Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wik en weeg nou al lank om hierdie onderwerp aan te raak.
Volgens 'n vorige post skiet die meeste ouens op x10 vergroting. Ek het eers onlangs opgradeer van 'n x6 vergroting af... Ek moet se, dit is nogal 'n AANPASSING om gewoond te raak aan 'n x12 en groter vergrotings. My vraag: Wat kan gedoen word (tegniek en toerusting) om met gemak die groter vergrotings baas te raak? Ek praat nou veral van dagskiet.
Gee raad asb
Hein M.
Last edited by Hein M. on Sat Oct 16, 2010 9:27 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Vat vir jou 'n klomp rondtes, coolbox met drinkgoedtjies (nie dop) paar lifesize teikens en 'n klop tyd saam skietbaan toe. stel jou teikens op 100m en loop sit rustig by die tafel, kyk deur jou scope en bestudeer die teiken. kyk (bv springbok) hoeveel hy van die kruis toemaak op verskilende versterkings. Skiet ,n paar skote op die bok.
Skuif nou na 150m ,200m, 250 en 300m en doen di selfde. sodra jy gemaklik is daarmee stel vir jou 'n teiken in die veld op en stop op 'n onbepaalde plek en kyk nou vir die teiken. probeer afstand skat met die hoeveelhied wat die bok toemaak in die kruishare. Skiet en gaan meet die afstand en kyk waar jy getref het.
Dankie! Sal maar daai pad stap. Vergrotings bo x12 is eintlik onnodig vir 'n "gewone"skut. Het iewers gesien dat Piet Breedt vir lank "geoefen" het met sy groter vergrotings op 'n windbuks.
Groetnis!
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Hein, ongelukkig is Robert reg. Al wat help is baie oefening. Ek skiet tot my staan skote op 50 x vergroting. Die geheim is om op die kruishaar te fokus, en nie op die teiken nie. As jy op die teiken fokus gaan jou skiet versleg, en jy gaan seesiek word.
Maar as jy dit eers baasraak, kan dit jou baie help met skootplasing. Outomatiese rigting is van kardinale belang, anders soek jy jou vrek na die teiken, veral op kompetisies as die tyd loop, aangesien jou "field of vew" baie klein word.
Oefen en oefen en kyk en beloer die teiken. Ek wil herken en se dat dit vir my ook 'n aanpassing was om gewoont te raak aan die groot kykie pypies. tans is 14X en 16X my cup of tea.
hierdie oefeninge is iets wat ek ook moet doen. my pa kon goed afstand skat en ek kon my altyd verstom aan sy geslag se "veld" vermo?. hy het net met n 308 gejag en dit nog gekoopte ammo, maar die bokke het huistoe gekom.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Piet Breedt wrote:
Hein, ongelukkig is Robert reg. Al wat help is baie oefening. Ek skiet tot my staan skote op 50 x vergroting. Die geheim is om op die kruishaar te fokus, en nie op die teiken nie. As jy op die teiken fokus gaan jou skiet versleg, en jy gaan seesiek word.
Maar as jy dit eers baasraak, kan dit jou baie help met skootplasing. Outomatiese rigting is van kardinale belang, anders soek jy jou vrek na die teiken, veral op kompetisies as die tyd loop, aangesien jou "field of vew" baie klein word.
Sterkte !
Dankie Piet
Ek het ook jou inset op die SAJ-forum geniet i.v.m uit die vuis skiet. Ek is besig om daardie stappe en aanle in te oefen.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Mirage kan 'n man se moed breek op 'n komp, net soos met wind. Mens moet maar in die mirage in mik, links of regs afhangende hoe die mirage loop. Ek draai soms af na 12X toe vir die erge hitte.
Maar ja jong, dit is maar mogge troffe met mirage.