Musgrave: Wat soort aksie?

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Hein M. »

Hallo aan almal!

Ek wil graag weet watter soort aksie my Musgrave geweer het.  Ek het noual die internet deurkruis, maar inligting oor Musgrave gewere is maar aan die skraal kant.  Ek weet ook nie watter model die 243 is nie ::)  Staan nie op die geweer nie...

Image

Help asb.

Groetnis!

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sun Sep 05, 2010 3:18 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by DSBW »

Hein

Santa barbara met 'n verstelbare sneller.

Groete

Dawie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Hein M. »

Dawie,

Baie dankie!  Is dit die aksies wat Musgrave uit Spanje ingevoer het destyds?  Jy weet nie dalk watter model / jaartal dit is nie?

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Francois Marais »

Hein

Jou geweer het n Santa Barbera aksie op, dit is maar n mauser 98 copy, wat net uitgekom het met n verstelbare sneller, baie soos n Timney en n "side safety".

http://en.wikipedia.org/wiki/Musgrave_Rifles

Hier kan jy sien watter aksies Musgrave gebruik het deur die tye. Baie goeie aksie, bietjie rattle-rig, maar baie sterk.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Jagtersdok »

Hein
Presies dieselfde Santa Barbara as wat ek het, en daai oukie is dodelik
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Hein M. »

Dankie aan almal,

Ek het 'n vermoede gehad dat dit 'n Santa Barbera kon wees, maar dankie vir die bevestiging.  Ek is net spyt dat nerens op die geweer ENIGE aanduiding is van model / jaartal of enigiets nie...

Lees nou die aand in 'n ou Magnum dat hierdie aksies as "bottersag" deur sommige kenners beskryf word...  Die Spanjaarde se "heat treatment" van die metaal wat in sommige van hierdie investment cast aksies gebruik is, was blykbaar nie baie goed nie ::)  Ek was nogal teleurgesteld. 

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by JACQUES BOTHA »

FM
Ek dink nie al musgrave se aksies is rattle rig nie, Die model 83 ens is nogal smooth....en sterk  en betroubaar...
Groetnis my vrind
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Ponkie »

Hein

Toevallig het ek presies dieselfde vraag op die skietbaan aan 'n Oom die naweek gevra. Kon ook nie uitvind nie. Ek het presies dieselfde aksie op my 308. Nou is dit maar net weer vir my bevestig na die naweek. My geweer het net die naweek besluit hy gooi nie meer sy doppies uit nie. Seker die exstracter pennetjie?

Groetnis!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Francois Marais »

JB

Ek stem, het spesifiek van die SB gepraat, dit is ook mos nu nie n opregte Musgrave aksie nie, net gebruik om Musgrave gewere op te bou. Die 80 en 83 is lieflike aksies, beter as die Lyttleton's, in my opinie.
Lees nou die aand in 'n ou Magnum dat hierdie aksies as "bottersag" deur sommige kenners beskryf word...  Die Spanjaarde se "heat treatment" van die metaal wat in sommige van hierdie investment cast aksies gebruik is, was blykbaar nie baie goed nie
Hein, bottersag sal nu nie my beskrywing wees nie.
Image
Image
Image
My 243 met SB aksie geskiet dat hy so lyk, nuwe extracter, boltstop/ejecter en kolf opgesit, magasynkas plaat reguit gebuig, en hy skiet vandag nog, met selle loop. Bottersag sou nie die ding gedoen het nie.

Ponkie

Die extractor trek die doppie uit, en die ejector gooi hom uit, maar jy is reg, dit is die pennetjie, hulle is geweldig hard, en oor die een of ander rede geneig om te breek, weet van n klom gewere s'n wat af is, dan moet jy die doppe met die vinnger uitkrap, maar moennie dink jy kry daai plaatjie/pennetjie nie, ek soek nu al hoe lank, almal wil jou die hele boltstop verkoop en dan is daar ook nie voorraad nie, ek sal 10 van daai parte vat as ek kan kry.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Monrique (SJ) »

Dagse almal

My broer se 30-0kwes het so n 83 aksie,hy is soos julle manne se, seep glad. Hy werk baie lekker, MAAR dit bly n 30-0kwes, maar is darem n Musgrave!!!

Moet my nie kruisig nie, spot net met die kwes. Hy loop ook mooi.

Groetnis
SJ
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Hein M. »

Francois,

Dankie vir die "visuele" info. ;D  Jy laat my meer gerus voel.  Ek het net die "bottersag" info in 'n ou Magnum tydskrif gelees en dit is nie 'n subjektiewe mening nie...

Die ander ouens,

Moenie alle Musgrave aksies onder dieselfde kam skeer nie.

Soos wat dit vir my lyk, hoef die SB-aksie nie -in elk geval - 'n aks terug te staan vir die andere nie ;D  Rattel of te not...

JB,

HOE MOET EK NOU VOEL?  OP DIE GEWEER STAAN "MUSGRAVE"!!!  SE JY DIS SWAK KWALITEIT? 
EK SKRYF IN JOU SPESIALE SKRIF SODAT JY DIT BETER KAN LEES!!! ;D

Maak net 'n grap!  Daai Spaanse aksies is seker nie dieselfde kwaliteit as die "RSA" nie, maar dit sal die ding doen. 

Dankie vir die sinvolle terugvoering.  Ek leer.

Hein M.
Last edited by Hein M. on Mon Sep 27, 2010 9:53 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by JACQUES BOTHA »

Hein.
Ek sal nooit se n musgrave aksie is swak nie, Ek sal wel noem dat ek dink die een is pisdruppeltjie beter as die ander.
vb. Mauser aksie is van die betroubaarste en sterkste en beste ens.... maar nie die akkuraatste nie..
OK hy is akkuraat en kan fyn gooi maar as n reel nie die MEES akkuraatste van ALLE aksies nie.
Maar hy is so akkuraat dat die aksie jou nie n bok sal laat mis of jakkals sal laat mis nie. Die moer agter die roer het die meeste foute en nie roere as n reel nie.
En vir alle reels is daar uitsonderings...en dis n reel onthou
Groete
lekker gooi.
Trsut yourself trust your gun ...en die fight is 80% gewen..(vir jou ten minste)
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Musgrave: Wat soort aksie?

Post by Francois Marais »

Hein

Het bietjie gekrap en kyk wat kom ek op af, alles wat ons wou weet oor die aksies.......

http://books.google.com.na/books?id=tuV ... le&f=false

Sien bls 344-345

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply