knaldempers

Post Reply
Danie Lombard .243

Re: knaldempers

Post by Danie Lombard .243 »

Hey Wismit.

Jy kan sommer trots wees op daai 8 jarige knaap van jou wat so lekker klein groepe gooi. 'n Ware skut. Hy het dit. Mooi man.
As ek 'n jakkie is sal ek mooi loop op nie voor klein Wismit se roer baland nie.

Danie
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: knaldempers

Post by mossie »

Dagse almal
Skiet onlangs gemsies in Boshof met my 300 waarop n terminator KD diens doen. Toe die skoot klap kyk die boer verbaas na my en swets. " Hoekom f****&&%%* skiet jy met n .22?" Ek dink dit se baie van n Terminator KD.

Dankie

MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: knaldempers

Post by Janjak »

Ek het so rukkie terug n Terminator vir iemand laat opsit op n 7x57.
n Maat van hom het toe net sy amper R4000 se k/demper laat opsit en hulle hou toe so onafhanklike toets gedoen met n paar bystanders wat handgee en luister. Die Terminator is toe stilste en die 7x57 groep toe ook sommer baie mooi.

Nodeloos om te se, daai duur demper is in die mark en die nuwe Terminator het gister hier aangeland.

Ek het amper n jaar gevat om my 300 n demper op te sit en het toe maar so 2 weke terug vasgebyt en vir Clarence gebel. Sal dit vir almal aanbeveel, my 300 skiet nou baaaaaie stiller en skop seker die helfte. Eerste groep wat ek geskiet het was so 12mm.

So van die os op die jas, terwyl die oom my loop sny vir die skroefdraad wys hy my hoe druk die draaibank die loop na een kant toe. Ek glo ook dat die demper n mate van buig moet uitoefen op n loop en daai loop is darrem so 19mm op die punt wat redelik duk is.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: knaldempers

Post by Piet Breedt »

Ek het nie geweet Clerence se forum naam is Terminator nie, maar kan sy KD's met vrymoedigheid aanbeveel. Ek het myne wat op my .22 250 is in BFN by die SA Ope gewen so 4 jaar terug, maar was te sentimenteel om groefdraad op n loop te laat sny. Na my eerste jakkals skiet sessie het ons 17 geskiet in een aand, en het ek besluit dat die KD maar moet op. Ek is nou baie spyt dat ek dit nie lankal gedoen het nie. My .22 250 skiet nou nog beter, en boonop is dit n plesier om met hom te skiet.

Kyk elders op hierdie forum hoe hy nou groepeer.  Dankie Terminator, jy mag maar!!!
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Sluit ook maar aan wat van Clarence se KD's ges? word. Het darem na gesukkel een op Slingervel en kon 2skote hierdie week oor langafstande na jakkalse suksesvol gooi. Sondagaand jakkals op 360m gskiet en Maandagaand een op 348meter. Die 1ste skoot het Johan(op die forum) as getuie gehad en 2de een was Edgar Kingwill(Middelburg en Cradock manne sal hom ken) die getuie.

Ek is nogal trots om sulke skote suksesvol te kan skiet en nog die jakkals te kan sien val, 'n teken van goeie silencer.

Dankie Clarence
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: knaldempers

Post by Freddie101 »

tafjak wrote: Sondagaand jakkals op 360m gskiet en Maandagaand een op 348meter.
APPELS
yol bolsun
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Freddie

APPELS se jy... ek sal se "OU HINGS"

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: knaldempers

Post by Louis102 »

Of wat van:  ... AITSA !!! ...

Bespeur ek so subtiele stukkie windgatterigheid...!?  Tafjak komende van jou, weet ek dis die reine waarheid en beslis die tipe skote om oor baie trots te wees.  Terminator of te nie, ons gewone sterflinge droom mag nog net oor daardie klas van houe.

Mooigegooi
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Louis

Ja. ek  moes so bietjie br?k. Wat die "br?k" nog meer lekker maak is die feit dat die 2jakkalse in "Sper gebied" geskiet is. Hierdie gebied is nogal in die Agtersneeuberg wat baie bekend is dat jakkalse nie daar geroep word nie. Genoeg opleidings uitrusting soos: Foxpro's, Alan stoele en mooi jagbakkies.

