Bushnell scope wil nie zero

Post Reply
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Bushnell scope wil nie zero

Post by the kid »

Ek het vir my vrou lank terug 'n scope gekoop om eendag op haar jaggeweer te mount. so paar weke terug wet sy toe nou uiteindelik haar lisensie gekry en vandag was die eerste kans wat ons gehad het om by die skietbaan uit tekom.

Die probleem is dat die geweer ongeveer 4 duim links skiet maar die scope is tot sy uiterste toe gestel en kan nie nog oor beweeg nie.

Ek het nou al die mounts geswap, die voorste een agter gesit, ek het hulle ook omgedraai,( laat ek net hier noem dat ek in my lewe nooit weer Warne mounts sal koop nie, wat 'n gesukkel om met die goed te werk) maar niks hy bly links skiet.

Kan mens die scope instuur dat sy kruishaar "reset" word?
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Mac »

Dit sal nie die scope wees nie. As jy die mounts geswap het, en hy is nog steeds so, is ek bevrees dat die geweer se mounting skroewe nie in lyn met die loop geboor is nie. Soos ek dit sien, kry die wapen by 'n wapensmit, en laat hy dit oor doen.

Ek het onlangs 'n Warne 20moa rail gekoop wat ook nie true geboor was nie, maar as dit jou fout was, en jy het hulle omgeruil sou die fout na die ander kant toe geswaai het.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by the kid »

Dit is "n Savage, Die gate word in die fabriek geboor. Ongelukkig is die mounts NET te laag dat ek een van my ander scopes kan probeer om te sien of dit ook gebeur, al my ander scopes het 50mm voor lense.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by mariusr »

Glo ook nie dis die teleskoop nie? Laat die basise nagaan en kyk of in lyn is? Was die teleskoop "ge-bore sight"?
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by the kid »

Kry hom nie gebore sight nie, hy is te ver uit.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by PWV »

Doen wat Mac vir jou vertel en kyk wat die resultaat is.
Dan weet jy dit is nie die teleskoop nie!!!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by mariusr »

Dan is die probleem verseker op die geweer.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Monrique (SJ) »

Is die ringe gelap en belyning van dit gecheck?
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Heinz Petersen »

Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by mariusr »

As jy die probleem kry want ek is amper seker die monterings is skeef.lapping gaan nie veel help waar dit so ver uit is nie, onthou net om die teleskoop weer te "center"!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Monrique (SJ) »

Marius

As jy reg lees sal jy sien ek het net gevra of lapping gedoen is asook of die belyning gecheck is.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by PWV »

Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Johnnie De Wet »

Watter model Bushnell is dit? daars n miljuisend fake bushnells in ons land...
Chrisjan

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Chrisjan »

Pieter Willem Vorster wrote:
Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.
Hierdie is die beste raad, toets en hou op raai. Ek het aluminum rods gekoop en lyn altyd eers my lynx ringe op voordat ek 'n scope mount. Ek is tot nou tevrede met Warne.

Toets as en laat weet ons wat die fout was.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Heinz Petersen »

Chrisjan wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:
Heinz Petersen wrote:Kry vir jou n stuk aluminium pyp van so 850mm lank en 25mm dik wat jy in jou ringe vas maak op jou geweer dan sal jy gou agter kom of jou monterings skeef is.As jy dan agter jou geweer staan kan jy sien of die pyp inlyn is met jou loop.
Hierdie is 'n goeie plan. Ek het ook so 'n pyp en ek kan dadelik sien of die monterings skeef is. En as hy skeef is as gevolg van die feit dat die gate op die geweer skeef geboor is, gaan geen tipe ring dit regstel nie.
Hierdie is die beste raad, toets en hou op raai. Ek het aluminum rods gekoop en lyn altyd eers my lynx ringe op voordat ek 'n scope mount. Ek is tot nou tevrede met Warne.

Toets as en laat weet ons wat die fout was.
Van waar is jy Chrisjan.

Heinz
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by mariusr »

Vergeet om te noem het jare terug ook die probleem gehad op my .22 toe ek alm. ringe op gesit het! Toe ek ordentlike staal ringe gaan koop was probleem op gelos! Warne is veronderstel om baie goeie staal ringe te wees maar duur goed is soms ook foutief!? Warne ringe maak mos bo vas? Miskien chim aan een kant van agterste ring probeer om teleskoop meer regs te skuif? :confused:
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Monrique (SJ) »

Marius

Wat is die maak van die goeie ringe wat jy gekoop het destyds as ek mag vra?
Warne ringe is vertikaal in die middel verdeel en maak bo sowel as onder vas

As mens shims gebruik om n scope op te lyn is dit n backyard job en nie die regte manier van teleskoop monteer nie.

Groetnis
Monrique
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by mariusr »

Stem saam met jou ! Het lynx op een geweer en thor op ander maar het ook warne detach op nege drie! Het ook my gat af gesukkel met die warnes! Leupold is blykbaar ook goed maar nog nooit probeer! Ek hou ook niks van Warne wat bo vasmaak want jy sukkel om die teleskoop se haarlyn horisontaal te kry! Daar is paar maniere om meer moa te kry as jy verstelbare ringe kan op sit! Die probleem is as die basise nie in lyn is die verskil so klein dat jy nie ander gat kan boor nie op jou geweer nie een mm chim gaan klaar groot verskil maak op so iets!gewoonlik re tap ou die gat groter vir meer speeling. So al wat ou dan kan doen is om rail op te sit wat verstelbaar is maar dan is jou teleskoop bietjie hoer" monteer as die nie gaan pla nie?
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Bushnell scope wil nie zero

Post by Hein22 »

Piet-Skiet wrote:Vervang jou mounts en ringe met lynx tipe ringe.

Ek het self nog nooit probleme met warne gehad nie. Klink my ook die gate is nie in lyn met loop geboor nie, maar weet darm nie as dit by die fabriek gedoen is nie....

Die lynx ringe kan vir 'windage' gestel word en sal hierdie probleem oplos. Stel net eers weer jou scope terug tot by zero en boresight van daar af...
Post Reply