Fly Fish beginner

Any freshwater fishing stories here/ Enige varswater hengel stories hier.
Zack Benade

Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

Hallo almal

Ek is nuut in die game. Dit het alles met my seuns begin wat babers op fly gerei vang.
Die tweede keer dat ek saamgaan het ek 'n baber van oor 'n meter met die fly stok gevang met my kleinste seun se stok. Ek moes die hele tyd hoor pa gaan 'n nuwe stok koop as hy breuk.
Die volgende dag was ek by Kloppers waar ek my eie gekoop het. Intussens na vele kere sukkel ek om iets gevang te kry.

Die naweek was ek by Rob Ferreira. Ek het 4 keer geel visse aan die lyn gehad maar al vier het afgekom. Die vliee was super klein. Hoekom het hulle afgekom?
As see en pap gooi man kan ek dit nie verstaan nie.

My groot vraag is.
Waar naby Bloemfontein kan mens fly fish?

Al vang ek die laaste ruk niks nie bly die uitdaging nog steeds baie

Groete
Zack
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by Jean Marais »

Hallo Zack

Al wat ek kan dink, as jy sê die vliegies was baie klein, is dat die hoekies oopgebuig het. Geelvis is nogal sterk bakleiers, en miskien het jy hom dalk te hard geboelie.

Soos jy egter sê, dis 'n bitter lekker deel van die hengelsport en glo my, jy gaan nog baie plesier daaruit put. Van hengeplekke rondom Bloem weet ek nie, maar Lesotho is mos nie te ver nie. Daar gaan jy lekker speel met die forelle.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Fly Fish beginner

Post by FCLoretz »

Zack, ek PM jou manne van bloemfontein se fly fisher's nommers. die manne maak uit van.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Zack Benade

Re: Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

"Baie Dankie" Frederick
Ek is al moeg gesukkel
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Fly Fish beginner

Post by FCLoretz »

Zack,

Jy het nog nie "gesukkel" nie. Daar is verskeie redes, waarom die vis kon afkom. Het jy fotos van die vliegies en hoeke, waarme jy gevang het?

Die hoeke kon uitgeskeur het omdat jy te veel pressure op hulle gesit het, die klein hoeke kon oop gebuig het. Die hoeke kon nie ordentlik geset het nie en los gekom het. Die hoeke kon ook los gekom het omdat die lyn pap geraak het.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by henried »

Hier is 'n lekker forum: http://www.flyloops.net

Die laaste ruk sien ek die manne vang met 14, selfs 16 nymphs.
Ek vis maar met 12, maar ek oorweeg om ook 'n skuif na die 14 te maak.

Hoe lyk jou leeder setup, ek vis op die "czech nymphing" manier.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by henried on Mon Feb 03, 2014 11:42 am, edited 3 times in total.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Fly Fish beginner

Post by FCLoretz »

Vertel bietjie watse setup het jy gekoop op die fly fishing gear?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

FCLoretz wrote:Zack,

Jy het nog nie "gesukkel" nie. Daar is verskeie redes, waarom die vis kon afkom. Het jy fotos van die vliegies en hoeke, waarme jy gevang het?

Die hoeke kon uitgeskeur het omdat jy te veel pressure op hulle gesit het, die klein hoeke kon oop gebuig het. Die hoeke kon nie ordentlik geset het nie en los gekom het. Die hoeke kon ook los gekom het omdat die lyn pap geraak het.
Dis waar wat Frederick hier sê
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Fly Fish beginner

Post by FCLoretz »

Henrie, dink jy eerder die NZ-rig gaan beter werk nie? As 'n man begin dan is czech nymphing heelwat meer tegnies as wat 'n NZ rig is.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by Beyers »

User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

Ek het al baie vissies gevang op die rig
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

http://emoticoner.com/files/emoticons/smileys/mix-points-smiley.gif?1292867637
Zack Benade

Re: Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

Ek het 'n explorer 8-9 wt gekoop hoofsaaklik vir babers want ek bly langs die Modder Rivier. Ek is amper te skaam om te sê dat ek meer as 20 keer gaan probeer babers vang het met geen sukses nie. Ek gooi die 1/2 a chiken oor,voor en sleep dit verby hulle maar die babers wil nie vat nie. Ek het al begin dink die fout is by die babers.

Ek gebruik twee flies op een lyn. Die naweek het ek by Rob Ferreira die Zak en ? nymphs gebruik. Ek het ook ander probeer en ek is nie 'n kenner oor wat gaan werk en wat nie. Ek het maar probeer.

