Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post Reply
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Stefan764 »

More maats

Ek wil graag weet of daar n beduidende verskil in akkuraadheid is as gevolg van tempratuurverskil?

As ek nou, einde Oktober tot begin Maart laai, kom ons se so teen n gemiddelde tempratuur van 25grade C in my studeerkamer, gaan ek dieselfde groepering kry as ek daaiselfde batch patrone in Junie op n koue Kalahari oggend, se so 8grade of dalk minder, skiet? As dit geen verskil maak nie, great, gesprek afgehandel! Maar as dit doen, hoe nou gemaak? n Man wil tog jou goete reg he vir daai laaste langnaweek in April!!!!

Ek laai al lank maar sulke data/feite het my nog nooit regtig gepla nie. EK het nou al baie goeie trugvoer oor doppe op die forum gekry wat my baie help. Die ding is ek is nou besig om my 7x64 in die mees akkurate 7mm in die Republiek te omskep (hahaha!!) en wil ALLE ALLE moontlike faktore in ag neem om by my doelwit uit te kom. Ek weet daar is baie ouens wat die ding op n baie intensiewe vlak vir baie jare al doen, en ek wil van hulle kennis en hulp gebruik maak om my 7x64 so akkuraat as moontlik te maak.

ASB, julle raad en insette sal opreg waardeer word!

7mm-Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Arnold »

Afhangende van jou lading kan dit 'n verskil maak.

As jou lading marginaal stabiel/akkuraat is gaan dinge nie werk nie. Jy moet 'n lading soek wat variasie kan hanteer en so sal jy 'n beter kans h? om onder verskeie omstandighede akkuraat te bly.

Lees 'n bietjie hier en kyk of dit vir jou sin maak ...
http://optimalchargeweight.embarqspace.com/
   
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by JOHANNIC »

Stefan
Ek laai S321 in my 243 wat baie hitte sensitief is ek skiet altyd uit n coolbag met ice bricks uit 8)
Jagtyd of in die aand is dit altyd koud so dan het ek nie n probleem nie.
Die probleem vir my het gekom met die kompitiesies suidkaap ope agterdie berg naby oudshoorn weskaap ope deur die dag raak ook vrek warm selfs die bloemskiet raak ook soms warm deur die dag,ek los ook nooit my ammo in die son nie.
Van dat ek die ammo in die "cooler" het is my akkuraatheid konstant,hoop dit maak sin ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by 243Songdaug »

Stefan.

Alles goeie raad wat die manne gee, maar die belangrikste vir my is om 'n lading te kies wat nie te ho? druk genereer nie.  Ek het al met heelparty ladings gevind dat 'n mens met so 'n knertsie aandryfmiddel minder basies dieselfde spoed kry as met 'n ho?r lading.

As jy 'n lading ontwikkel kies een wat nie druktekens wys nie, want ons skiet gewoonlik ons groeperings vroegoggend en dan ook meestal vanaf herfs tot lente.  As jy op 'n koel dag reeds druktekens kry gaan jy dit nie maak op 'n warm dag nie.

Ek skiet my 308 met 40gr S335 @ 3600fps(baie akkuraat maar die trajek lyk vieslik) en verlede saterdag het ek op Upington lelike druktekens gekry - plat primers en die 308 het bietjie gepraat met die baas!  Die icebricks sou beslis 'n wen idee gewees het.

Net vir die rekord:  balkruit soos S321, S341 en S361 is erg temperatuur sensitief - my 243 se koele wat met S361 gelaai is reis altyd in 'n klein sagte coolerback gedurende die somer.

Hoop dit maak sin wat ek ges? het.
Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Raven »

Songdaug,
Watter koeel/punt laai jy wat teen 3600fps skiet uit daai 308?
Ek stem met wat jy s?, ek het altyd 51.1gr S365 op my 25 gebruik en hom toe ook afgebring na 50.8gr, want daar was warm dae wat hy skielik bietjie swaar oopmaak.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
tafjak

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by tafjak »

Raves
Watter koeel/punt laai jy wat teen 3600fps skiet uit daai 308?
..........man, darie geweer se spring issie pappie.
herley

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by herley »

Ek sal ook graag wil weet watter punt en grein jy gebruik vir die 308 om daardie spoed te kry
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by 243Songdaug »

TIKFOUT!!!!

Sorry manne.  Dit moet 2600fps wees. 
Dont tell me, show me......
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Namib »

243Songduag

Dit sou mak-mak na die wiel sekker die grootste uitvinding gewees het. :D :D :D(40gr S335+ 2kg TNT behoort naby te kom)

Spot net ;D ;D
Last edited by Namib on Tue Oct 26, 2010 12:20 pm, edited 1 time in total.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by 243Songdaug »

As my 308 net regtig daai spoed kon haal het ek nooit vir my 'n 243 gekoop nie!
Dont tell me, show me......
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Namib »

243Songdaug wrote: As my 308 net regtig daai spoed kon haal het ek nooit vir my 'n 243 gekoop nie!
AS die bulle in die final kon speel,sou ek nooit vir die WP geskree het nie.:D :D :D :DWat is die kanse vir die Bulle in die final vir 2010,skiet maar daai 243.

Grap net.
Groete
Last edited by Namib on Tue Oct 26, 2010 1:04 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Louis102 »

Namib wrote: ...AS die bulle in die final kon speel,sou ek nooit vir die WP geskree het nie...
Namib

As ek reg onthou het die Bulle darem al 'n stukkie silwerware (wat saakmaak) hierdie jaar op die rak.  Meer as wat die WP en/of die Sharks kan s?, is dit nie?  Nie dat ek verskoning soek vir die Bulle se afwesigheid van 'n plek in die finaal nie.  Net feite.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Botma
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Sep 14, 2010 2:31 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Botma »

Namib.....

die bulle storie l? nog na aan my hart, ek kry sommer weer trane ......kom ons praat eerder oor Jakkalse of iets...

Botma
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by boeta »

Namib

Dis hoekom die bulle op Soweto moes speel,Loftus is al oorvol van al die bekers

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Namib »

Hi julle

Dat daar silwerware op die rak is,is so.Het hulle as verskoning/verduideliking net gebruik.243Songdaug het my in n hoek gehad(daai 308 eder as 243).

Boeta, nou praat jy waarheid.

Julle ons moet tog LAAITEMPRATUUR VS SKIETTEMPRATUUR verder mee aan gaan,oom Stefan764 gaan my op hang.

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Raven »

Boeta,
Goeie een daai, maar terwyl ons die Bulle aan die knaters beet het, wil ons darem graag 'n kastreer tang
byderhand voor daai Bulle weer kwaad raak en alles vat.  ;D  ;D

Nou terug na WARM en KOUD SKIET toe  ;)

Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Laaitempratuur vs Skiettempratuur

Post by Stefan764 »

Right, noudat my span self n stukkie "silverware" op die rak het kan ons seker met die geprek aangaan  ;)

Johan, ek hoor van uit n coolbag skiet (man moet net nie die verkeerde "dop" raakvat nie, haha!!!!), maar nou wil ek weet hoe laai jy teen daai tempratuur? As jy in die somer laai, hoe skiet jy in die winter?? Dit is wat my probleem is. Ek laai in 25grade C en ek skiet in 8grade C, maak dit n verskil??

SHARKS-groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Post Reply