'n Kat in die sak...

trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

Dit lyk of die manne hier weet waarvan hulle praat, so ek hoop iemand kan my help om my probleem op te los sonder dat ek 'n "backyard job" hoef te doen.
Ek het onlangs 'n Musgrave 30-06 gered van tot niet gemaak word toe my pa besluit om nie sy geweerlisensie te hernieu nie. Dit is 'n lieflike wapen, skiet akkuraat op kompetisies, maar die 4x32 Tasco teleskoop stel my teleur op die langer afstande - toe bestel ek vir my 'n spotgoedkoop teleskoop van China af, wat spog met 'n 6-24x50 lens, maar maak nie saak hoeveel clicks ek aanstel nie, die ding skiet 20cm links van waar ek mik (op 25m). As ek die ou Tasco opsit, skiet die geweer elke skoot in die kol (op 25m, ek is nog maar nuut...)
Ek het letterlik die windage knop uitgedraai en daarmee in my hand gesit, dan wys die teleskoop nog steeds windskeef - weet enigiemand hier hoe om so 'n teleskoop te oortuig waar hy behoort te mik, of moet ek een of ander snaakse mount kry wat mens ook kan verstel na links?
Moenie dink jy gaan my beledig as dit iets voor die hand liggens is nie, ek erken geredelik dat ek nuut is met vuurwapens :D
Byvoorbaat dankie
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Hein22 »

Welkom hier trapsuutjies.

Jy wil geld spandeer op ander mounts om 'n "cockeyed" teleskoop op teiken te laat skiet??? Dan wil jy dit gebruik om op langer afstande te skiet deur miskien turrets te dial???

Ek is jammer om dit vir jou te se, but "you get what you pay for". Jy hoef nie 15/20k te spandeer om 'n goeie teleskoop te koop nie. Die nikon scopes is goeie waarde vir geld. Jy het nou 'n ordentlike skiet yster, moet hom/jou nie indoen met 'n chinese gemors teleskoop nie.

Die tasco klink nog soos Japanese tasco, indien wel, hulle is baie goed. Gebruik hom en spaar vir iets meer gepas.

Dit is soos jy se, bly weg van backyard jobs. Ek sal nooit vertroue in my toerusting kan he met wat jy my nou vertel nie. Wat kan meer belangrik wees as dit?

My 2c.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Heinz Petersen »

Trapsuutjies welkom hier en ek wil jou nie aanval nie, maar ek weet dan nie hoekom jy by Jaracal aangesluit het nie. Dit wat jy nou gedoen het was skoolfonds betaal. Vra maar eers voor jy iets êrens gaan koop. Ek is seker die manne hier sal jou nie in die sloot inhelp nie.
Gaan loer by S&O in.Hulle het goedkoper teleskope wat goed is.

Heinz.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Pvdw »

Hi Trappies, welkom hier.
toe bestel ek vir my 'n spotgoedkoop teleskoop van China af
Jammer om te sê maar hier het die back yard job begin. ;D :):

2 belangrikste komponente om akuraat te skiet is die scope/ringe en die sneller. Met bg scope is jy klaar aan die verloor :(
Last edited by Pvdw on Fri Dec 20, 2013 8:48 am, edited 1 time in total.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by FCLoretz »

More Trapsuutjies en Welkom,

Dan glo ek nie dt gaan regtig saak maak watter ringe jy opsit nie daai china teleskoop gaan jou net probleme gee. Ek sal eerder kyk na 'n Nikon of Burris teleskoop om op te sir vir jou geweer. afhangend van wat jou begroting is kan die manne jou goeie advies gee.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

Dankie vir die advies - dit is nou maar eenmaal wat mens kry as jy jou brood aan altwee kante gebotter wil kry: Taai vingers...
Die teleskoop is ten minste konsekwent: ek kry 'n behoorlike groepering maar net nie naby aan die kruishaar nie - hopelik kan die fabrikaat dit vir my omruil

@Hein22 - Ja, die oue is 'n Japanese Tasco. Daar is absoluut niks fout mee nie, behalwe die vergroting is te min vir die 300m+ skote - dan sit die manne met die groter teleskope vir my ore aan.

@Heinz Petersen - Ek het aangesluit om te leer by mense wat meer weet as ek, ek is eerste om te erken dat ek nog baie het om te leer.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by ROBBIE1 »

Hi Trapsuutjies. Nous jy lekker geroskam.

Ek het nou die dag vir my 303 n SA Hunters 4 x 12 x 40 Adler scope gekoop, as jy lid is by die SAJagters vereniging kry jy nog afslag, ek het R 1650-00 betaal vir hom. Die manne kan nie sy helderheid glo nie, en hy werk gevaarlik mooi vir 300m, glo my, ekt die naweek van die 15de Nov n vlakkie op 260m mooi uitgehaal.

Daars natuurlik baie duurder en beter scopes, maar in die goedkoper klas dink ek nie jy gaan die een beat nie.
trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

Dankie Robbie, dit klink of dit die beste medisyne is. Ek ken glad nie Adler nie, kan iemand dalk spekuleer oor hoe duursaam die teleskoop sal wees?
Tot nog toe het ek nie aangesluit by die jagtersvereeniging nie, maar dit is beslis op my lysie - so 'n bietjie korting is dalk net die aanmoediging wat ek nodig gehad het :)
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by FCLoretz »

Trapsuutjies, wat is jou begroting op 'n teleskoop?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

Kom ek stel dit so - as ek 'n Zeiss kan kry vir R2500 sal ek dit doen, maar vir alle praktiese doeleindes kan ek nie meer as R2000 spandeer nie.

