6.5 Creedmoor en Savage LPR

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek begin hierdie hofie om so bietjie terugvoering te gee oor byde die kaliber en die geweer.

n Paar van julle weet van al die intriges met die hele projek maar ek sal in elk geval so vlugtig weer noem. Ek het basies op hierdie kaliber in 2010 besluit toe ek sien dat Ruger hom aanbied in hulle VT reeks. Hierdie geweer kom in n 28 duim loop konfigurasie wat pragtig uitwerk met meeste koeels in die nodespoed departement. Ek het redelik opgelees oor die kaliber en iets wat my by geval het was dat hy teoreties baie goed presteer met S365. Geensins net blote toeval nie aangesien die kaliber so ontwerp was om IMR4350 deur Hornady se manne.

Ek het die geweer bestel en solank al die komponente bymekaar begin maak. Doppe was net van Hornady beskikbaar en het n baie swak smaak in die mond gelos toe ek die 500 van hulle ontvang. Gewigte het ontsaglik gewissel en 100 was nie geaneal soos die res nie. Ek het dit so aan Hornady raporteer en hulle terugvoering was dat dit binne vervaardings spesifikasie was en dat hulle die 100 doppe sal omruil wat nie geaneal was nie. Daar is darem ook nou goeie nuus dat Nosler Custom Competition doppe ook nou vervaardig in die kaliber. Iets wat kretiek is vir enige langafstandkaliber is dat doppe van gehalte beskikbaar moet wees.

Na twee jaar was ek moedeloos want daar was nog geen silwer rantjie te bespeur aan die donker wolk nie. Ek het toe met n spesiale aanbod van S&O afgekom op n Savage LPR in die kaliber. Die geweer het n 26 duim loop wat my gehinder het tot so n mate dat ek toe klaar n 28 duim Shillen Ratched Groove loop bestel het. My ou maat Piet Breedt se ondervinding met sy Savage LPR in 260 Rem was die deurslaggewende faktor wat veroorsaak het dat ek hoogverraad gepleeg het teen my geliefde Ruger's. Die verraad is verder gevat en die keer het my Leupold oorheersing in die slag gebly deur die aankoop van n Nightforce NSX 8-32x56 MOAR kruishaar met die Zero Stop funksie. n Baie handige funksie die Zero Stop waar hy jou verhoed om verder terug te draai as jou zero. Hierdie funksie sou baie handig tepas gekom het op my 25-06 twee weke terug in ons SAJWV se groepering skietdag waar ek die teiken heel mis geskiet het toe ek gedink het ek het die teleskoop na zero toe teruggedraai na ons langafstand skiet daar by Piet! :-[ Wat n AAP het ek nie van myself gemaak nie!

Wel ek kan met eerlikheid terug raporteer dat daar onheil in my hart is! Ek wil nog Savages he en dit is nie nou nog ekstra kinders nie, hulle twee is al genoeg! Die akkuraadheid van hierdie model is verstommend. Ek het gister n vyfskoot groep geskiet van 10mm en dit was net skoot nommer vier wat ek dadelik geroep het wat hom soontoe gerek het. Vier skote was binne 5mm van mekaar! Hierdie is met virgin doppe wat net gesort is volgens hulle gewig. Geen nekke is geskil of enige iets verder nie. Ek het sonder om die geweer te gehad het besluit op n TPL en tien rondtes gelaai met n lading van 42,5gr S365 agter n 130 Berger VLT met CCI BR primers. Ek het begin met die inskiet van die geweer in ons 100m binnehuise skietbaan by ons geweerwinkel waar die geweer gestoor was. Spoedlesings kon ongelukkig nie geneem word nie maar die groeperings was baie belowend tussen die een skoot en skoonmaak prosedure. Die loop het wel geweldig moeilik skoongemaak en ek kon voel die loopoppervlak was geweldig grof met die deurstoot van lappies. Ek het tot op skoot nommer sewe gekom en gelos.

