Ek het onlangs 'n Musgrave 30-06 gered van tot niet gemaak word toe my pa besluit om nie sy geweerlisensie te hernieu nie. Dit is 'n lieflike wapen, skiet akkuraat op kompetisies, maar die 4x32 Tasco teleskoop stel my teleur op die langer afstande - toe bestel ek vir my 'n spotgoedkoop teleskoop van China af, wat spog met 'n 6-24x50 lens, maar maak nie saak hoeveel clicks ek aanstel nie, die ding skiet 20cm links van waar ek mik (op 25m). As ek die ou Tasco opsit, skiet die geweer elke skoot in die kol (op 25m, ek is nog maar nuut...)
Ek het letterlik die windage knop uitgedraai en daarmee in my hand gesit, dan wys die teleskoop nog steeds windskeef - weet enigiemand hier hoe om so 'n teleskoop te oortuig waar hy behoort te mik, of moet ek een of ander snaakse mount kry wat mens ook kan verstel na links?
Moenie dink jy gaan my beledig as dit iets voor die hand liggens is nie, ek erken geredelik dat ek nuut is met vuurwapens
Byvoorbaat dankie