My voete is nog steeds seer en my tekkies is stukkend. Die eerste ding wat ek nou gaan kry is goeie skoene.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by Jake1 »

Al die geelvis vliegies is maar klein, maar dit moet kwaliteit hoekies wees. Die geheim is maar om so min as moontlik "pressure" op die vis te sit, bring hom stadig in, hou jou stok vertikaal dat hy teen jou stok baklei en bring hom in as hy eers moeg is. Moet nooit jou stok horisontaal hou dat die vis teen jou katrol baklei nie, en belangrikste van alles is moenie jou lyn laat slap word nie- hou deurentyd kontak met jou vis.

Ek hoop jy weet jy speel met vuur, dat jy binnekort heeltemal verslaaf gaan wees aan hierdie sport, nuwe stokke gaan koop, verskillende lyne gaan koop- dryf, intermediate en sink in verskillende gewigte, elke moontlike vliegie gaan koop en dan later self vliegies bind, dan wil jy gaan fly-fish in die see, 1000e rande vir nuwe stokke en katrolle en dan diepsee fly fishing, blase op jou hande soos jy die vis wou briek wat jou lyn in elk geval gebreek het............. aai, ek het daai paadjie al geloop en baie pakslae gekry, die wind vervloek as jy nie gegooi kry nie, voertuie stukkend gery oor ons grense agter die volgende "beste" bestemming aan, skelm skelm my skoonsussie se lieflinghond se wit hare 'n lokkie afgesny want dit lyk of dit die beste "lefty's deceiver" vliegie gaan bind, fly-fishing met jou vrou praat al weet jy voor jou siel dit irriteer haar al lankal tot in haar klein toontjie in, jou katrol sien amper ontplof soos daai grote hom vat toe jy dit die minste verwag het, en.......... ewe skielik besef ek ek vang te min vis die laaste tyd.

Sterkte met jou lekker avontuur wat voorlê, maar kyk na so 3 jaar terug- iemand het jou gewaarsku.

Jake1
Last edited by Jake1 on Mon Feb 03, 2014 11:59 am, edited 1 time in total.
Zack Benade

Re: Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

Ek sien op die skets dat die lyn aan die hoek se tjank vasgemaak is. Ek het 'n stukkie lyn ingelas.

Hoe kan die vis die flieg vat as die lyn aan die tjank vas is?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by henried »

FCLoretz wrote:Henrie, dink jy eerder die NZ-rig gaan beter werk nie? As 'n man begin dan is czech nymphing heelwat meer tegnies as wat 'n NZ rig is.
Seker...

Die moeilikste was om van die "Strike indicatorr' onsla te raak en dit met helder groen dacron te vervang. In vinning strome werk die SI net nie, hy sit net drag by.

Maak seker een vlieg is baie swaar, "tungsten bead", so dat hy op die bodem kan hop. Met die CN kan jy dit voel.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

Ek hou weer van die strike indicators
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by Beyers »

:laugh:
Jake1 wrote:Al die geelvis vliegies is maar klein, maar dit moet kwaliteit hoekies wees. Die geheim is maar om so min as moontlik "pressure" op die vis te sit, bring hom stadig in, hou jou stok vertikaal dat hy teen jou stok baklei en bring hom in as hy eers moeg is. Moet nooit jou stok horisontaal hou dat die vis teen jou katrol baklei nie, en belangrikste van alles is moenie jou lyn laat slap word nie- hou deurentyd kontak met jou vis.

Ek hoop jy weet jy speel met vuur, dat jy binnekort heeltemal verslaaf gaan wees aan hierdie sport, nuwe stokke gaan koop, verskillende lyne gaan koop- dryf, intermediate en sink in verskillende gewigte, elke moontlike vliegie gaan koop en dan later self vliegies bind, dan wil jy gaan fly-fish in die see, 1000e rande vir nuwe stokke en katrolle en dan diepsee fly fishing, blase op jou hande soos jy die vis wou briek wat jou lyn in elk geval gebreek het............. aai, ek het daai paadjie al geloop en baie pakslae gekry, die wind vervloek as jy nie gegooi kry nie, voertuie stukkend gery oor ons grense agter die volgende "beste" bestemming aan, skelm skelm my skoonsussie se lieflinghond se wit hare 'n lokkie afgesny want dit lyk of dit die beste "lefty's deceiver" vliegie gaan bind, fly-fishing met jou vrou praat al weet jy voor jou siel dit irriteer haar al lankal tot in haar klein toontjie in, jou katrol sien amper ontplof soos daai grote hom vat toe jy dit die minste verwag het, en.......... ewe skielik besef ek ek vang te min vis die laaste tyd.

