WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
"Rule of Thumb" van iemand wat ek nie meer kan onthou meer wie ges? het nie....
Betaal meer vir jou scope as vir jou geweer

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hallo k?rels!
Ek het 'n versameling Magnum tydskrifte wat tot teen die dak strek en ek lees hulle die heeltyd. Deur al die JARE het almal wat Burris teleskope getoets het net lof vir die produk gehad.
Ek het nou die dag 'n Vortex 4-12x40 by Safari&Outdoor gekoop. Dit is net vir dagskiet met my toekomstige 243. Met daardie waarborg kan jy nie juis verkeerd gaan nie. Hendrik het mydie versekering gegee dat dit 'n goeie scope is - en ek aanvaar sy woord.
Dawie,
Jy is heeltemal reg. Ai man, die min geldjies en die kwaai vrou
Groete!
Hein M

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
muishond
- Sr. Member

- Posts: 293
- Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hallo Danie .243
Baie dankie vir die duidelike verduidelikking.
Ek kan sien jy het baie kennis oor teleskope,gewere ens.
Die duidelike keuse sal dan die 6.5-20x50 BURRIS wees.
Ek verstaan dat n te groot vergroting nie in die nag sal werk nie.
Wat van as ek die paralaks verstelling doen op x11 so op 200m in die aand en dit memoriseer bv. deur n merkie te maak met cutex op die paralaks verstellings knop,as ek dan in die aand gaan jag dan verstel ek net die paralaks verstellings knop sodat die cutex merkies regoor mekaar is.
Danie het jy dalk n idee wat die prys op die oomblik is van die 6.5-2ox50 VORTEX VIPER en die BURRIS full field ll tacticle.
GROETE
MUISHOND

Danie Lombard .243
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hi Muishond.
Jy sal vir Hendrik by Safari and Outdoor moet skakel oor die pryse. Ek het vir my Burris R5500-00 betaal daar by Hendrik.
Maak seker voor jy koop. Die Vortex is beslis 'n BAIE GOEIE koop. Ek het vanmiddag ge oefen vir more se skiet komp. en was weer verras met die Burris se vermoe om sy zero punt te behou al verander mens die vergroting herhaalde kere na mekaar.Het dit weer getoets.
Ek het 168gr national match hollow point boat tail punte geskiet op 12X krag. Dit het perfek gewerk met die balistic holdover. Hoop net dit gaan more so goed soos vanmiddag met die oefen.
Lekker koop en geniet jou scope.
Danie.

Hello Danie .243
Hoe het dit toe gegaan met die skietkomp?
Hopelik sommer baie goed
Groete
Muishond

Plasmodium
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Mon Jan 04, 2010 5:01 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hi almal.
Wat dink julle van Leapers scopes? Ek het 'n 3-12 x 44 leapers wat ek op my Mauser gaan sit. Ek het ook die 4-16 x 56 SWAT vir my toekomstige .243. Die ouens in die airgun wereld gebruik dit nogal. Ek het self 4 van hulle. Die turrets is oop, maar kan "lock". Het enige iemand ervaring van die scopes op jaggewere?

243 Sako 85 Varmint SS & 5-30x50 Z6
8x57IS Mauser & 3-9x40 VXII
8x57IS Mauser & 3-9x40 VXII
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Plasmoduim
Van al die leapers is nikon sekerlik die beste,maar onthou daar is n rede hoekom een scope goedkoper as n ander een is,243 recoil min maar as jy stamp aan daardie leaper in die veld kan jou zero weg wees en dan is jou goedkoop jag trip eweskielik n duur trip,veral as jy begin kwes!!
My bietjie raad aan jou sal wees koop die duurste/beste scope wat jy kan bekostig.
Groete johan

Biebers
Need for speed
Need for speed
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ek het geen ervaring van die Burris nie, maar Tickey van Wyk van Loxton (Boer Soek Vrou) het een op sy .243 en volgens hom is daar op hierdie hele aarde nie 'n beter teleskoop om op jou geweer te sit nie! Ek was ook vir jare 'n intekenaar op Petersen's Rifleshooter tydskrif in Amerika en het nog NOOIT enige negatiewe kommentaar van ouens soos Craig Boddington oor Burris scopes gesien nie.muishond wrote: Francois, DirtyOldsix en Janjak
Baie dankie vir julle raad en opienies.
Die leopold is natuurlik my eerste keuse, maar die finansies laat dit nie toe nie en ek is bang vir tweedehandse teleskope.
Het gehoor dat die VORTEX en BURRIS nie n slegte koop sal wees nie.
Ek sal graag by julle wil hoor wat julle dink!!
Groete
Muishond
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Wel, die Burris is regtig goeie waarde vir geld, maar Tickey het ten minste die regte kaliber geweer 
Hein M
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Ponkie
- Hero Member

