Ruger M77 MKII Target 25-06

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Het enigiemand ondervinding met bg. geweer? Ek ken iemand wat een wil verkoop, en hy se ek moet 'n aanbod maak, so watse prys sal julle aanbeveel? Die geweer is so te se nuut. Ek het die naweek 'n blesbok op 350m agter die nek met presies dieselfde geweer geskiet, en ek was baie beindruk! Ek dink om hom te kry vir al my vlakte skiet, en dan die .308 te gebruik in die bos, dan kan ek mos maar die gradeboog ook wegpak! :P ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Arnold »

Net om jou 'n idee te gee nuut is hulle so R12500.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Francois Marais »

Eugene

Arnold se prys is reg, probeer so vi R8000.00, nie baie meer nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Die man het gese dat hy destyds R4000 vir hom betaal het, en toe die aksie laat pak het en 'n bipod opgesit. Ek het gedink so R6000 of R7000. Klink dit reg? Skiet julle met 25-06? Is julle tevrede met hulle?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Francois Marais »

Geno

Laai hom so tussen 50-52gr S365 met n 100 gr Sierra GK of n Nosler BT en jy kan jou gradeboog maar weggooi, dan sal jy ook agterkom daar is RERIG lekkerder (let op ek se nie beter) gewere as n 308.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Raven »

Geno,
My Tikka 25-06 slaap langs my, vrou slaap oppie vloer  ;D.

Ons het hier so bietjie oor myne gesels: http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=6

EK was nog nooit teleurgesteld nie.

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Het hom vanoggend gaan kyk, die man se ek kan hom R5000-00 gee vir die gun.
Hy't omtrent 100 skote met hom geskiet. Lynx 3.5-10x50 scope op, loop en aksie is gepak, en 'n Harris 25c bipod op.
Wat 'n bargain! Of hoe se ek? Al moeilikheid, die swivel stud het uitgestrip, hoe kry ek hom weer in? Met epoxy of iets?

Mammie like hom ook, so dit was nie eers nodig om toestemming te vra nie, sy se sy sal met hom skiet!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by KSV »

Geno,

Het jy hom al klaar gevat?

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Robert »

Eugene

As jy diie pakkie vat vir R5000. Dan het jy dit van hom gesteel. ;D ;D ;D ;D. Wys jou: Wonderwerke gebeur nog helder oordag

Geluk met 'n winskopie van die jaar.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Francois Marais »

Geno

My voorspelling is Mammie gaan eindig met die 308 en jy met die nuwe gun. Reken n wapensmit kan jou uitsort met die gestripte stud.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Hein, ek het ja.

Robert, dankie. Ek dink self dis 'n hengse winskopie!

Francois, jou voorspelling is reg, maar moenie dat mammie dit hoor nie. ;D

Werk dit mooi om 'n 25-06 te ackley, of nie eintlik nie?

Groete,

Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by JACQUES BOTHA »

GENO.
My siening jy gaan tyd en geld mors om die 25 te uglifiseer...Jy wen te min vir te veel moeite...Maar dit bly jou keuse.
Standaard skiet jou 25 n beter as billike trajek.. n 25 is n keel brander, Maar n plesier om mee te skiet. Jy gaan nog vele vele plesiere uit daai roer uit kry .
Ek se altyd as jy na n vroulike atleet kyk kry jy sommiges wat so kort en kragtig is en dan daai met die lang slanke lyfies wat goed is en net regte lyne het...
Nou sit daai 25-06 se koetljie daar voor jou...mooi man mooi..regte lyne ....jy weet wat ek bedoel..

daai 308.. is nou weer n ander storie of hoe mnr FM lag lag lag ... die plesier kom in die gebruik van jou kaliber...
Geniet die 25
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Francois Marais »

Geno

Kyk bietjie ek het n post iewers oor die 25 Ackley.

Ek het een en sou se NEE, dit wat jy op spoed score is te min, manne praat ma so van 75 ft/sec. Die 25-06 is die gun wat jy die minste op score van al die Ackley kalibers. Ek het n reamer op n sale gekoop en eers na dit oppad was bietjie beginne oplees. Ek het so 150 doppe ge-firevorm, en skiet 100gr S MK teen 3350 ft/sec. Ek het nog nie gespeel met hom nie en skiet die eerste lading wat ek n goeie groep op kon kry. Gebruik 58.5 gr S 385 kruit. Weet jy kan gaan na oor die 60gr kruit, en het gelees van 3500 ft/sec met 100gr punt. Dink hy sal baie goed doen met 120gr punte.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=6


Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Dankie julle, dis seker waar wat hulle se : "If it ain't broke, don't fix it"...
Sal hom standaard hou en gooi met die ladings wat Francois my gegee het, 75vps is nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.
Die gun het 'n 26' loop, so hy sal al klaar lekker laat waai.
Die 308 is maar net te veel van 'n kleilat as dit kom by lang skote op omtrent 300m, maar in die bos gaan myne nog baie bokke omdop!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by JACQUES BOTHA »

GENO
aS JY HOM WIL LAT FLUIT GOOI 55GR 365  IN BY N 85 NOSLER BALLISTIC TIP. DAN LOOP HY SO 3650...
MAAR AS JY LNAK EN LEKEKR WIL SKIET HOU BY DIE 100GREIN  MATCHKINGS BIETJIE HARD VIR SPRINGBOK MAAR HY SAL JOU NOOIT TELEUR STEL NIE...
DIE MK SE BC MAAK HOM IDEAAL VIR DIE 25 EN AS JY OP 365 WIL LAAI KAN JY 51.5 OF 52 OF 52.5 PROBEER ANDER IS DIE 385 SOOS FM SE OOK IDEAAL VERAL VIR DIE LANG LOOP MANNE ... OP KORTER LOOP NA HY TERUGGESNY IS OF MINDER AS 26 DUIM SAL DIE 365 WEER N OPSIE RAAK VERAL MET DIE 24 DUIM LOOP WERK HULLE WEER LEKKER..
MAAR 3350 MET N 100GREINER  OF 3600MET N 85 GREINER...WEL MY SIENING JY JY WEN NET DIE BIETJIE EKSTRA MET DIE 3350 EN 100 GREIN.. SLAANKRAG EN DRA VERMOEE OOOR DIE LANG AFSTANDE.....
LAAT DIE LOOD IN DIE LUG KOM ANDERS KAN DIE BOKKE NEI VAL NIE...
GENIET JOU ROER   
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Manne, ek's verlief.
My maag draai sommer as ek aan mej. Ruger dink.
Ek het haar die naweek gehad om mee te speel en sy't pragtig saamgewerk, gooi halfduim groepe op 100m!
Hier's 'n R-18 foto van my nuwe liefde
Image

Nou net die huwelik sertifikaat (lisensie) dan kan ek en sy op 'n honeymoon jag gaan!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Ponkie »

Geno wrote:
Die 308 is maar net te veel van 'n kleilat as dit kom by lang skote op omtrent 300m, maar in die bos gaan myne nog baie bokke omdop!
Op 300m kom ek nog maklik by met die 308!  ;) Met Sierra 150gr en 'n 44gr S335 lading val hy net so 5duim as hy zero op 220m!

Groetnis!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
tafjak

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by tafjak »

Ponks

Ja, tot voorlaaier kom ook by 300m(moet net zero op so 350), die eintlike doel is om nie ho?r as so 50mm op 160meter te skiet nie. Min of meer 30mm hoog op 100meter.

Ja, ek weet jy trek been, maar wil gebruik ek graag net die geleentheid.

Mooiloop
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Freek »

Mooi roer daai Eugene, klink my jy het die skoot hoog deur... ;D Geniet haar, moet nooit vergeet nie julle verhouding is soos 'n meubelstuk. As daar 'n krappie opkom sukkel mens om dit weer gesond en mooi te kry. Moet nie toelaat dat jul verhouding vol krappe raak nie. Pas haar mooi op. 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Ponkie »

Oom Taf

Haha! ek het gedink daar gaan so iets uitdop. Nee ek skiet so 2.5" hoog op 100m en dan weer so 1.75" hoog op 200m.

My Pa se die Bosch het sy effek op my kondisie gekry, so ek kan die houe vat, daar is baie slaanplek! haha! ;D

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Wouter Roets »

Baie geluk met jou geweer! Ek het presies so een in 25-06 Ackley.  Dit is waar wat die manne se oor die gewone een en die Ackley. daar is nie veel meer as 75 ft/sek verskil nie. Ons kort n effens stadiger poeier as S385 om daardie potensiaal te realiseer. Speel maar lekker met die ladings die 25-06 kan maar vol k#k wees. Jou geweer het n 1 in 10 groef so hy is die gelukkigste met 87-110 gr punte. Jy het regtig n uitstekende kopie gekoop! Geniet hom! ps Kyk so n bietjie na n groter vergroting teleskoop, die kaliber en geweerkombinasie regverdig dit. So in die 18 en groter vergrotink klas.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

Wouter,
Baie dankie!
Ek is hoeka besig om te kyk na 'n scope in die 16-24x klas, sal skree as ek enige raad nodig het.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Monrique (SJ) »

Geno

Die ant. le in n Burris vir daai roer. Vra maar vir Danie.243!  ;)

Geniet hom. ;D

Groetnis
SJ
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Ponkie »

SJ

Jou burris al op jou roer? Myne het volgens Track and Trace gister in Willowmore geland, so hopelik het Pa Ponkie hom al opgesit teen die tyd wat ek vakansie kry!

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Ruger M77 MKII Target 25-06

Post by Geno »

SJ,
Ek gaan verseker 'n lekker groot Burris op hom sit, dankie!

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply