NIE DRAGTIGE TEWE

Post Reply
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

NIE DRAGTIGE TEWE

Post by sakkievanheerden »

HALLO ALMAL.
Ek het net gewonder,ons het Maandag n 6-7 jaar oue teef hier in Tarkastad op ons plaas in ysrer gevang en sy was nie dragtig.So 3 weke terug 2 tewe met chopper geskiet,1 was 2-3 en ander was 5-6 jaar oud en ook nie dragtig nie.So maand terug was ek gelukkig om met middagroep n stel te skiet,daai teef was so 4-5 jaar oud en ook geen tekken van dragtigheid nie.Al  die tewe was op 4 verskulende plase almal in Tarkastad distruk.
Is ons net gelukkig dat tewe nie gevat het nie of sou hulle later eers vat?Dalk het hulle slengdal onder lede gehad.





                                                                                                                                                                                   
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by Piet Breedt »

Sakkie, klink vir my eerder of die reuns daar by julle nie slenkdal, maar windbal onderlede het...he...he...he
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by Monrique (SJ) »

Of dalk geen bal. Hahaha. Groetnis SJ
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by sakkievanheerden »

Hallo Piet.                                                                                                                                                                         
Ek hoop dis die geval dat hulle windballe het dan kan ons met hulle begin teel.Sal nie sleg wees om jakkies se vrugbaarheid n knak te gee nie.
Groete
Sakkie.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by 243Songdaug »

Piet.

Net so 'n hou hier uit die heup uit - ek kom nou terug uit Nam uit en dit was vir my opmerklik hoe min Springbok ooie ek hierdie jaar geskien en geskiet het wat dragtig was - verlede jaar en ook in 2008 het kon ek teen begin Julie reeds met die blote oog die dragtige ooie identifiseer.

Miskien sien die natuurlewe iets wat ons nog moet uitvind?

Ek het vroeg in die jaar - teen einde April al gerapporteer van dragtige Jakkalstewe wat ons geskiet het - iets is nie reg nie - die ritme van die diere is deurmekaar om een of ander rede.

Goed gaan.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by Chris101 »

Sakkie

Ek was ook nog nie so gelukkig om n dragtige teef te skiet nie.
Ek aanvaar omdat ons ooie vanjaar baie later lam gaan die jakkies ook
heelwat later kleintjies he .Reken iets met die natuur uit te waai.
Hulle sal defintief nog dragtig word dit belowe ek jou.
Dit is net die helpertjie wat oorslaan.
Knou die gediertes AF.
sakkievanheerden
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Wed Jul 14, 2010 8:16 pm

Re: NIE DRAGTIGE TEWE

Post by sakkievanheerden »

Chris101
Ek sal hulle mooi dophou as ek weer tewe aan die hande kry.My buurman Japie van Gend het ook begin van week teef geskiet wat ook droog was,hy kon ongelukkig nie die reun kry wat saam ingekom het nie.Freddie het laas week teef geskiet wat aan heel begin van dragtigheid was.So jy reken tewe gaan later kleintjies kry die jaar?Ek het saam met Pieter du Plessis springbokke geoes saterdagaand en die ooie was al ver dragtig hier by ons wat vir my goeie teken is.
Groete
Sakkie.
Post Reply