Op hierdie staduim het Willem van S&O vir my n produk gestuur wat help met die inbreek proses maar ongelukkig was daar een van die aplikator steentjies kort en het ek besluit om aan te gaan met die inbreek proses sonder hierdie hulpmiddel. Ek kon hierdie nou beter doen by my huis se skietbaan want die lesensie kaartjies was in my hand na een en n half maande se wag. Die eerste skoot van die oorblywende 10 gelaaide rondtes het n spoed opgelewer van 2880ft/sek wat net so rapsie vinniger was as wat QL voorspel het. Die Lott no is 64 wat ek weet redelik in lyn was met QL se gegewens so dit het my vermoede bevestig dat hierdie kaliber en S365 reg gaan wees vir mekaar. Die druk was op hierdie lading so 53 000psi en ek het n vermoede gehad dat hy gaan mooi bymekaar kom hier op 56 000-60 000psi soos baie kalibers al vir my gewys het. ES met die drie skote was net so oor die 25ft/sek. Nie sleg nie maar enkelsyfers was my mikpunt. groepering was net oor die 20mm met die drie skote. Ek het my volgende lading 43,2gr gemaak wat sou hap aan 56 000psi en hier het die ses skoot groep waarvan 3 elk op verskillende dae geskiet was 16mm in totaal gemeet. Twee binne mekaar en een weg. Spoed was gemiddeld 2920ft/sek met n Es van net onder die 10ft/sek. Al nader na wat ek wou sien. My volgende lading was 43,5gr en dit is die een wat 10mm opgelewer het. Die groep is ook mooi konsentries om mekaar behalwe natuurlik vir die een wat ek geroep het. Ek kon ongelukkig nie spoed neem nie want die skaduwees en bewolkdheid het my verhinder. Ons het die naweek iets gekry wat hulle reen noem so dit was my enigste kans.

Ek gaan die die volgende twee batches van 5 skoot ladings(43,7gr en 43,9gr) in die week skiet en hopelik spoed neem. Laasgenoemde behoort baie naby aan maks te wees van 60 000psi en n spoed van 2970ft/sek. Ek hou duim vas dat die resultate baie naby gaan wees aan die wat ek gekry het met 43,5gr sodat ek n lekker bree belt het om in te beweeg. so terloops hierdie is met die swaarste doppe in die batch geskiet en dopkapasiteit is 53,6gr wat amper spot-on is met die van QL se 53,5gr. Die ligte doppe wat so 70% uitmaak van die batch se gewigte is heelwat laer en behoort my dopkapasiteit op te tel na 54,5gr of daar rond wat weer my maksimum snelheid sal lig na 2985ft/sek.

Die Savage se Accutrigger is n droom en so ook die res van die geweer asook die Nightforce. Ek dink eerlikwaar daar is bitter min fabrieksgewere wat kan saampraat met die Savage LPR. Jy sal soos al elders gesien op die forum ook baie werk, tyd, geduld en fondse moet insit in n pasmaak geweer om uit te kom wat jy standaard hier van die rak af koop vir onder R20 000. Hier wys dit net weer dat stelsels soos die nie gebonde is aan nodespoed nie maar eerder aan ander herlaai kreteria. Drukvlakke van 56 000-60 000psi lewer baie keer die gewenste akkuraadheid. Ek moet nog my maksimum TPL meet en as dit toelaat gaan ek dit langer maak om nader aan die idiale TPL met die dop en nek ontmoeting uit te kom vir akkuraadheid soos Ludie al elders geplaas het. Ek is huidig so bietjie kort daarvan en sal dit graag wil verleng. Ek sal ook graag nogsteeds die magesyn wil gebruik so ek hou maar duim vas dit werk uit.

Die 6.5 Creedmoor het stywe opdraende van veral die 260 Rem, maar persoonlik dink ek dit is die beter dopsontwerp vir inherente akkuraadheid. Die kaliber doen ook bitter goed spesifiek met S365 wat uistekende dopvulling tesame met spoed gee in die koeels wat bedoel is vir langafstand werk. Die een aspek wat tot nou toe teen die kaliber getel het was die beskikbaarheid van kwaliteits doppe wat gelukkig nou aangespreek is deur Nosler. As ek moet gaan op my beperkte kennis tot nou toe kan ek net met lof praat van die kaliber sowel as die geweer.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Arnold »

Nou waar is die foto's? :)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Armand Steenkamp »

Magtag wouter ,geluk man!! Ek droom ook om eendag so n setup te he! Gooi n paar fotos ja!!!

Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Arnold »

Dit is darem lekker om te lees van ouens wat gelukkig is met 'n kopie soos die. Ek kan my nie uitlaat oor die Savage nie want ek besit nie een nie maar die NXS is definitief 'n goeie scope. Ek hoop dat ek eendag persoonlik kan ondervind wat die manne hier oor die Savage gewere skryf!
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Greyghost »

Het die naweek a coke blikkie op 300m met my Savage 260 raak geskiet 2 ander skuts het ook hulle blikkies raak geskiet .... 3 shots 3 shooters 3 hits .....

Love my Savage
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Piet Breedt »

Lekker Wouter, maar dit moet eintlik lees "LRP", en nie LPR nie. Dit staan vir "Long Range Precision"

Nou moet ek net weer n langafstand gong challenge reel.

Ek het ook my nuwe .22 250 Savage VLP "Varment Low Profile" verlede week gekry met die 1/9 twist loop en is verstom oor sy akuraatheid. Maar meer daaroor later as ek tyd kry. Ek werk my gat af soos ek baie lanklaas in my lewe gedoen het, en het nie tyd vir enige iets anders op hierdie stadium.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by VdWalt »

Arnold wrote:Nou waar is die foto's? :)
Ek glo ook maar moeilik so sonder die fotos.....
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Pieta

Myne is die "Liquid Panty Remover" model! ;D Ja man die disleksie is n lelike ding. Kry bietjie jou dinge agter mekaar sodat ons weer n T-Bone kan offer. Ek moet nou nog daai megaftertjie aanskaf wat se hoeveel klieks om te stel.

Manne sal bietjie kiekies neem en my vrou vra om dit te plaas.

Groetnis
Wouter
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by BLOK »

Wouter Roets wrote:Pieta

Myne is die "Liquid Panty Remover" model! ;D

Manne sal bietjie kiekies neem en my vrou vra om dit te plaas.

Groetnis
Wouter

Aitsa!!

Klink lekker en ek kan nie wag vir haar foto nie. ;) ;D ;D ;D


Grap net lyk my ek raak nou agter sal seker so binne die volgende maand of twee die projekkie aanpak. Net eers kyk hoe draf julle brakke en dan van daar verder werk.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Marc »

Baie geluk Wouter

Bly om te hoor die Savage staan toe sy grond teen al daai Rugers. Hou ons op hoogte soos die bene rek :)

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Beer (Christo) »

Baie geluk Wouter

Dit is posts soos hierdie wat dit moelik maak om by 'n budget te hou.

Ek moet eerlik se dat die looks van die geweer nog op my moet groei, maar 'n mens kan nie stry met die resultate wat 'n paar manne al hier genoem het nie.

Geniet dit

Groete

Christo
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Dawie »

Eers bietjie Brag 8)

Ek eyebol en kwyl al lankal die kaliber, het my 243 vlp verkoop so 2 weke terug, en laas Saterdag my 6.5 Cr. LRP by maer mooi Willem gekoop, gister lisensie aansoek klaar gemaak by poliesstasie. Die NXS 5.5-22 x 56 NP-2DD zerostop met rail en ringe wat op die 243 was kom netso op (sal seker pas).

Hemels Haaaa :)

Vragie .... Wouter .... net seker maak jou geweer het nou nog sy oorspronklike loop op?

