Yalair wrote:
Het die video by friend gekry en somaar foto's gemaak.
Hierdie ou moet groot magonas he - somaar van yster ook
Op eerste fot storm die kietsie
op 2 tref sy skoot hom die ander vanselfsprekend
Die storie van wat gebeur het....
Klient in Botswana,
Sy kwes die leeu mannetjie met 375H&H
Johan Calitz en Ronnie Crouse is in die selfde kamp en hulle stop hul jag om die gekwesde Leeu uit te sort.
Toe die leeu sy V8 start kies hy vir Ronnie uit en storm.
Ronnie skiet met 450 Watts en op 30 tree skiet hy die eerste skoot. As jy die video kyk skiet hy amper gelyk met Johan Calitz se skoot.
Ronnie vang die leeu skrams op die bors maar het geen impak op die kat nie.
As ek reg onthou het Johan se skoot hom in die longe getref maar soos jy kan sien op die video het dit geen impak gehaad nie.
Ronnie pluk sy slot oop na sy skoot en die geweer is in sy heup toe die slot toe maak. Daar is nie genoeg tyd om die geweer terug in die skouer te kry nie en skiet die skoot uit die heup en is gelukkig om die kat kop skoot te skiet. Die momentum van die kat het hom om gestamp en sy bene bvol leeu spoeg gelos.
Johan was na sy eerste skoot reeds besig om na Ronnie toe te hardloop om die kat van hom af te skiet maar gelukkig was dit nie nodig nie.
Vir die wat nie weet nie.
Dis bereken dat leeu op storm spoed 100 yards hardloop binne 4 sekondes.
Daai kat was nie 100 yards weg toe hy begin storm het nie....
Daai manne kan die groot guns vinnig en raak skiet.....
