Counter Sniper Telaskope

Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Counter Sniper Telaskope

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek weet nie of julle al van hierdie teleskope gehoor het nie maar dit lyk of dit dalk die top produk kan wees vir lang afstand skiet. Ek het hierdie produk nou vir die tweede keer raakgelees in n nuwe publikasie genaamd Gun Africa.

Hier is so paar stats volgens die advertensie wat geplaas is deur City Guns die invoerder vir hulle in Suid Afrika.
1) Unconditionally warrented for life.
2) Costs up to $7000 dollars.
3) Hulle topmodel is n 4-48x70. Ander modelle wat ek kan sien is 1-8 zoom, 1-12 zoom, 2-16 zoom, 3-25 zoom, 10-40 zoom ens.
4) Impact resistance up to 5000 times the force of gravity.
5) Up to 35mm Centeretubes.
6) 45 MOA minimum up to 240 MOA verstellings.

En nog hopeloos te veel om te noem. Enige van julle al bietjie raak gelees oor die menere? Gaan nie vra of een van julle so iets het nie! ;) Voorwaar iets interessant.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Kalahari »

Wouter

Nog nie raakgelees nie, jy nie dalk 'n skakel na een van die sites nie asb?
Man, dit is lekker om te droom oor die scopes en te sit en kwyl. :P
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Marc »

Wout

Jy is nie ernstig nie, doen bietjie eers huiswerk. Geen Militere of Veiligheids instansie gebruik hulle produk nie, hulle hele advertensie veldtog is 'n klug.

Loer hier vir die minder ernstige review deur gesiene manne  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

http://www.youtube.com/watch?v=bVW5-F242Yo

Tog Google ander forums, nie baie manne is te vinde hiervoor  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Beyers »

11 - 1 - 11 VAN DIE WILDE HOND

BLY WEG DIS GEMORS

MOENIE KOOP NIE

PASOP DIS GROOT BOL TJOL

JY MORS JOU TYD
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Beyers »

User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by DawieKotze »

Beyers wrote: 11 - 1 - 11 VAN DIE WILDE HOND

BLY WEG DIS GEMORS

MOENIE KOOP NIE

PASOP DIS GROOT BOL TJOL

JY MORS JOU TYD
;D ;D ;D

Dit klink vir my asof Beyers nie baie van hierdie scopes hou nie!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Beyers »

Wens ek kon die letters groter kry
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Marc »

Beyers wrote: 11 - 1 - 11 VAN DIE WILDE HOND

BLY WEG DIS GEMORS

MOENIE KOOP NIE

PASOP DIS GROOT BOL TJOL

JY MORS JOU TYD
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
immelmanw

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by immelmanw »

Marc wrote:
Beyers wrote: 11 - 1 - 11 VAN DIE WILDE HOND

BLY WEG DIS GEMORS

MOENIE KOOP NIE

PASOP DIS GROOT BOL TJOL

JY MORS JOU TYD
Na ek die yuotube clip gekk het lyk dit vir my meer na as na gemors!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Beyers »

Dankie
immelmanw

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by immelmanw »

Beyers wrote: Dankie
Iemand het die woord kakkkk uitgehaal.
Ek se weer, na die youtube clip lyk dit meer na kikkkkk as na gemors!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Beyers »

My werdervaring met COUNTER SNIPER
Ockie Matthee kontak my oor die scope. Ek lees die vervaardigers/ verspreiders se website -  dit lyk baie goed. Ek is af Kaap toe en gaan kyk by die manne daar in die middestad na die scope. Glas lyk nie te sleg nie. Met die moerse vergroting kan ek nie kyk sonder om oor 'n vaste rus te kyk nie. Maar probeer tog maar daar in die straat op en af. Lyk nog steeds goed.

Vader sy dank se ek vir die verkoopsman ek wil my geld terug he as die scope nie doen wat ek wil he nie.
Ockie betaal die geld in en die scope is na so drie dae afgelewer by hom. Diens is tot dusver eerste klas.
Ockie soos 'n goeie gebruiker betaam lees die instruksies en begin in teendeel dit opswot. Die scope kan blykbaar tot lees wat more gaan gebeur so is die strepe en goete in die reticle.