Cheers

Kojak ;D
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Jassie »

Mooi man Dawie

As jou opset in gebruik is moet jy maar laat weet- jy moet net onthou van die geweerband

...... in my geestes oog sien ek jou al op die "bicycle" met die roer oor die blad op pad plaas toe. :laugh:

Groete
JAS
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Dawie

Jou yster! Het nog altyd vermoed jy het heel voor in die ry gestaan toe grysstof uitgedeel was! Ek glo jy gaan enorme plesier en genot uit die geweer en kaliber kry.

My nuwe loop het gekom, maar ek gaan eers die oorspronklike een klaar skiet. Hy loop soos n droom en ek kan nie eintlik sien hoe ek veel beter gaan doen met die Shillen nie. Al wat my breek deesdae is dat daar nie tyd is om die geweer se bene te rek nie.

Groetnis
Wout
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Marc »

Baie geluk Dawie,hoop die lisensie kom sommer gou, geniet hom ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Dawie »

Dankie Menere ;)

Issie regtig so slim nie :-[ , maar 'n mens kan nie te slim wees as die kaliber nie sin maak nie.

Wonder hoe hy sal doen as back-up jakkalsroer?

Cheers

Kojak
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek het nou besluit om oor te slaan na Berger Target LR VLD 140gr koeels sodat ek op n nodespoed kan skiet in die huidige 26 duim loop. Hierdie is die enigste Berger 140gr koeels wat huidig beskikbaar is. Ek sal die 130gr VLD's spaar vir die nuwe 28 duim loop. Ek het nou oorgeslaan na n ligter batch doppe wat se dopkapasiteit so bietjie groter is. Deur met die nodespoed te werk haal n mens heelwat van die raaiwerk uit die hele grappie van lading ontwikkeling.

Het iemand al met hierdie spesifieke koeels mee gewerk? Ek sien die B7 waarde vir hulle is .303 en teen 2810ft/sek behoort hulle mooi te werk. Hulle BC is wel n bietjie minder as die VLD s'n(.313) maar nie veel nie. Ek wonder ook wanneer ons eendag die Hybrid koeels hier sal kry. Ek het ook die vermoede die Target koeels gaan so bietjie minder vatbaar wees vir TPL verskille as die VLD's. hoor graag van wat julle dink.

Groetnis
Wouter
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Arnold »

Ek het n boksie van 100 gekoop. Ek neem aan jy bedoel die lrhbt koeël en nie lr vld nie. Het hulle nognie probeer nie want toe ek weer gaan koop was daar net 140gr VLD's. Ek kry toe maar n paar bokse van die vld's en hulle skiet nou mooi teen so 2860fps uit my 260 ai met 28.6" loop. Ek sou die spoed seker met n korter loop kon kry maar dan gaan die 130gr nie so lekker werk nie.

Dit help jou nou seker nie.
Ek sou ook eerder die hybrid wou skiet, maar het die vld's teen n goeie prys gekry en dit lyk of hulle mooi werk.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by JPS »

Hi Wouter,

Laatbweet so bietjie weer hoe die groepe lyk en het jy al sy bene nou gerek.

Nou dat jy die wapen so rukkie het, is jou eerste indrukke van die LRP nog steedsnsoos op die begin van die post en dan die kaliber glomjy hy is geskik vir jag tot 600 meter op medium groote wild(Blesbok en miskien Gemsbok)?

Mooiloop
JP
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Arnold »

Wouter ek weet jy koop 10000 doppe op n slag en het genoeg 6.5 creedmoor doppe, maar het jy dit ooit oorweeg om 22-250 doppe te gebruik? Of is dit teveel brass prep en skiet jy eerder as om te laai?