@Robbie - hoe het jy daardie Adler gekoop? Deur African Outdoor?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by tripodmvr »

Kyk ook na Hawke. Baie goeie glas en die een op my 243 werk baie skaflik. City Guns (Slaapstad) is die agente.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Pvdw »

Die Prostaff reeks van Nikon en van die Burris scopes kan ook dalk in daai klas val. Keuses sal beperk wees maar net dalk is daar iets. Redfirld by Zimbi Books mag ook dalk 'n opsie wees.
trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

Dankie - ek het dekades terug besluit om nooit weer na 'n Nikon te kyk nie, vir die een of ander rede maak hulle alle kleure vaal en dof (dalk net met my oe). Burris en Hawke klink/lyk na goeie kandidate, maar ek sien nerens Burris te koop nie: sal aanhou soek tot ek kry :D
RV
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by RV »

As ek jou kan raadgee sit die ou scope terug en begin spaar vir iets duurder.Jy kry nie veel vir R2000 nie.Het ook nog nie gehoor vir n Zeiss van R2500 nie.

Groete Riaan
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Jaco B »

Ek het n Burris en is baie tevrede met hom......of is dit nou haar.
Jy kan met n geruste hart koop. Probeer VLT of Monrique(SJ) hier op die forum vir die Burris teleskope.
Ek het al goeie dinge van Redfield ook gehoor en dit sal nie n plaas se prys kos nie.
Gee ook vir RV(Riaan van die ko-op) n luitjie vir goeie raad en pryse.....
Jaco
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by ROBBIE1 »

Trapsuutjies ek het direk by SAJagters hoofkantoor se winkel by Inyati Park gekoop. Die prys is R1850.00 maar as jy lid is kry jy daai R200.00 afslag.

Ek kan jou waarborg hys helder hoor, ek dra self bril, en sukkel nie met die eye relief op die outjie nie, en as jy hom lekker intrek sien jy hoe knip daai outjie sy oog, :laugh: ....
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by FCLoretz »

Robbie wil jy nie foto van die teleskoop en kruishaar laai nie asb
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by ROBBIE1 »

Frederick ek kry nie daai reg nie jong, ek sal vanaand afneem en dan weer vir Frikkie moet pla om my te help..........
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by FCLoretz »

Dankie Robbie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Heinf »

Ek kan ouch vir die Redfield.

Ek het n het die 3-9x42 Revenge op my 0kwes en ek kannie se dat die scope my al in die steek gelaat het nie .

Het self op n klein budget gewerk toe ek hom aangeskaf het en het nog geen reede om hom te vervang nie. Solank ek my kant bring dan bring die scope syne. Ek kan ongelukking nie baie praat oor lang skote nie want met die 0kwes skiet ek nie elke dag verder as normaale bos afstande nie.

Gaan window shop so bietjie by S&O en gesels met die manne wat ken .. ek is seker jy sal met die beste wat hulle in jou prysklas het by die huis aankom.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by FCLoretz »

Wie Maak die Adler scopes?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
trapsuutjies
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Thu Dec 19, 2013 10:41 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by trapsuutjies »

@FCLoretz - lyk my dit is 'n Bushnell, kyk na die post: http://jaracal.com/viewtopic.php?f=76&t=21354

Op die stadium sit ek nog en wik en weeg oor watter teleskoop om op te sit, die bg Adler lyk ordentlik, maar die AO wat voor verstel maak dat mens jou skoot geleentheid kan mis, en die gebrek aan waarborg laat my twyfel aan die duursaamheid. REGGESTEL - blykbaar dra hulle 'n volle waarborg.

Ek het ook gekyk na die Hawke Varmint SF - mooi dun reticle, half mil dot afgemerk, goeie waarborg - kan iemand met ervaring dalk vir my se of die outjie die moeite werd is? Ek kry maar min inligting oor Hawke in SA, maar dit wat ek gevind het lyk positief.
Last edited by trapsuutjies on Mon Dec 23, 2013 5:30 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by Pvdw »

Piet daai Pro Staff wat ek by jou gevat het loop nog mooi. Die otte knor gereeld voor die 303 met daai scope.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: 'n Kat in die sak...

Post by ROBBIE1 »

Die Adler het n lewenslange waarborg gekoppel aan kaliber.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: 'n Kat in die sak...

Post by tafjak »

trapsuutjies wrote:Kom ek stel dit so - as ek 'n Zeiss kan kry vir R2500 sal ek dit doen, maar vir alle praktiese doeleindes kan ek nie meer as R2000 spandeer nie.

@Robbie - hoe het jy daardie Adler gekoop? Deur African Outdoor?

Geseende Kersfees.

Wil jou egter waarsku dat met bogenoemde attitude gaan die "katte in sakke" meer en groter word. Trap maar suutjies as dit by scopes kom.

Mooiloop
Post Reply