- Posts: 949
- Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Hein
308 bly koning!!!!!
Ponkie
308 bly koning!!!!!
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
...en 'n verskriklike mooi vrouhein wrote: Wel, die Burris is regtig goeie waarde vir geld, maar Tickey het ten minste die regte kaliber geweer
Hein M
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ek het n Burris 3-9x40 fullfield en n Lynx 3-9x42 ek moet s? dat as jy deur die 2 kyk is die Burris baie meer helder. Ek het al deur verskeie duur scopes gekyk en die Burris is heelwat van hulle voor wat clarity aan betref teen die helfte van die prys. Dit is net my opinie. Groetnis
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Wat dink julle van die Nikon Monarch scopes?
Ek wou dit op n nuwe hoof sit toe sien ek eers hoe ver agter ek is.
Was bietjie van die lig af vir n rukkie nou sal ek amper nie kan opvang nie.
Ek wou dit op n nuwe hoof sit toe sien ek eers hoe ver agter ek is.
Was bietjie van die lig af vir n rukkie nou sal ek amper nie kan opvang nie.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Janjak ek s? nie Nikon's is n swak scope nie, maar ek dink daar is beter waarde vir geld scopes. My 2c Groetnis
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Janjak
Ek skiet nou so 4 jaar met 'n Nikon, ek het ook Zeis, Leupoldt scopes op ander gewere. Ek dink nie die Nikon is 100% in die Leupoldt se klas nie, maar naby genoeg, hy vergelyk nie met 'n Zeis nie, maar so ook nie sy prys nie, so mens moet hom koop en gebruik met dit in gedagte.
Myne is op 'n 7mm RM, met "target turrets", het nog nooit enige probleem gehad nie, verstellings is puik, optiese kwalitiet heeltemal aanvaarbaar, sterk gebou. Sal ek hom weer koop? Ongetwyfeld, goeie waarde vir die geld wat ek daardie tyd vir hom betaal het, weet nie wat hulle nou kos nie.

Agentkoos
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Janjak
Ek skiet met n 2.5-10x42 Nikon Monarg op my 30-06 en nog nooit probleme gehad met die scope nie. Vir daai prys gaan jy nie maklik beter lense kry nie
Groetnis

Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Self nou 'n 4-16x44 Nikon Monarch op my .30-06. Ek is tevrede. Ek sou graag die Monarch X wil sien. Wag vir 'n Trijicon 6.5-20x50 te kom, sal 22 Jun in die land wees. Leupold sal nie meer uitvoer na SA nie, ons moet nou deur die agente koop. Die manne rook ons. 
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ek stel ook belang in 'n Nikon Monarch. Sekere modelle van die Nikon brand word deur Leupold vervaardig. Hulle het ook 'n baie goeie waarborg.
Ek sal graag nog inligting waardeer van julle ouens wat reeds hierdie scopes gekoop het.
Hein M.
Ek sal graag nog inligting waardeer van julle ouens wat reeds hierdie scopes gekoop het.
Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Manne,
Kyk bietjie hierna, jy gee jou kaliber, punt gewig, spoed ens, en die ouens kan vir jou 'n scope maak vir jou spesifieke geweer.
http://www.quigleyfordscopes.com/products.htm
Norton

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
midag julle
greybullprecision.com en leopoldcustomshop bou ook die turrets
greybullprecision.com en leopoldcustomshop bou ook die turrets
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Ek is n kanniedood Lynx ondersteuner maar was lus om een van die nuwe Nikon Monarch's te toets.
My Nikon Rangefinder loop mooi en ek wou sien wat hulle teleskope doen.
Die Nikon wat ek toe gekry het is die 5-20x44 Monarch. Hy kom standaard met n sonskerm, oopknip klappies en 3 stelle turrets (laag, hoog en tactical).
Sal hom nog bietjie toets en julle laat weet maar dit lyk asof my 308 Sako en hy goed oor die weg kom.

- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Manne
Nie eers geweet Zeiss maak hierdie goete nie, hierdie sal duidelik die een wees wat ek sal aanbeveel
http://www.hudisco.com/Telescopic%20Sight%20ZF%206-24x72mm.html
Dink net jy kan n 7mm exit pupil kry op net oor die 10 maal vergroting, en met daai groot voor lens skiet jy sommer inni maanlig.... Lekker, kos seker n plaas se prys.
Mooi loop
Francois
Nie eers geweet Zeiss maak hierdie goete nie, hierdie sal duidelik die een wees wat ek sal aanbeveel
http://www.hudisco.com/Telescopic%20Sight%20ZF%206-24x72mm.html
Dink net jy kan n 7mm exit pupil kry op net oor die 10 maal vergroting, en met daai groot voor lens skiet jy sommer inni maanlig.... Lekker, kos seker n plaas se prys.
Mooi loop
Francois
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
Die Trijicon is op die 223, hy kyk 'n barshou sien die gaajies op 300m as die op die wit van die skyf is. Op 200 sien mens die gaatjies op die swart. Paralaks verstelling werk uitstekend. "fokus" die teiken en beweeg jou kop en die kruishaar is vasgegom op die plek. Hy het 'n groot afstand tussen die agter lens en die anker op die kam. dus kan die geweer maar bietjie skop, sal nie 'n magnum wenkbrou kry nie.