Die 6mm Creedmoor het sy kop hier by my uitgesteek en dit lyk na n beter opsie as die 6XC indien jy doppe moet vorm vanaf 22-250.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Hallo JP/Arnold

Ek het toe die Berger 140gr VLD koeels(was toe VLD's) gekry en n hele middag met hulle gespook. My resultate was baie wisselvallig met gereeld een skoot wat aansienlike hoer spoed opgelewer het as die norm en dus n flyer veroorsaak het. Die groepe was ook nie so styf soos met die 130gr nie.

Wat ek toe agter kom is dat sekere doppe knyp in die kamer. Hierdie was snaaks want die doppe se lengte was baie konstand. Ek is nou genoodsaak om die hele lot met so 0,1mm terug te sny. Ek wag ook nog steeds vir my .264 pilot vir die Forster neckcutter(die enigste verdomde pilot wat ek nie het nie!) sodat ek die lot se nekke kan dieselfde sny. Net hierdie behoort n groot verskil te maak.

Arnold ek het al my hoop opgesit op Nosler CC doppe maar lyk my dit gaan nie maklik wees om hulle hier te kry nie. Ons het darem n paar Amerikaanse jagters wat inkom later die jaar so sal dalk kyk of ek deur hulle n plan kan maak. Ek sal dit dalk sterk moet oorweeg om na n ander kaliber te kyk vir doppe. Dit is iets waarvoor ek nie eintlik lus is nie. Dink jy die 22-250 sal die beste roete wees om te gaan?

JP die geweer is nog steeds n droom en die wangstuk wat Julain verskaf het werk soos n bom. Die loop word nog steeds vinnig vuil en maak nog steeds moeilik skoon. Ek het al selfs M98 gekoop en gebruik, maar moet eerlik se ek weet nie waaroor almal so bohaai oor die produk maak nie. Ek haal nog steeds koper uit die loop met my ou produkte nadat ek M98 herhaaldelik reg gebruik het. Die feit dat dit lyk of my groepe beeinvloed word deur n vuiler loop is bietjie van n kommer. My sarsies is nooit meer as 30 skote nie so dit is verseker nie idiaal nie. Ek en die geweer/kaliber moet nog so bietjie meer tyd saam he, maar ek is seker ons gaan mekaar nog vind.

Groetnis
Wouter
Zack Benade

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Zack Benade »

Ek het al selfs M98 gekoop en gebruik, maar moet eerlik se ek weet nie waaroor almal so bohaai oor die produk maak nie. Ek haal nog steeds koper uit die loop met my ou produkte nadat ek M98 herhaaldelik reg gebruik het.
Hallo Wouter
Hoe gaan dit my vriend? Jy is baie stil. Lyk my die jag hou jou goed besig.

Ek stem 100% saam jou oor M98. Ek was altyd bang om my sienning te gee en op tone te trap.
Ek glo maar nog aan die ou goed soos Sweets en Bore shine en nou en dan 'n bietjie JB met Kroil olie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Hallo Zack

Dit gaan goed en ek hoop so ook daar by jou! Ja dit is mos maar jagsysoen en die werk raak ook nie minder nie.

Ons kan mos net praat en ons menings uitspreek oor iets waarvan ons ondervinding het. Daar is myne sowel as joune nou. ;) Daar is nog nie n koper verwyderaar in my oe soos Forster se Bore Foam nie.

Groetnis
Wout
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote:Hallo Zack

Dit gaan goed en ek hoop so ook daar by jou! Ja dit is mos maar jagsysoen en die werk raak ook nie minder nie.

Ons kan mos net praat en ons menings uitspreek oor iets waarvan ons ondervinding het. Daar is myne sowel as joune nou. ;) Daar is nog nie n koper verwyderaar in my oe soos Forster se Bore Foam nie.

Groetnis
Wout
Daai borefoam werk regtig bakgat! 'n Man moet net nie aanhou tot jou lappie wit uitkom as jy 'n koper jig gebruik nie.... ;)
Aim small, miss small
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5 Creedmoor en Savage LPR

Post by Wouter Roets »

Eugene

Die geheim is om met n wit lappie te begin! ;D

Groetnis
Wouter
Post Reply