moet my kaartjie eers weer Nelspruit toe gaan en dan eers Witbank toe. Praat van onnodig heen en weer ry.
Ek het 15 Nov 2013 ingedien----- 19 Des in Pta aangeland en is nou die week vir oorweging. Dit is Vrydag 15 Feb 3 Maande wat ek wag.
Ander twee is ingedien 06 Jan 2014 en is 19 Jan ontvang in Pta.
johans wrote:het iemand dalk vir my n nmr van vrystaat wapenlisensie kantoor?
SAPS Bloem - Remona - 051 507 6581
col Barnard 051 507 6584/5
dankie roger,ekt remona se nmr maar klink my hy werk nie.oom hendrik by lagally armed se die hele sisteem is af.ekt my aansoek al 13 des ingestuur en nog niks gehoor nie
.458 Lott se lisensie is ingedien 17 Januarie en goedgekeur op 26 Maart. Ek dink nie dit is te sleg as die volgende in ag geneem word nie:
1. Aansoek n maand by stasie gele
2. Dokumente is weggesmuit by CFR
3. Sogenaamde probleem met loop wat ek tot vandag nognie agter die kap van die byl kan kom nie (dink iemand het ietsie gerook).
Dankie Kobus.
Dit begin nou amper goeie nuus te raak.
Ek raak nou lekker opgewonde. My eerste jag is geboek en ek het nog nie my roer nie. Ek moet nog 'n teleskoop op sit en skiet ook voor die tyd.
Jy raak seker net so opgewonde oor jou lisensie.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
Die CFR is nou regtig op sy stukke. My lisensie het daar geland op die 3de Maart 2014, is goedgekeur die 26ste Maart 2014. Wag nou net vir die kaartjie. Teen die tempo begin ek al weer uitkyk vir nog iets in die kluis, drie is mos 'n onewe getal (nou wel 'n priemgetal, maar dit tel maar min deesdae) en vier sal beter werk.
ekt vandag met die plaaslike dfo gepraat oor my lisensie wat 13 des ingedien is.hy se dis goedgekeur en die kaartjie sal dinsdag hier wees.ekt nog geen sms of niks ontvang nie,hopelik het hy nie die kat aan die gat beet nie
Dit wil voorkom of sms glad nie meer gestuur word nie. Weet van meer as 20 gevalle waar dit nie gebeur het nie.Moes ma agter hulle gate aanbel en uitvind
Ek kry so pas die goeie nuus, My 30-06 en .22LR lisensies is vandag goedgekeur. Ingedien 2014/02/03, nou wag ek net vir die kaartjies. Hoop nie dit gaan nog te lank wees nie.
Traditions Vortek .50 (Swartkruit)
Aya 12Br (Swartkruit)
CZ550 Lux 30-06
BRNO .22LR MOD 2
Colt detective .38spl
Gecado mod 50 .177
My 30-06 se lisensie is ook in die week goedgekeur.
Ingedien 22 Januarie, ontvang by die cfr op die 7 Feb, goedgekeur die 1ste April. Het drie keer gebel net om seker te maak dis nie April fool grap nie.