Kyk die "Wolramme" soos Marlow se leerders bekend staan, kan nogal 'n jakkals netjies oplei.

Mooileer
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Ek het self vandag uiteindelik my Teminator kon opskroef. Ek het hom so maand terug aan gaan haal. Ek het 'n GSM ( dink dit is reg gespel ) op 'n ander geweer. Onnodig om te vertel maar ek bestel teen Maandag nog een by Clarence. My eerste skoot het ek gedink was 'n "misfire", sien net die sparks en hoor so metaalgeluid, dit was al.

Dankie Clarence, jy mag maar. Maak maar solank 'n .222 s'n met 12mm skroefdraad.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: knaldempers

Post by Skolla »

Louis102 wrote: Bespeur ek so subtiele stukkie windgatterigheid...!? 
Taffie
Ek sou nie n bietjie gewees het nie.
Mooi man
Skolla
johan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm

Re: knaldempers

Post by johan »

Dis nie dat die grote Taffie n keuse gehad het nie,jy kom nie nader as 350m aan die Spergebied se jakke nie,om hulle tot op n afstand in te roep dat jy kan uitmaak dis n jakkals is alreeds n grote kuns.Gewoonlik hoor jy hulle...........en dis al.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: knaldempers

Post by Cois »

Taffie

Mooi man doen so voort!!! Dit moet die 6mm wees wat die verskil maak. Daar is darem so hier en daar n Wolram wat die goed nog dood maak en nie net sertifikate uitdeel nie ;) :D.

Ek het twee terminators en oral waar ek kom wil die manne weet waar kry ek hulle, is lekker sag en skiet soos n droom. Sal nie weer met n ander knaldemper werk nie.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Cois
Cois wrote: is darem so hier en daar n Wolram wat die goed nog dood maak en nie net sertifikate uitdeel nie
......... :D gedink ek sal darem jou, Katjak, Ice en Izak H so bietjie kan kielie met hierdie ene. Gelukkig is julle nie meer leerders(skoliere) nie. Wou ook illustreer dat hierdie nie naweek- en vakansiejoppie is nie.

Verneem jy het self so 403meter gooitjie gemaak. Wat skiet jy nou weer?
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: knaldempers

Post by Cois »

Taffie

6mm!!!!!! Ja gelukkies tel ook ne.

Van daai manne is al te oud om te onthou hul was Wolramme ;D ;D

Ja as mens nie erinstig is oor die werk nie moet jy maar liewer by die huis bly

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
theterminator

Re: knaldempers

Post by theterminator »

Hallo manne

Ek was so maand of 2 van lyn af , diefstal en virusse,  maar is nou weer op
Ek wil net almal wat my ondersteun het die jaar bedank vir die ondersteuning en die mooi dinge wat julle op die forum skryf
Ek sal my bes doen om vir die manne goeie bekostigbare kd's te maak vir solank ek kan

Ek maak ook nou die voorstel om 'n forumspan se inskrywingsgeld te borg vir volgende jaar se Lammergeierskiet oip Aliwal
As daar ietsie nodig is vir OUTA  laat weet ek help graag

Groetnis

Clarence
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: knaldempers

Post by Skolla »

theterminator wrote: Ek maak ook nou die voorstel om 'n forumspan se inskrywingsgeld te borg vir volgende jaar se Lammergeierskiet oip Aliwal
As daar ietsie nodig is vir OUTA   laat weet ek help graag
Ek is ook een van die baie tevrede manne wat by jou gekoop het die afgelope jaar.
Groot gebaar van jou hier bo,om terug te gee aan die forum manne.
Dankie, en ek glo daar is nog manne wat saam stem.
Skolla
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Clarence

Ek ken jou nie, het nog nie eers met jou op die foon gepraat nie, MAAR ek hou BAIE van wat ek sien.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: knaldempers

Post by Louis102 »

[align=center]Aitsa!!  Ek sien nou eers hierdie een.  Natuurlik het ons so ietsie nodig van terminator-gehalte nodig!![/align]
theterminator wrote: .... As daar ietsie nodig is vir OUTA  laat weet ek help graag ...
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: knaldempers

Post by tafjak »

Clarence

Jou ou Ramkat!