Ockie maak by my 'n draai en ons lap die ringe, monteer die scope, laser zero hom en fort skietbaan toe. Sit teikens op 100m 200m en 300m (verkoopsman waarborg on sal .308 gate op 300m kan sien met die scope) Eerste skoot op 100m 2,5" hoog en 1,5" regs. 

Volgens die instruksies en wonderlike beloftes moet die scope nou mos die sakie kan uitsorteer, so stel 12 kliks links en 20 kliks af 1/8 MOA per klik. - probleem 1 die kliks kan ek nie voel nie never mind hoor nie. Maar stel maar op strepies. Druk die skoot skiet gelukkig die teiken raak 3" laag en 2" links. Stel alles terug na zero en skiet skoot 1/2" laag en 2,5"links.

Raak effens warm onder kraag. Skiet skoot na 300m teiken en stel die vergroting na maks - wil nou gat op 300m sien. Ek belowe 'n plastic melkbottel is meer duidelik. Speel so bietjie met die vergroting en probeer beeld duidelik kyk. Hier by 16 vergroting kan jy darem sien dat die teiken op 300m 'n springbok is.

Haal dadelik die scope en ringe daar in die veld af- sit die ou 8x56 Lynx op bore sight sommer deur die loop en skiet 3 gate sonder enige moete onder 'n duim op 100m.

My Nikko Stirling nite eater 4-16X50 is 'n baie beter scope en ek haat daai Nikko Stirling.

Die verdere sports was om daai geld terug te kry uit die handelaar.

Ockie het nou 'n NF 8-32x56 met NP1 recticle op sy geweer, hy kan die gate op 300m sien, hy stel grrr grrr op en af en die terug en die gate skuif soos dit moet. Hy kan jakke in die
nag skiet.

Die kern van die saak is as jy goed wil skiet kry goeie, jammer die beste wat jy kan bekostig.
Hier eindig die preek.
immelmanw

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by immelmanw »

Beyers wrote: My werdervaring met COUNTER SNIPER

Soos die Amerikaanse predikers se: "Amen Brother"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Eugene »

Beyers wrote: Ek belowe 'n plastic melkbottel is meer duidelik. Speel so bietjie met die vergroting en probeer beeld duidelik kyk. Hier by 16 vergroting kan jy darem sien dat die teiken op 300m 'n springbok is.
;D ;D ;D
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Wouter Roets »

Marc wrote: Wout

Jy is nie ernstig nie, doen bietjie eers huiswerk. Geen Militere of Veiligheids instansie gebruik hulle produk nie, hulle hele advertensie veldtog is 'n klug.
Manne dankie vir julle terugvoer. Ek self het geensins daarin belang gestel om te koop nie, was maar net impressed met die stats in vergelyking met wat ek ken. Wys maar net weer dat jy nie altyd kry waarvoor jy dink jy betaal nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by JTM »

Dit lyk of iemand 'n boks China scope parte bymekaar gegooi en geskud het, omgedop het en toe val 'n Countersniper scope uit. R12000 vir n 4-48 is belaglik. Koop eerder n Zos vir R2500 dan kry jy dieselfde glas. En performance teen die prys wat dit werd is.
Jannie Welman
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Swys14 »

kan steeds nie glo dat sekere geweer winkels die gemors op hulle rakke het nie...
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by mariusr »

Ja bly weg van die snaakse name geen kans dat hulle ooit of sal die bekkende name sal oortref!!
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by Swys14 »

al wat my suur gemaak het is dat daar soveel "geraas" gemaak was oor die scopes...dubbel bladsy advertensies in sekere geweer tydskrifte ens...en hulle gebruik die woord millitary sonder om te bloos...ek twyfel BAIE sterk of enige army snipers daai goed sal gebruik. Mens betaal maar vir gehalte, lees...SB PM2, Zeiss/Hensoldt, US Optics, March, NF.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Counter Sniper Telaskope

Post by JTM »

Enigste ander mense wat ek hoor mal gaan oor die scopes was die span van die Sons of Guns tv reeks. In die episode wat hulle die AK Sniper Rifle gebou het , het hulle so scope opgesit. Toe dink ek maar so in my enigheid of die span dan regtig weet wat hulle doen. Tensy hulle dalk die scopes daar spot goedkoop kry en nie die belaglike pryse hoef te betaal soos ons nie.
Jannie Welman
Post Reply