Sterkte met jou lekker avontuur wat voorlê, maar kyk na so 3 jaar terug- iemand het jou gewaarsku.

Jake1
:laugh:
Zack Benade

Re: Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

Baie dankie vir al hierdie vinnige inligting.

Wie kom saam? En waarheen?

Vertel net asb.
Ek sien op die skets dat die lyn aan die hoek se tjank vasgemaak is. Ek het 'n stukkie lyn ingelas.

Hoe kan die vis die flieg vat as die lyn aan die tjank vas is?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by henried »

Hy doen well, maar meeste is maar op die agsterste hoek.
Dis nog 'n rede hoekom ek van die CN metode hou...

Is jy seker dis geelvis wat los gekom het? Moddebek word ook baie in die strome gevang, meestal ge-Foul hook. 'n Geelsvis speel nie as hy jou vlieg optel nie, dis 'n baie vinnig aksie op jou lyn of SI. Moddebek sal jou lyn of SI stop of stadig beweeg. Gewoonlik kom hulle los, alhoewel mens hulle tog in die mond ook vang.
Zack Benade

Re: Fly Fish beginner

Post by Zack Benade »

Henried ek is nie seker nie want ek kon nie die vis sien nie. Die trek was nogal sterk.

Vertel asb. meer oor die CN metode.

Is geelvis 'n skool vis of is hulle aleenlopend?
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by henried »

'n Modderbek trek veral hard as hy ge-foul hook is, gewoonlik hak jy hom in een van die vinne.

Ek het 'n prentjie in my eerst post van die CN, dis 3 vlië, maar hull word van die hooflyn op dropper gebind.

Geel vis kom in skole, maar ook alleen. Sekere tye van die jaar is hulle in baie vlak water, maar hulle beweeg ook in dieper water in. Onthou hulle soek 'n plek in die stroom waar hule die minste energie mors, dis hoekom jy jou vlieg so vinnig as moontlik tot op die bodem moet kry. Die stoom onder verskil ook van bo, dit smokkel nogal met jou kom, maar jy kan dit met tye baie mooi sien.
Last edited by henried on Mon Feb 03, 2014 1:48 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

Hulle is partykeer alleen en partykeer nie.
Hulle is amper soos jou forel.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Fly Fish beginner

Post by Frikkiedbr »

henried wrote:'n Modderbek trek veral hard as hy ge-foul hook is, gewoonlik hak jy hom in een van die vinne.

Ek het 'n prentjie in my eerst post van die CN, dis 3 vlië, maar hull word van die hooflyn op dropper gebind.

Geel vis kom in skole, maar ook alleen. Sekere tye van die jaar is hulle in baie vlak water, maar hulle beweeg ook in dieper water in. Onthou hulle soek 'n plek in die stroom waar hule die minste energie moers, dis hoekom jy jou vlieg so vinnig as moontlik tot op die bodem moet kry. Die stoom onder verskil ook van bo, dit smokkel nogal met jou kom, maar jy kan dit met tye baie mooi sien.
Moers :o regtig ++>:
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Fly Fish beginner

Post by Carl »

Hallo Zack
Ek gaan vir jou advies gee. Net 'n bietjie besig op die oomblik. Hierdie 3 wetters weet niks van geelvis en sal jou hengel opneuk vinniger as 'n geweer winkel jou volgende pos bestelling. :) Ek gaan die 3 wys waar die wortels begrawe is sodra die reën so bietjie afgeloop het ;) (grappie manne)

Daar is die Klipvoordam en dan tussen Dewetsdorp en Smithfield een wat ek nou sy naam van vergeet het - dink Kalkpoort. Vra Johan Swanepoel hy sal weet. Natuurlik die Oranje so bietjie verder. Die hele Lesotho bied uitstekende hengel in die somer.

Ek dink jou probleem is die 8/9 hy is bietjie swaar vir die geles. Vir geelvis is 5/6 beter (daar gaan jou $$$). Maar die 8/9 gaan lekker werk vir die meerminne en wanneer jy weer see toe gaan. Dit sal ook goed werk op plekke wat groot karp het.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply