Ek is deur 'n paar goeie maters gevra om saam te kom op 'n jag as back-up skut. Die een man wou graag ' gemsbok skiet maar is nie werklik 'n gereelde jagter nie en was op sy senuwees gewees. Ek help mos maar graag in sulke situasies
So breek die tyd toe aan en ek en die gemsbok jagter is toe agter die gemsies aan. Na nie te lank se gestap nie kom ons op die adres van 'n lekker vleis gemsbok bul af en besluit om vir hom te gaan kuier. Die plaas is uiters bergagtig en om saggies te loop was werklik baie moeilik. Dit is ook die rede hoekom die bul ons nie 'n kans gegee het nie en soos iets wat op gelyk grond hardloop tussen die swarthakke verdwyn. Ons sit so toe vir 'n tydjie om taktiek uit te werk en begin om weer aan 'n stalk te werk. Ons het net teen die randjie waar die bul verdwyn het uit geloop toe staan die man daar, in al sy glorie. Ek sak af teen die spoed wat 'n bok val wat 'n kopskoot toegedien is en gelukkig volg my mede jagter my slaafs na. Ek slaan sy .270 se bipod vir hom uit en hy lê aan. Die bul is ongeveer 120 m van ons af en Thinus laat my weet dat hy reg is om te skiet. Ek loer oor die rand en sien dat die bul ons sien en stip vir ons kyk, met net sy kop wat oor die vaalbosse vir ons loer. Die skoot klap en die bok val. Ek spring regop en hardloop nader want kopskote op gemsbokke wat tydens die skoot val het die geneigthei om gesond te raak. Toe ek so 50m van die bul af is kom hy orent en die 300 gelaai met 168gr nosler custom competition bederf hom met 'n oordosis lood teen 2900ft/s in die agterkop, hoofstuk afgehandel. Jammer maar die foto sal net kritiek uitlok op die forum.
Nadat die bul gelaai is besluit ek om die 300 te veruil vir my 22-250 en die pad na die plaas huis toe aan te durf met die roer om te kyk vir 'n mooi rooibok ram of 'n blesbok indie die rooibokke my uit oorlê.
Na 'n goeie lopie oor die kliprante en menigte vasloop sessies in die swarthakke sien ek die blesbokke op 250m. Ek pak toe die stalk aan. Kry die wind reg van agter ( alhoewel daar byna geen wind gewaai het nie) en die son was op die stadium amper reg van bo, skiet gebedjie, en daar gaan ek. Ek sien die bokke beweeg van links na regs ek ek gaan maak my gemaklik teen die stam van 'n jong doringboom. Als lyk of dit perfek gaan uitwerk en die bokke loop so teen 170m voor my visier verby. Ek sien 'n enorme groot blesbok uitloop en begin vir hom fluit eers sag, toe harder en later het ek leterlik op hom geskreeu maar niks. Hy loop soos iets wat bedwelemd is. Teleurgesteld kyk ek die ander bokke deur wat verbykom en waarlik daar kom 'n ram uit wat my kans gee. Ek sien die bok het mooi horings maar sy lyf is sommer baie kleiner as die een wat ek in die oog gehad het. Deur die Zeiss sien ek mooi hoe sy neusgate plat gedruk word toe hy vir my snork en ek besluit dis nou of nooit. Die 50gr Ammocill tref hom in die regter oog teen 3950ft/s en die bok slaan neer. Ek stap nader en sny gou sy keel vir die uitbloei slag. Toe die boer die bok kom laai noem hy dit dat ons hom dalk moet meet. So gedoen en die horings meet onderskeidelik 17.75 en die ander net oor die 18 duim. Karkas sonder vel 42kg na twee dae in die koelkamer.
Ek sukkel effe met die laai van die foto en sal waardeer indien iemand dit vir my kan plaas.
Groetnis,
Frikkie
