Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Arnold wrote:
Sonder enige ander verstellings draai ek toe die vergroting na 32X en skiet nog drie skote ... tot my verbasing val hulle so 1.5 MOA laag (5" laag, met die groep wat omtrent dieselfde meet as die 5 skoot groep)
Volgens wat ek sover uitgevind het oor mirage moes hy eerder hoog geskiet het op die 32 vegroting
So as hy ho?r geskiet het met grooter vergroting kon jy dalk mirage as verdagte in die line-up gehad het.
Hoer skiet in mirage is wat ek al ondervind het en ook vir my logies is.
Gister praat ek met 'n man en hy s? toe dat dit moontlik is om laer te skiet in mirage as die wind na jou toe waai ... dit sonder dat ek ges? het dat dit wel die toestand op die dag was.
Ek het al op 250m geskiet waar ek my 200m zero moes gebruik om die kol te tref ... dit is omtrent gelyk aan 4" se hoog skiet agv mirage.
{Dit was op 'n warm somers dag hier na middag se kant toe}
Dawie wrote:
Arnold wrote:
Sonder enige ander verstellings draai ek toe die vergroting na 32X en skiet nog drie skote ... tot my verbasing val hulle so 1.5 MOA laag (5" laag, met die groep wat omtrent dieselfde meet as die 5 skoot groep)
Volgens wat ek sover uitgevind het oor mirage moes hy eerder hoog geskiet het op die 32 vegroting
So as hy ho?r geskiet het met grooter vergroting kon jy dalk mirage as verdagte in die line-up gehad het.
Arnold wrote:
Gister praat ek met 'n man en hy s? toe dat dit moontlik is om laer te skiet in mirage as die wind na jou toe waai ... dit sonder dat ek ges? het dat dit wel die toestand op die dag was.
Die stelling is baie interessant. Sal bietjie navraag doen.
dawie:
Ek hoor die amnne praat van lights down-sights up...ens. en andersom.
jy het seker daai bevele ook gehoor van die skietinstrukteurs.
Nee ek krap sommer.
Ek dink ons leer skietbane ken so met son se sak en opkom en waar roere skiet, effens regs in die middag en effens laag in die oggend?
Is daar nog manne wat n winter lading en n somer lading op hulle roere het, of is dit nie regtig ter sake nie?
Ek wonner of mens laer skiet in n soutpan as op n normale skietbaan. Danie243 laat waai asb ek gaan kom toets die 13de of 9de wanneer is die nagskiet nouweer????
mooi bly
JB
More JB
My ondervinding van Soutpan is dat ek geneig is om laag te skiet daar. Die verskil is tot 3 duim op 300m.
Ek praat onder korreksie , maar die tyd van die dag en hoeveelheid vog in die pan het daar ook 'n rol gespeel.
Ek wil aansluit by Wielie Waps - ek het ook vroe?r die jaar die voorreg gehad om op die Soutpan te skiet en al my skote was ietwat laer as normaalweg - 2" op 300m(ek skiet mos darem 'n 243!) My skote het ook geneig om links te sit, maar dit was my skuld - het die wind op 'n 5 gelees, maar ek dink eerder dit was 'n 10 of 'n 12 km per uur.
Selfs my 308 wat ek op die Blouwildebees gebruik het het laer geskiet.
Ek het gemeen dat die vlaggies klein is en dat 'n ligte(r) wind hulle ook mos kan laat styfstaan.
Nou ja ... ek het vanoggend die geleentheid gehad om weer op 300m te skiet en dit is 'n lekker bewolkte dag hier met effense wind.
Ek vat toe sommer 'n paar rondtes wat bedoel is om die doppe te fireform en laat loop. Ek het nie 'n uiterste goeie groepering verwag nie maar het gereken ek sou darem kon sien as die POI 5" skuif soos dit maandag gedoen het.
Ek skiet toe 5 skote op 32X vergroting, 5 skote op 20X vergroting en 5 skote op 10X vergroting ... die gevolg was 'n mooi 10 skoot 3" groep {en so 5 flyers, want die rondtes was maar rof gelaai in terme van run-out} met die ander paar skote "randomly" {lukraak klink net te erg afrikaans} rondom.
Ek kon deur die teleskoop sien hoe die skote val en daar was beslis nie die pertinente POI skuif wat ek maandag ervaar het nie. Hieroor was ek baie bly, maar besef dat al wat maandag se groep 5" kon laat val die effek van die 12uur wind en mirage was.
Nou het ek weer vertroue in my setup, maar besef dat ek bietjie sal moet oplees oor mirage en die effek wat wind hierop het.