knaldempers

boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: knaldempers

Post by boeta »

Terminator

Het vi jou n PM gestuur

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi C is die een wat jy maak wat oor die loop gaan net so efektief as die normale een,die een wat ek opgehad het was so +- 250mm gewees.Ek sal graag my geweer se totale lengte so kort moontlik wil hou.

Groette Thoei
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: knaldempers

Post by Raven »

Clarence,
Ek praat vanoggend met Ralph, en hoor die NAM manne koop nou lekker klomp Terminators KD's.
Wanner maak julle hier 'n tak oop.  ;D

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: knaldempers

Post by Raven »

Al die NAM Manne,

Ek het julle KD's gereel, dit sal teen vrydag by my in Windhoek wees.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi Manne

Is daar enige van die forum ouens wat van die ACE UTRA COMPACT Z KD's op hulle gewere het.

Sal komentaar wardeer.

Groette Thoei
herley

Re: knaldempers

Post by herley »

Thanks raven
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: knaldempers

Post by Louis102 »

Thoei wrote: ...Is daar enige van die forum ouens wat van die ACE UTRA COMPACT Z KD's op hulle gewere het...
Nee, ons skiet nou net met Clarence se Terminators, die beste op die mark! ;)
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Louis102 wrote:
Thoei wrote: ...Is daar enige van die forum ouens wat van die ACE UTRA COMPACT Z KD's op hulle gewere het...
Nee, ons skiet nou net met Clarence se Terminators, die beste op die mark! ;)

So bek kry seker lekker "JEM"
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: knaldempers

Post by Louis102 »

Christo wrote: So bek kry seker lekker "JEM"
Christo

Jammer as ek die Terminator knaldemper so een-ogig voortrek.  Ek probeer maar om lojaal teenoor ons OTA IV-borge te wees.  Daar is al klaar soveel goeie dinge oor hierdie produk op hierdie Forum ges?, so dit is darem nie alleenlik my opinie nie.  En ja, my 243 sal seker eendag 'n KD opkry.  Het jy gesien ek het so 'n gesiggie ( ;)) na my opmerking gepos.  Die gesiggie se een oog is toe omdat my KD-lose roer so hard klap in my ore.

Mooiskoot
Louis

Ns.  Thoei, ek sal ook graag wil hoor wat die manne s? oor daai KD's.  Laat wat julle ervaring is.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: knaldempers

Post by Geno »

ek het Die Kruitvat gebel oor die Ase Utra, toe sit die prys my dadelik af. R4500!!! Sonder fitment... Nee wat, ek skiet 'n R970 model en is tevrede.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Louis102 wrote:
Christo wrote: So bek kry seker lekker "JEM"
Christo

Jammer as ek die Terminator knaldemper so een-ogig voortrek.  Ek probeer maar om lojaal teenoor ons OTA IV-borge te wees.  Daar is al klaar soveel goeie dinge oor hierdie produk op hierdie Forum ges?, so dit is darem nie alleenlik my opinie nie.  En ja, my 243 sal seker eendag 'n KD opkry.  Het jy gesien ek het so 'n gesiggie ( ;)) na my opmerking gepos.  Die gesiggie se een oog is toe omdat my KD-lose roer so hard klap in my ore.

Mooiskoot
Louis

Ns.  Thoei, ek sal ook graag wil hoor wat die manne s? oor daai KD's.  Laat wat julle ervaring is.

Louis, ek trek net been. Wat my aanbetref moet iemand nog 'n beter KD bou as die een van CLarence. Ek het reeds twee en sal hom adverteer sover ek kan. As die beste die beste is waarvoor koop jy 2 keer. Koop een keer en koop reg.