Irene skiet op 200m

Carol skiet op 200m

Irene skiet op 200m

Carol skiet op 200m
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN
My ondervinding met die Burris scopes het heel toevalig begin toe n maat van my vra of hy sy en sy pa se gewere hier by my kan kom inskiet,aangesien hy vir homself n Leupold gekoop het, en sy pa nie vir hom wou luister, en so stupid was om vir hom n Burris te koop. Watse ding vra ek? n Burris. Nog nooit daarmee te doen ge kry, en gaan toe maar saam baan toe om te kyk.
Nou laat ek julle vertel. Ek was "Mr Leupold" hier by ons. Nadat ek gehelp het om die scopes op te sit en in te skiet, was ek so beindruk met die Burris, dat ek toe maar self een gekoop het. Van daardie dag af het ek stelselmatig al my Leupolds verkoop, en met Burris'e vervang. Ek het slegs Leupolds op al my gewere gehad vir n lang tyd. Die Burris'e het die Leupolds behoorlik ore aangesit met helderheid, veral in die nag, en ek kon op die skietbaan met presies dieselfde vergroting scopes, die gaatjies sien op die swart van n teiken op 200m, wanneer ek dit glad nie kon sien met my Leupold. Vyf van my skietmaats wat dieselfde vergroting Leupolds het, het dit ook al met hul eie o? gesien.
Drie van ons het een volmaand aand gaan bosvarke voorsit. Ek met n 3 - 9 x 40 Burris Fullfield II, Paul met n Nikon 3 - 12 x 50, en Alrich met n Leupold 3 - 10 x 40. Die maan was nog nie mooi op nie, toe kom daar n Duiker in. Ek mik toe op hom, en vra vir die ander 2 of hul die skoot sou kon vat as dit n bosvark was. Ja s? hulle, maar hul sal moet raai waar die middel van die kruishaar sit, aangesien hul nie dit kan sien nie. Ek s? toe hul moet deur my Burris kyk, en altwee was stomgeslaan oor die helderheid, en die sigbare kruishaar. Ons ruil toe almal gewere uit en kyk, en daar was eenparig besluit dat die Burris loshande die beste beeld het. Dit is maar een van my ondervindinge waar die Burris ander duurder scopes ore aan gesit het, en waar ek die manne kan kry om te getuig. Dit is veral my 4.5 - 14 x 42 Fullfield II scopes wat my selfde vergroting Leupolds behoorlik ore aangesit het, sowel as my 4,5 - 14 x 50 Leupolds. Ek het vandag nie meer een Leupold oor nie. Ek s? nie hulle sleg nie, maar dink net dat die Burris n baie beter waarde vir geld scope is, wat nie die bank breek nie.
Teen ongeveer 2/3des, en selfs minder as die prys van dieselfde Leupold, is dit boonop nog n winskoop. Die Burris'e het hul boonop as uitstekende jag, en teikenskiet teleskope bewys, en veral in die nag, is hul helderheid iets om te beleef.
Ek is geborg deur Nikon SA met hul top of the range Nikon Monarch X 4 - 16 x 50 SF M MD, en vind hom baie goed. Maar as ek moet kies, neem ek baie eerder die 4.5 - 14 x 42 Burris Fullfield II, waarvan ek 4 het.
Ek was baie gespot oor my Burris by ons Nasionale kampioenskappe, maar resultate het dit bewys, en vandag is daar al heelwat skuts wat ook met Burris'e skiet. Ek het nog nooit n probleem ondervind met enige van my 8 wat ek het nie. Hulle stel presies dit wat jy vra, wanneer jy stel, en behou hul zero.
Hul intree vlak Fullfield II produk is volgens my by verre die beste waarde vir geld teleskoop wat ek nog mee geskiet het, en ek het al baie verskillende fabrikate getoets. Dit is nie nodig om hul duurder "Signature of Black Diamond" reeks te koop nie.
Ek toets tans n "New Type" 10 - 50 x 60 Nikko Stirling Diamond series scope op my .25 06 vir kompetisies, en bakkie jag, en het al heelwat Jakkalse ook met hom in die nag geskiet. Ek sal n volledige verslag oor hom plaas as ek klaar getoets het.
Hier is n video oor hoe die Burris'e gemaak word
http://www.burrisoptics.com/video8.html

Last edited by Piet Breedt on Mon Jul 12, 2010 9:55 am, edited 1 time in total.