Blesbok vir vleis

Post Reply
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Naand manne,

Ek is deur 'n paar goeie maters gevra om saam te kom op 'n jag as back-up skut. Die een man wou graag ' gemsbok skiet maar is nie werklik 'n gereelde jagter nie en was op sy senuwees gewees. Ek help mos maar graag in sulke situasies ;D Die plaas in net buite Hartswater geleë.

So breek die tyd toe aan en ek en die gemsbok jagter is toe agter die gemsies aan. Na nie te lank se gestap nie kom ons op die adres van 'n lekker vleis gemsbok bul af en besluit om vir hom te gaan kuier. Die plaas is uiters bergagtig en om saggies te loop was werklik baie moeilik. Dit is ook die rede hoekom die bul ons nie 'n kans gegee het nie en soos iets wat op gelyk grond hardloop tussen die swarthakke verdwyn. Ons sit so toe vir 'n tydjie om taktiek uit te werk en begin om weer aan 'n stalk te werk. Ons het net teen die randjie waar die bul verdwyn het uit geloop toe staan die man daar, in al sy glorie. Ek sak af teen die spoed wat 'n bok val wat 'n kopskoot toegedien is en gelukkig volg my mede jagter my slaafs na. Ek slaan sy .270 se bipod vir hom uit en hy lê aan. Die bul is ongeveer 120 m van ons af en Thinus laat my weet dat hy reg is om te skiet. Ek loer oor die rand en sien dat die bul ons sien en stip vir ons kyk, met net sy kop wat oor die vaalbosse vir ons loer. Die skoot klap en die bok val. Ek spring regop en hardloop nader want kopskote op gemsbokke wat tydens die skoot val het die geneigthei om gesond te raak. Toe ek so 50m van die bul af is kom hy orent en die 300 gelaai met 168gr nosler custom competition bederf hom met 'n oordosis lood teen 2900ft/s in die agterkop, hoofstuk afgehandel. Jammer maar die foto sal net kritiek uitlok op die forum.

Nadat die bul gelaai is besluit ek om die 300 te veruil vir my 22-250 en die pad na die plaas huis toe aan te durf met die roer om te kyk vir 'n mooi rooibok ram of 'n blesbok indie die rooibokke my uit oorlê.

Na 'n goeie lopie oor die kliprante en menigte vasloop sessies in die swarthakke sien ek die blesbokke op 250m. Ek pak toe die stalk aan. Kry die wind reg van agter ( alhoewel daar byna geen wind gewaai het nie) en die son was op die stadium amper reg van bo, skiet gebedjie, en daar gaan ek. Ek sien die bokke beweeg van links na regs ek ek gaan maak my gemaklik teen die stam van 'n jong doringboom. Als lyk of dit perfek gaan uitwerk en die bokke loop so teen 170m voor my visier verby. Ek sien 'n enorme groot blesbok uitloop en begin vir hom fluit eers sag, toe harder en later het ek leterlik op hom geskreeu maar niks. Hy loop soos iets wat bedwelemd is. Teleurgesteld kyk ek die ander bokke deur wat verbykom en waarlik daar kom 'n ram uit wat my kans gee. Ek sien die bok het mooi horings maar sy lyf is sommer baie kleiner as die een wat ek in die oog gehad het. Deur die Zeiss sien ek mooi hoe sy neusgate plat gedruk word toe hy vir my snork en ek besluit dis nou of nooit. Die 50gr Ammocill tref hom in die regter oog teen 3950ft/s en die bok slaan neer. Ek stap nader en sny gou sy keel vir die uitbloei slag. Toe die boer die bok kom laai noem hy dit dat ons hom dalk moet meet. So gedoen en die horings meet onderskeidelik 17.75 en die ander net oor die 18 duim. Karkas sonder vel 42kg na twee dae in die koelkamer.

Ek sukkel effe met die laai van die foto en sal waardeer indien iemand dit vir my kan plaas.

Groetnis,
Frikkie
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkiedbr »

Hier is die foto Frikkie
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/IMG-20130720-00558_zps1ace3719.jpg
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Daar help die een Frik die ander een!

Baie dankie Frikkie!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by BRNO (Pierre) »

Frikkie, daai is sommer n spogram! Lekker saam met jou en daai vriend ook aan die gemsbok gejag. Soos jy se, daai kopskote kan vinnig gesond word. Ek het self ook een jaar agter n man se bok bietjie uithelp, na die hoofpyn skielik verdwyn het.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkiedbr »

Plesier Frik, mooi dag Frik ++>:
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Jakkie07 »

baie mooi ram daardie Geluk
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Baie dankie Jakkie, ek het juis die naweek sy horings gaan ingee vir scull mount, hoop maar dit kom mooi uit.

Weet iemand dalk wat is die proses wat 'n man moet volg om die bok by RW te registreer? Ek neem aan 'n geakrediteerde taksiderme of iemand soortgelyk sal die mates moet neem en aan hulle deurstuur? en SCI? sy bassise is ook net so oor die 8duim.

Groetnis,
Frikkie
stan man

Re: Blesbok vir vleis

Post by stan man »

moii gedoen frikkie.
en dankie vir die storie. dit is altyd lekker om die ander manne se stories te lees.
User avatar
Jakkie07
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Jakkie07 »

Frikkie soos ek verstaan moet die Horings vir 30dae of iets staan vir krimp.
My Blesbok gaan uit RW krimp.
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Ja nee, ek sal myne maar seker eers laat meet as hy van die taksiderme af terugkom, hopelik sal hy nie 2duim krimp nie!

jammer om van jou krimper te hoor! nou het jy darm 'n verskoning om nog een te gaan skiet!! reg die pes met die winch!!

Groetnis,
Frikkie
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Johan22 »

Baie mooi vertel en geskiet lekker om na 'n storie te lees en self jou indink wat jy gaan doen as dit jy was wat moes skiet.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 700
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Jaco vdW »

Wel gedaan Frikkie!

Dis baie lekker om n storie te lees van ouens wat oordentelik te voet jag.

Om jou bok in Rowland Ward in te skryf moet die horings na n 30 dae droogperiode deur n amptelike meter gemeet word. Hy vul dan al jou detail op n vorm in wat saam met die betaling aan Rowland Ward gestuur word. Interessant, jy mag nie geld gevra word deur die meter om jou trofee te meet nie, dis slegs die inskrywingsfooi wat jy betaal direk aan RW. Jy kan agter in die RW of op hulle website n lys kry van al die amptelike meters in die land. Ek is seker daar sal n paar naby jou wees.

Groete
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Blesbok vir vleis

Post by Riaan Beeslaar »

Baie mooi frikkie

Groete
Riaan
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Middag manne,
Ek het sopas my mates van die taksidermie af terug gekry vir my blesbok en hy meet droog soos volg:
Links 18 duim
Regs 18,25 duim
Basise 6 en vyf agstes
Tip to tip 7 duim
SCI score 49

Groetnis,
Frikkie
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Jake1 »

Mooi man, geluk! RW is 16 1/2 en rekord is 20 5/8, voorwaar 'n mooi trofee.

J1
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Dankie Jake!
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Johnnie De Wet »

Goed gedoen Frikkie.
Wat kos dit om n bok te lys op RW?
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by douw »

Frikkie die Rot wrote:Daar help die een Frik die ander een!

Baie dankie Frikkie!
Hoe sê hulle : Een Frik was die ander! ;D ;D


Op 'n ernstige noot, baie mooi geskiet en lekker storie vertel

Groete
Douw
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Blesbok vir vleis

Post by Frikkie die Rot »

Naand johnny,

Dit kos R100 per inskrywing.

Groetnis,
Frikkie
Post Reply