nou is ek Raadop!!!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Naand mense.

Ek het vir my 'n jag geboek Deur Karoo Bush hunt by Jas. Die jag is bevestig vir 17 Julie 2013 en die deposito al in Februarie betaal. Heel opgewonde ry ons na die plaas. kom daar voor dooiemans deur. Na 'n rukkie kom daar 'n aangename man na die hek toe. Ons groet en ek vra is jy Jas en hy kyk my aan met vraagtekens in die oë. nee Ek is Kallie (Karel) En ons is al die derde persoon wat weg gewys was van die plaas af (dit is die regte plaas waar ons was, Jas is net 'n paar maande voor ons daar kom weggejaag daar.) Ek maak kontak met Jas. Hy se hy het 14:00 probeer kontak maak ('n epos) nou vra die Jas vir my verskoning, die eienaar van die plaas waar hy jag is ongelukkig oorlede. Nou het ons die trippie van Albertinia Beufort-wes toe verniet gery. Gelukkig was daar 'n plekkie by die einste plaas waar Jas weggejaag is 'n plek vir ons om te jag en ons vat die toe. Daar skiet ek my kota van drie bokke na n redelike moeilike jag(die laaste dag het ek 23km gestap van 07:45 tot 14:00) dit vir 'n totaal van 32kg se bok (springbokke en takbok).

Ek het maar net my kop geskud met die grootte van die wild daar na ek verseker is die bokke se karkas gewig le tussen 18 en 23 kg daar.
Nou na die jag wil ek my deposito terugkry. Ek het al vir Jas gebel en tientalle eposse gestuur. Hy het nog nie op een epos teruggekom na my nie, buiten die van die jag besprekings waarop hy spoeddig laat weet het nie.

Hy se wel oor 'n telefoniese gesprek dat ek moet net by hom kom jag (nog meer geld uit my suig?).

Die ou klink heel nice, maar bo blink en onder stink!

Hy jag tans op 'n plaas by Stilbaai. Ek is nie doodseker waar nie.

Ek wil ook net keer dat sulke STR9ND nie met iemand anders gebeur nie. As dit gebeur het op my eerste jag het ek al my goed verkoop en die Groenies gaan help.

Wat moet ek doen om my deposito terug te kry? Wil nie graag regsdiens gebruik nie, sal seker later al uitweg wees.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by vossie1 »

Is die Jas deel van ons forum,ek is al gatvol vir sulke mense en scams!!! Hou op nice probeer wees en kry Regshulp. As hy nie jou oproepe antwoord nie wil hy nie jou deposito terug gee nie,en vind uit of hy miskien n PH is of by n jag organisasie behoort en gee hom aan dat hulle wat ookal status hy het kan wegvat. Hoop jy kom reg.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Cobus(Cobb) »

...Nee manne, ek glo nie dit is Jassie hier van die forum nie....hy bly in PTA en het 'n plaas op Prieska...

Jassie...kom in...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by vossie1 »

Ek hoop ook nie dis een van ons forum lede nie,dit sal regtig swak wees.
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Hardyman »

More Alec,

Jammer om van julle ondervinding te hoor. Ek het in Julie ook by Jas gejag en moet se ek het weer n baie aangename ondervinding gehad.

Groete

Hardus
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Hoor net om iets op te klaar dit is NIE Jas op die forum nie die ou is van Stilbaai en Forum Jas is van PTA.

Allis wat ek gehoor het van Die jagplek was ongelooflik en daarom het ek my jag daar geboek.

Jas Op Jaracal(Jassie) ek jou PM gestuur maar dit le in die outbox so PM my jou nommer dan bel ek vir jou
User avatar
Hardyman
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Mon Sep 17, 2012 11:42 am

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Hardyman »

Dis reg Alec dis nie Jassie op die forum nie. Ek het by Jas op Beaufort Wes gejag.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

En dis die jas van Beaufort Wes wat nou in Stilbaai jag en my diposito nie wil terugbetaal nie.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Beretta »

Sit jas se email op dat ons hom so boodskap of twee kan stuur.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Carl »

Alec,
Ek het ook epos van hulle ontvang. Is die dieselfde kontak besonderde vir JAS of is dit die plaas s'n?
http://www.karoobush.co.za/contact/deta ... ct-us.html Sien hy of die plaas het konneksie met Stilbaai.