Clarence, dankie vir die borg. Dit is 'n bewys van ondersteuning en vertroue in jou produk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: knaldempers

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU
CLARENCE IS NOGAL VOL WOEFIEPOEFIE, EK HET AL GESIEN DAT EK LANGS HOM STAAN EN DAT EK 100% TEVREDE IS MET DIE PRODUK EN DAN GOOI HY HOM IN DIE ASDROM LANGS HOM.
SO UIT MY ONDEVINDING KNA EK NET SE HY SAL NIE IETS VERKOOP AS DIT NIE GOED IS NIE, HY SAL OOK SY WOORD HOU OM DIENS TE LEWER..EN SAL AS DAAR N FOUT INSLUIP HOM SONDER KOSTES VERVANG. ENIGE OU KAN N FOUT MAAK, SO DIT KAN GEBEUR, MAAR DAT DIT N GOEIE PRODUK IS IS NIE TE BETWYFEL NIE.
AS JY ALMAL TANS OP DIE MARK VERGELYK EN RAND ENS ENT BYMEKAAR SIT.. MMMM KOOP MAAR CS_TERMINATOR_PRODUK 
Shoot straight and tell the truth!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: knaldempers

Post by Skolla »

Louis102 wrote: En ja, my 243 sal seker eendag 'n KD opkry. Die gesiggie se een oog is toe omdat my KD-lose roer so hard klap in my ore.
Louis
Ek neem aan jy gaan hard probeer om een van daai KD pryse los te skiet met OTA IV ?
Voorspoed
Skolla
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: knaldempers

Post by Raven »

Boeta/Bradey

Julle se klomp Terminator knaldempers is by my.
Julle manne skuld my R450 vir die couriers en R160 vir Customs, Clarence dankie vir jou hulp  ;)

As julle nie vinnig julle silencers kom afhaal nie, dan begin ek sommer besigheid maak met hulle, hier is 6 knaldempers wat ek kan verkoop  ;D  ;D


Raves.
Last edited by Raven on Thu Nov 04, 2010 3:55 pm, edited 1 time in total.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: knaldempers

Post by namhunt »

Raven

Praat maar as jy sukkel.  ;D

Groete
Daan
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: knaldempers

Post by Cois »

Manne

Ek het drie van Clarens se knaldempers en da issie beter nie!!!!!!!!!!!!!!!!! Hulle adveteer hul self oral waar ek jag. Ek en Katjak het die termenator ook met tewis sin vergelyk op een van sy kursusse vir bojane en jy kan maar  die terminator opsit!!!.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: knaldempers

Post by boeta »

Daan,Raven

mmm da sal moeilikheid kom ;D

Dankie Norton,sal met jou regmaak volgende week

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
herley

Re: knaldempers

Post by herley »

Ek het gister aand my geweer gekry en my terminater kd is op sal vandag gaan skiet met hom en more laat weet wat die resultaat is  ;D
herley

Re: knaldempers

Post by herley »

Clarence/Theterminater

Dankie baie, ek moet se daardie kd van jou werk soos n bom (soft and sweet) ;D. Sal enige persoon aan beveel om 1 van jou kd op te sit ;). Het gister gaan skiet en het toe ook n baie goeie groepering gekry
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi Manne

Ek het vir my een van die Ace Utra Compact Z KD aangeskaf en op my 25-06 laat sit,ek moet se dit is al die putte werd.

Groette Thoei
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: knaldempers

Post by Arnold »

Se bietjie wat daai meneer gekos het asb.
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi Arnold hy het my so 4500 koppe uit die sak gejaag tot in Nam.

Groette Thoei
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: knaldempers

Post by worshond »

Thoei

Klink my jy het vir jou n R4500.00 Trompet aangeskaf inplaas van n R1000.00 Terminator KD. Daai foutjie gaan jou nou R5500.00 kos voor jy tevrede gaan wees. Vra my ek praat van ondervinding.
300Winmag

Re: knaldempers

Post by 300Winmag »

Clarence - jy het pm  ;)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: knaldempers

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne
Ek het nou vir Clarence n bestelling vir 8 knaldempers gegee, hierdie terugvoering en skrywes het my nou finaal oortuig om my Pringle-blikke af te skroef en Clarence sin op te skroef! Ek sien ontsaglik uit na hulle! Ek dink hulle kompaktheid en min gewig gaan heeltemal ander dinamika aan die wapens gee. Clarence jy moet nou grooooot asb jou alie roer ou maat!!!! ;D ;D ;D
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply