Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die 8-9 gekoop vir babers maar ek sal ook 'n ligter 6-7 kry.
Ek sal maar saam 'n man wat kan fly moet gaan sodat ek tip kan kry.
Weet julle van enige seminare waar hulle jou prakties wys wat om te doen?
Op 'n ernstige noot. Vlieg hengel is nie so eenvoudig en maklik soos pap gooi nie. Deur boeke te lees en op die internet op te lees oor al die dinge is een ding, maar die prakties en teorie is 2 verskillende goed. Jy het iemand nodig om jou touwys te maak terwyl jy op die water is.
Ek het vir 'n jaar lank 2 keer per maand die vaalrivier besoek en nie een vis gevang nie, ek het wel 'n visse gefoul hoek maar het eers na 'n jaar my eerste vis in die net gehad.
Zack, die beste raad wat ek vir jou kan gee is om vir John Gavin te bel. Hulle ken baie plekke en vang al jare vis. Jou setup vir 8/9 is reg vir bloem se babers, kleiner gaan jy jou stok breek.
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Zack Benade wrote:
Waar kan ek online toerusting koop wat die moeite werd is?
Hallo Zack
Jy is gelukkig, The flybox in Bloemfontein is 'n dedicated flyshop en Morne sal jou baie mooi reghelp met raad en toerusting.
Tel 0825602889. Hy spesialiseer ook op babers en karp en kan jou daar goed reghelp.
Laat weet ons hoe dit gaan
Groete
Heinrich
Julle maak my bang. Ek kan al klaar I&J gekoop het met al die geld wat ek aan visvang spandeer het.
Waar kan ek online toerusting koop wat die moeite werd is?
Meeste van die winkel is op die net, maar om sommer net te koop gaan jou dalk kos.
Ek het vir 2 jaar met my 8/9 in die strome geelvis gevang, my skouer in die proses amper gebreek, maar hy het gewerk. Persoonlik "cast' ek baie min as ek geelvis vang, so die laai van jou stok pla nie baie nie.
Stealth en Explores verkoop baie goeie "budget" stelle.
Ek dink dit gaan meer oor die tegniek om geelvis te vang as die stok.
Jy sal dit nie glo nie. Ek het op flytalk ge registreer en binne 'n minuut het iemand my gemail na ek myself voorgestel het.
Raai wie was dit?
Dit was John Gavin. Ons het lekker gesels en die middag het ek sommer gaan kennis maak met hom. Ek gaan verseker van sy gasvryheid gebruik maak en saam hom gaan vang.

Ek hou jou op hoogte
Zack,
Dit is fantastiese nuus. Ek het jou gese John sal jou kan help. En daar doen John presies soos wat ek hom ken.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Dankie vir al die positiewe terugvoer. Dit was ook lekker om een of twee van die manne te ontmoet.
Ek is nou moeg geld uit gee en moet nou begin lyn natmaak. Ongelukkig het ek nie aan die waarskuwings van geld uitgee geluister nie.
Waar is lekker plekkies naby Bloemfontein wat ek kan gaan ondervinding opdoen in my nuwe stokperdtjie? Ek is bereid om te ry. (200-300km raduis)