Die ou was hier om te adverteer ek kannie onthou onder watter naam nie - dalk Karoobush.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by VdWalt »

Lyk my ek is verkeerd sorry!
Last edited by VdWalt on Mon Sep 16, 2013 12:59 pm, edited 2 times in total.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Carl en Geno julle is spot on! letjiesbos@gmail.com dis sy epos adres.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Geno »

Sien dis nogal 'n forumlid.

Een van daai adverteer-en-voetsek lede wat net ads plaas en dan weer duck.
Hier is sy profiel: http://www.jaracal.com/memberlist.php?m ... ile&u=4937
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

VdWalt dis nie Jassie op die forum nie! ek het seker gemaak toe ek noudiedag een van sy posts gelees het. Jassie is baie ver van die plek waar Jas Jag. Ek verstaan die storie maak mens heel deurmekaar!
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by junglejulian »

ek weet niks van die man af nie maar die fotogallery het van die swakste fotos op wat ek in n lank tyd gesien het.onnodige bloed,bakkies in fotos,skaduwees ens.as jy fotos wil opsit moet dit mens lusmaak vie jag.enigste mooi fotos is die van die lewedige wild.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by 375fanatic »

ek sal n jag boek 3 trofees gaan skiet en dan 8maande oor die prys argumenteer as hy jou ooit hom sal laat uitkom ?

jou geld loop mos maandeliks rente
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by DawieKotze »

As dit dieselfde Jas is, is sy nuwe webwerf nog onder konstruksie. Hy het my genooi om die somer in Stilbaai se omgewing te gaan jag.

http://www.coastalhunt.com/

Jammer om te hoor van jou probleme! Oor die foon klink Jas na 'n baie vriendelike man. Hoop hy lees hier en sort die probleem gou gou uit.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Madako dis baie waar en dit IS die selfde persoon. Hy klink heel aangenaam oor die telefoon, maar het by hele paar mense gehoor wat hy doen. Blykbaar (ek weet nie hoe waar dit is nie het dit gehoor by 'n plaas eienaar) Het Hy al iets soos 30 hofsake teen hom. en Die boer het gese ek moet maar my geld afskryf. Ek voel werklik Magteloos.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Stefan764 »

Sy ____ sal draai moenie worry nie...

Hoop jy kom reg ou vrind.... Mens dink jy werk met wit Afrikaanse boeremense.... As ons jong manne vandag sulke goed lees dan kan ons sien dat daar n ding soos n Henshopper was 110 jaar gelede.... Maak man warm onder die kraag.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by Jake1 »

Ek edit hierdie post Alec om my reg op privaatheid te beskerm, jy weet wat daar gestaan het. Sorry ek moes dit edit om persoonlike redes.

J1
Last edited by Jake1 on Mon Sep 16, 2013 11:13 pm, edited 2 times in total.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Baie dankie J1 Sal nie nee se nie het jou ge PM.
Last edited by alecjohnson on Mon Sep 16, 2013 4:49 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by PWV »

Dit is so wonderlik van hierdie forum. Ons kan stry oor goeters en soms warm onder die kraag raak. Maar as een in die moeilikheid is, is alle verskille vergete en staan ons saam. As gebede versoek word, bid ons saam. As iemand hulp nodig het (soos Alec nou) is daar iemand wat inspring!
Dit is net wonderlik!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3950
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by tau »

>:D
Last edited by tau on Tue Sep 17, 2013 11:43 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by F.L.A.S.H »

It is instances like this that make me a proud jaracal forum supporter.

Hats of to you jake, thank you for instilling some confidence back in humanity

a bells to you

Dave
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: nou is ek Raadop!!!

Post by alecjohnson »

Ja baie waar oom PW. nou het ek ook weer 'n bitjie moed gekry.



BAIE DANKIE AAN AL DIE MENSE WAT GELEES EN PROBEER HELP HET!
Post Reply