Sterk vergrotings

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Sterk vergrotings

Post by Hein M. »

Hallo aan almal

Ek wik en weeg nou al lank om hierdie onderwerp aan te raak. 

Volgens 'n vorige post skiet die meeste ouens op x10 vergroting.  Ek het eers onlangs opgradeer van 'n x6 vergroting af... Ek moet se, dit is nogal 'n AANPASSING om gewoond te raak aan 'n x12 en groter vergrotings.  My vraag:  Wat kan gedoen word (tegniek en toerusting) om met gemak die groter vergrotings baas te raak?  Ek praat nou veral van dagskiet.

Gee raad asb ???

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sat Oct 16, 2010 9:27 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Sterk vergrotings

Post by Robert »

Hein

Vat vir jou 'n klomp  rondtes, coolbox met drinkgoedtjies (nie dop)  paar lifesize teikens en 'n klop tyd saam skietbaan toe. stel jou teikens op 100m en loop sit rustig by die tafel, kyk deur jou scope en bestudeer die teiken. kyk (bv springbok) hoeveel hy van die kruis toemaak op verskilende versterkings. Skiet ,n paar skote op die bok.

Skuif nou na 150m ,200m, 250 en 300m en doen di selfde. sodra jy gemaklik is daarmee stel vir jou 'n teiken in die veld op en stop op 'n onbepaalde plek en kyk nou vir die teiken. probeer afstand skat met die hoeveelhied wat die bok toemaak in die kruishare. Skiet en gaan meet die afstand en kyk waar jy getref het.

Tyd en oefen is al wat gaan help

Geniet die nuwe scope

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Sterk vergrotings

Post by Hein M. »

Robert,

Dankie!  Sal maar daai pad stap.  Vergrotings bo x12 is eintlik onnodig vir 'n "gewone"skut.  Het iewers gesien dat Piet Breedt vir lank "geoefen" het met sy groter vergrotings op 'n windbuks.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Sterk vergrotings

Post by Piet Breedt »

Hein, ongelukkig is Robert reg. Al wat help is baie oefening. Ek skiet tot my staan skote op 50 x vergroting. Die geheim is om op die kruishaar te fokus, en nie op die teiken nie. As jy op die teiken fokus gaan jou skiet versleg, en jy gaan seesiek word.

Maar as jy dit eers baasraak, kan dit jou baie help met skootplasing. Outomatiese rigting is van kardinale belang, anders soek jy jou vrek na die teiken, veral op kompetisies as die tyd loop, aangesien jou "field of vew" baie klein word.

Sterkte !
Danie Lombard .243

Re: Sterk vergrotings

Post by Danie Lombard .243 »

Hein


Ek stem saam met Robert en Piet.

Oefen en oefen en kyk en beloer die teiken. Ek wil herken en se dat dit vir my ook 'n aanpassing was om gewoont te raak aan die groot kykie pypies. tans is 14X en 16X my cup of tea.

Lekker skiet en lekker oefen.

Danie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Sterk vergrotings

Post by James Wilson »

hierdie oefeninge is iets wat ek ook moet doen. my pa kon goed afstand skat en ek kon my altyd verstom aan sy geslag se "veld" vermo?. hy het net met n 308 gejag en dit nog gekoopte ammo, maar die bokke het huistoe gekom.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Sterk vergrotings

Post by Hein M. »

Piet Breedt wrote: Hein, ongelukkig is Robert reg. Al wat help is baie oefening. Ek skiet tot my staan skote op 50 x vergroting. Die geheim is om op die kruishaar te fokus, en nie op die teiken nie. As jy op die teiken fokus gaan jou skiet versleg, en jy gaan seesiek word.

Maar as jy dit eers baasraak, kan dit jou baie help met skootplasing. Outomatiese rigting is van kardinale belang, anders soek jy jou vrek na die teiken, veral op kompetisies as die tyd loop, aangesien jou "field of vew" baie klein word.

Sterkte !
Dankie Piet

Ek het ook jou inset op die SAJ-forum geniet i.v.m uit die vuis skiet.  Ek is besig om daardie stappe en aanle in te oefen.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Sterk vergrotings

Post by Hein M. »

Danie,

Wat gemaak met "mirage" op 'n warm middag?  Met die groter vergrotings kan dit nogal 'n uitdaging wees.

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Danie Lombard .243

Re: Sterk vergrotings

Post by Danie Lombard .243 »

Ou Hein

Mirage kan 'n man se moed breek op 'n komp, net soos met wind. Mens moet maar in die mirage in mik, links of regs afhangende hoe die mirage loop. Ek draai soms af na 12X toe vir die erge hitte.

Maar ja jong, dit is maar mogge troffe met mirage.
Post Reply