Bushnell scope wil nie zero
-
the kid
- Sr. Member

- Posts: 283
- Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm
Bushnell scope wil nie zero
Ek het vir my vrou lank terug 'n scope gekoop om eendag op haar jaggeweer te mount. so paar weke terug wet sy toe nou uiteindelik haar lisensie gekry en vandag was die eerste kans wat ons gehad het om by die skietbaan uit tekom.
Die probleem is dat die geweer ongeveer 4 duim links skiet maar die scope is tot sy uiterste toe gestel en kan nie nog oor beweeg nie.
Ek het nou al die mounts geswap, die voorste een agter gesit, ek het hulle ook omgedraai,( laat ek net hier noem dat ek in my lewe nooit weer Warne mounts sal koop nie, wat 'n gesukkel om met die goed te werk) maar niks hy bly links skiet.
Kan mens die scope instuur dat sy kruishaar "reset" word?
Die probleem is dat die geweer ongeveer 4 duim links skiet maar die scope is tot sy uiterste toe gestel en kan nie nog oor beweeg nie.
Ek het nou al die mounts geswap, die voorste een agter gesit, ek het hulle ook omgedraai,( laat ek net hier noem dat ek in my lewe nooit weer Warne mounts sal koop nie, wat 'n gesukkel om met die goed te werk) maar niks hy bly links skiet.
Kan mens die scope instuur dat sy kruishaar "reset" word?
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Dit sal nie die scope wees nie. As jy die mounts geswap het, en hy is nog steeds so, is ek bevrees dat die geweer se mounting skroewe nie in lyn met die loop geboor is nie. Soos ek dit sien, kry die wapen by 'n wapensmit, en laat hy dit oor doen.
Ek het onlangs 'n Warne 20moa rail gekoop wat ook nie true geboor was nie, maar as dit jou fout was, en jy het hulle omgeruil sou die fout na die ander kant toe geswaai het.
Ek het onlangs 'n Warne 20moa rail gekoop wat ook nie true geboor was nie, maar as dit jou fout was, en jy het hulle omgeruil sou die fout na die ander kant toe geswaai het.
Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
the kid
- Sr. Member

- Posts: 283
- Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Dit is "n Savage, Die gate word in die fabriek geboor. Ongelukkig is die mounts NET te laag dat ek een van my ander scopes kan probeer om te sien of dit ook gebeur, al my ander scopes het 50mm voor lense.
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Glo ook nie dis die teleskoop nie? Laat die basise nagaan en kyk of in lyn is? Was die teleskoop "ge-bore sight"?
-
the kid
- Sr. Member

- Posts: 283
- Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Kry hom nie gebore sight nie, hy is te ver uit.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Doen wat Mac vir jou vertel en kyk wat die resultaat is.
Dan weet jy dit is nie die teleskoop nie!!!
Dan weet jy dit is nie die teleskoop nie!!!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Dan is die probleem verseker op die geweer.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Is die ringe gelap en belyning van dit gecheck?
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
As jy die probleem kry want ek is amper seker die monterings is skeef.lapping gaan nie veel help waar dit so ver uit is nie, onthou net om die teleskoop weer te "center"!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Marius
As jy reg lees sal jy sien ek het net gevra of lapping gedoen is asook of die belyning gecheck is.
As jy reg lees sal jy sien ek het net gevra of lapping gedoen is asook of die belyning gecheck is.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Watter model Bushnell is dit? daars n miljuisend fake bushnells in ons land...
-
Chrisjan
Re: Bushnell scope wil nie zero
Hierdie is die beste raad, toets en hou op raai. Ek het aluminum rods gekoop en lyn altyd eers my lynx ringe op voordat ek 'n scope mount. Ek is tot nou tevrede met Warne.Pieter Willem Vorster wrote:Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Toets as en laat weet ons wat die fout was.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Van waar is jy Chrisjan.Chrisjan wrote:Hierdie is die beste raad, toets en hou op raai. Ek het aluminum rods gekoop en lyn altyd eers my lynx ringe op voordat ek 'n scope mount. Ek is tot nou tevrede met Warne.Pieter Willem Vorster wrote:Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Toets as en laat weet ons wat die fout was.
Heinz
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Vergeet om te noem het jare terug ook die probleem gehad op my .22 toe ek alm. ringe op gesit het! Toe ek ordentlike staal ringe gaan koop was probleem op gelos! Warne is veronderstel om baie goeie staal ringe te wees maar duur goed is soms ook foutief!? Warne ringe maak mos bo vas? Miskien chim aan een kant van agterste ring probeer om teleskoop meer regs te skuif? 
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Marius
Wat is die maak van die goeie ringe wat jy gekoop het destyds as ek mag vra?
Warne ringe is vertikaal in die middel verdeel en maak bo sowel as onder vas
As mens shims gebruik om n scope op te lyn is dit n backyard job en nie die regte manier van teleskoop monteer nie.
Groetnis
Monrique
Wat is die maak van die goeie ringe wat jy gekoop het destyds as ek mag vra?
Warne ringe is vertikaal in die middel verdeel en maak bo sowel as onder vas
As mens shims gebruik om n scope op te lyn is dit n backyard job en nie die regte manier van teleskoop monteer nie.
Groetnis
Monrique
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Bushnell scope wil nie zero
Stem saam met jou ! Het lynx op een geweer en thor op ander maar het ook warne detach op nege drie! Het ook my gat af gesukkel met die warnes! Leupold is blykbaar ook goed maar nog nooit probeer! Ek hou ook niks van Warne wat bo vasmaak want jy sukkel om die teleskoop se haarlyn horisontaal te kry! Daar is paar maniere om meer moa te kry as jy verstelbare ringe kan op sit! Die probleem is as die basise nie in lyn is die verskil so klein dat jy nie ander gat kan boor nie op jou geweer nie een mm chim gaan klaar groot verskil maak op so iets!gewoonlik re tap ou die gat groter vir meer speeling. So al wat ou dan kan doen is om rail op te sit wat verstelbaar is maar dan is jou teleskoop bietjie hoer" monteer as die nie gaan pla nie?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Bushnell scope wil nie zero
Piet-Skiet wrote:Vervang jou mounts en ringe met lynx tipe ringe.
Ek het self nog nooit probleme met warne gehad nie. Klink my ook die gate is nie in lyn met loop geboor nie, maar weet darm nie as dit by die fabriek gedoen is nie....
Die lynx ringe kan vir 'windage' gestel word en sal hierdie probleem oplos. Stel net eers weer jou scope terug tot by zero en boresight van daar af...