NightForce NXS

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Arnold wrote: Sonder enige ander verstellings draai ek toe die vergroting na 32X en skiet nog drie skote ... tot my verbasing val hulle so 1.5 MOA laag (5" laag, met die groep wat omtrent dieselfde meet as die 5 skoot groep) :-\
Volgens wat ek sover uitgevind het oor mirage moes hy eerder hoog geskiet het op die 32 vegroting ???

So as hy ho?r geskiet het met grooter vergroting kon jy dalk mirage as verdagte in die line-up gehad het.


Ns. Ek is nie noodwendig reg nie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Hoer skiet in mirage is wat ek al ondervind het en ook vir my logies is.

Gister praat ek met 'n man en hy s? toe dat dit moontlik is om laer te skiet in mirage as die wind na jou toe waai ... dit sonder dat ek ges? het dat dit wel die toestand op die dag was.

Ek het al op 250m geskiet waar ek my 200m zero moes gebruik om die kol te tref ... dit is omtrent gelyk aan 4" se hoog skiet agv mirage.
{Dit was op 'n warm somers dag hier na middag se kant toe}
Dawie wrote:
Arnold wrote: Sonder enige ander verstellings draai ek toe die vergroting na 32X en skiet nog drie skote ... tot my verbasing val hulle so 1.5 MOA laag (5" laag, met die groep wat omtrent dieselfde meet as die 5 skoot groep) :-\
Volgens wat ek sover uitgevind het oor mirage moes hy eerder hoog geskiet het op die 32 vegroting ???

So as hy ho?r geskiet het met grooter vergroting kon jy dalk mirage as verdagte in die line-up gehad het.


Ns. Ek is nie noodwendig reg nie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: NightForce NXS

Post by Dawie »

Arnold wrote: Gister praat ek met 'n man en hy s? toe dat dit moontlik is om laer te skiet in mirage as die wind na jou toe waai ... dit sonder dat ek ges? het dat dit wel die toestand op die dag was.
Die stelling is baie interessant.  Sal bietjie navraag doen.

Mirage terug in die line-up
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: NightForce NXS

Post by JACQUES BOTHA »

dawie:
Ek hoor die amnne praat van lights down-sights up...ens. en andersom.
jy het seker daai bevele ook gehoor van die skietinstrukteurs.
Nee ek krap sommer.
Ek dink ons leer skietbane ken so met son se sak en opkom en waar roere skiet, effens regs in die middag en effens laag in die oggend?
Is daar nog manne wat n winter lading en n somer lading op hulle roere het, of is dit nie regtig ter sake nie?

Ek wonner of mens laer skiet in n soutpan as op n normale skietbaan. Danie243 laat waai asb ek gaan kom toets die 13de of 9de wanneer is die nagskiet nouweer????
mooi bly
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: NightForce NXS

Post by Wielie Waps »

More JB
My ondervinding van Soutpan is dat ek geneig is om laag te skiet daar. Die verskil is tot 3 duim op 300m.
Ek praat onder korreksie , maar die tyd van die dag en hoeveelheid vog in die pan het daar ook 'n rol gespeel.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: NightForce NXS

Post by 243Songdaug »

Jb

Ek wil aansluit by Wielie Waps - ek het ook vroe?r die jaar die voorreg gehad om op die Soutpan te skiet en al my skote was ietwat laer as normaalweg - 2" op 300m(ek skiet mos darem 'n 243!)  My skote het ook geneig om links te sit, maar dit was my skuld - het die wind op 'n 5 gelees, maar ek dink eerder dit was 'n 10 of 'n 12 km per uur.

Selfs my 308 wat ek op die Blouwildebees gebruik het het laer geskiet.

Ek het gemeen dat die vlaggies klein is en dat 'n ligte(r) wind hulle ook mos kan laat styfstaan.

Mooi maak.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: NightForce NXS

Post by Arnold »

Nou ja ... ek het  vanoggend die geleentheid gehad om weer op 300m te skiet en dit is 'n lekker bewolkte dag hier met effense wind.

Ek vat toe sommer 'n paar rondtes wat bedoel is om die doppe te fireform en laat loop. Ek het nie 'n uiterste goeie groepering verwag nie maar het gereken ek sou darem kon sien as die POI 5" skuif soos dit maandag gedoen het.

Ek skiet toe 5 skote op 32X vergroting, 5 skote op 20X vergroting en 5 skote op 10X vergroting ... die gevolg was 'n mooi 10 skoot 3" groep {en so 5 flyers, want die rondtes was maar rof gelaai in terme van run-out} met die ander paar skote "randomly" {lukraak klink net te erg afrikaans} rondom.

Ek kon deur die teleskoop sien hoe die skote val en daar was beslis nie die pertinente POI skuif wat ek maandag ervaar het nie. Hieroor was ek baie bly, maar besef dat al wat maandag se groep 5" kon laat val die effek van die 12uur wind en mirage was.

Nou het ek weer vertroue in my setup, maar besef dat ek bietjie sal moet oplees oor mirage en die effek wat wind hierop het.
Post Reply