Lyk my ek en ou Tomma sal ook ietsie in darie boksie moet gooi. Mooiman!

Mooiloop
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: knaldempers

Post by baboonstalker »

andre12 wrote: More Manne,

Na ek lank en hard huiswerk gedoen het oor watse knal demper , ?suppressor? ,  ?silencer?  het ek op die einde besluit om vir `n dag deur te ry Bloemfontein toe van Pretoria af om daar by Clarence Swanepoel `n nuwe terminator te gaan optel. En ek moet eerlik wees dit was 110% die beste keuse ooit. My 3006 Tikka kla glad nie oor die extra bietjie lengte nie , veral nie agter die klein l? Harris nie . Groepe het dieselfde gebly net so 5 duim laag ( dis nou nie `n bull barrel nie) .  Dra nie meer ore na die skietbaan toe nie, recoil is minder en het `n paar ouens se monde laat oophang toe ek `n 150 gr Gs custom HV punt teen so 1075 fps met 9.2 gr MS200 kruit in `n CNC gesnyde lae kapasiteit 3006 dop deur die terminator gestoot het. Een ou het ges? dit klink asof jy `n plastiese emmertjie laat val , een het ges? jy hoor hoe slaan die slagpen die dop en hoe die dop uitsit in die kamer en die knal demper bietjie suis . Jy hoor ook duidelik hoe die punt vasslaan op 100m maar sonder die bang  :)  Punt val natuurlik teen `n stink spoed !! Maar ek is nie een dag spyt dat ek vir Clarence gaan besoek het in Bloemfontein nie.  En die jag seisoen begin nou eers amper  ;D

Groete

Andre
Andre,

Dit klink baie interesant die "reduced capacity" dopppe. Het jy self gemaak, of waar kry jy hulle?
Is daar ander manne wat dit gebruik vir oes van wild?
Ek wonder wat sal gebeur as jy die bojane so van 'n paar honder meter af "dophou" en sy maats val om langs hom? As jy kan range is trajek mos nie regtig 'n probleem nie, en ek het al gelees van manne wat sub MOA groepe skiet met die .50's teen subsoniese spoed.
Pieter
Last edited by baboonstalker on Fri Oct 22, 2010 2:37 pm, edited 1 time in total.
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi Manne

Ek het verlede week my 25-06 in gegee vir monteering van n aluminium KD wat oor die loop gaan,dit is in Windhoek.Ek het probeer uitvind of hy n naam het en so aan,ma al wat ek uit hulle kon kry is (kom van RSA).Dit is by Safari Den,as daar nog manne is op die forum wat by hulle gekoop het.Ek sal graag wil hoor wat jul tese het.Vir die prys van 3500 hoop ek dis  die moeite werd.

Groette Thoei
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: knaldempers

Post by Christo »

Thoei

Teen 'n prys van 3500 het hulle jou sien aankom. Clarence se Terminators kos so om en by die 1K en ek het tot my spyt ook 'n over barrel reflex laat maak  by GMS vir 'n Mini Ruger en die het 1.5K gekos. Opsit koste kan enigiets van R 400.00 ( by Clarence self is dit baie baie minder) tot S&O se R 1300 kos.

Besluit maar self wat kry jy vir die ander geld wat hulle jou ekstra vra..
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: knaldempers

Post by Francois Marais »

Riaan

Ek glo nie daai demper van jou kom uit die RSA nie, hier is n man, in WHK, wat hulkle met n CNC masjien maak, sal nie se die dempers werk nie, maar jy kon weggekom het met so rondom R1000. Jy moes maar net gevra het mater. Teen daai prys hoop ek jy is vrede.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Thoei

Re: knaldempers

Post by Thoei »

Hi FM

Ek het een opgahad wat Robbert Lottering vir my gemaak het,was net bietjie swaar.Ek hoop regtig nie ek het n fout gemaak met die een.

Groette Thoei
Post Reply