WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Dawie »

"Rule of Thumb" van iemand wat ek nie meer kan onthou meer wie ges? het nie....

Betaal meer vir jou scope as vir jou geweer

Dawie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Hein M. »

Hallo k?rels!

Ek het 'n versameling Magnum tydskrifte wat tot teen die dak strek en ek lees hulle die heeltyd.  Deur al die JARE het almal wat Burris teleskope getoets het net lof vir die produk gehad.

Ek het nou die dag 'n Vortex 4-12x40 by Safari&Outdoor gekoop.  Dit is net vir dagskiet met my toekomstige 243.  Met daardie waarborg kan jy nie juis verkeerd gaan nie.  Hendrik het mydie versekering gegee dat dit 'n goeie scope is - en ek aanvaar sy woord.

Dawie,

Jy is heeltemal reg.  Ai man, die min geldjies en die kwaai vrou ;D

Groete!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by muishond »

Hallo Danie .243

Baie dankie vir die duidelike verduidelikking.
Ek kan sien jy het baie kennis oor teleskope,gewere ens.

Die duidelike keuse sal dan die 6.5-20x50 BURRIS wees.
Ek verstaan dat n te groot vergroting nie in die nag sal werk nie.
Wat van as ek die paralaks verstelling doen op x11 so op 200m in die aand en dit memoriseer bv. deur n merkie te maak met cutex op die paralaks verstellings knop,as ek dan in die aand gaan jag dan verstel ek net die paralaks verstellings knop sodat die cutex merkies regoor mekaar is.

Danie het jy dalk n idee wat die prys op die oomblik is van die 6.5-2ox50 VORTEX VIPER en die BURRIS  full field ll tacticle.

GROETE

MUISHOND
Danie Lombard .243

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Danie Lombard .243 »

Hi Muishond.

Jy sal vir Hendrik by Safari and Outdoor moet skakel oor die pryse. Ek het vir my Burris R5500-00 betaal daar by Hendrik.
Maak seker voor jy koop. Die Vortex is beslis 'n BAIE GOEIE koop. Ek het vanmiddag ge oefen vir more se skiet komp. en was weer verras met die Burris se vermoe om sy zero punt te behou al verander mens die vergroting herhaalde kere na mekaar.Het dit weer getoets.
Ek het 168gr national match hollow point boat tail punte geskiet op 12X krag. Dit het perfek gewerk met die balistic holdover. Hoop net dit gaan more so goed soos vanmiddag met die oefen.

Lekker koop en geniet jou scope.

Danie.
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by muishond »

Hello Danie .243

Hoe het dit toe gegaan met die skietkomp?
Hopelik sommer baie goed

Groete

Muishond
Plasmodium
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Mon Jan 04, 2010 5:01 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Plasmodium »

Hi almal.

Wat dink julle van Leapers scopes? Ek het 'n 3-12 x 44 leapers wat ek op my Mauser gaan sit.  Ek het ook die 4-16 x 56 SWAT vir my toekomstige .243.  Die ouens in die airgun wereld gebruik dit nogal.  Ek het self 4 van hulle.  Die turrets is oop, maar kan "lock".  Het enige iemand ervaring van die scopes op jaggewere?
243 Sako 85 Varmint SS & 5-30x50 Z6
8x57IS Mauser & 3-9x40 VXII
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by JOHANNIC »

Plasmoduim
Van al die leapers is nikon sekerlik die beste,maar onthou daar is n rede hoekom een scope goedkoper as n ander een is,243 recoil min maar as jy stamp aan daardie leaper in die veld kan jou zero weg wees en dan is jou goedkoop jag trip eweskielik n duur trip,veral as jy begin kwes!!

My bietjie raad aan jou sal wees koop die duurste/beste scope wat jy kan bekostig.

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Louis Kriel »

muishond wrote: Francois, DirtyOldsix en Janjak

Baie dankie vir julle raad en opienies.

Die leopold is natuurlik my eerste keuse, maar die finansies laat dit nie toe nie en ek is bang vir tweedehandse teleskope.

Het gehoor dat die VORTEX en BURRIS nie n slegte koop sal wees nie.
Ek sal graag by julle wil hoor wat julle dink!!

Groete
Muishond
Ek het geen ervaring van die Burris nie, maar Tickey van Wyk van Loxton (Boer Soek Vrou) het een op sy .243 en volgens hom is daar op hierdie hele aarde nie 'n beter teleskoop om op jou geweer te sit nie!  Ek was ook vir jare 'n intekenaar op Petersen's Rifleshooter tydskrif in Amerika en het nog NOOIT enige negatiewe kommentaar van ouens soos Craig Boddington oor Burris scopes gesien nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Hein M. »

Wel, die Burris is regtig  goeie waarde vir geld, maar Tickey het ten minste die regte kaliber geweer ;D

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Ponkie »

Hein

308 bly koning!!!!!

Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Louis Kriel »

hein wrote: Wel, die Burris is regtig  goeie waarde vir geld, maar Tickey het ten minste die regte kaliber geweer ;D

Hein M
...en 'n verskriklike mooi vrou  ;)
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Monrique (SJ) »

Ek het n Burris 3-9x40 fullfield en n      Lynx 3-9x42 ek moet s? dat as jy deur die 2 kyk is die Burris baie meer helder. Ek het al deur verskeie duur scopes gekyk en die Burris is heelwat van hulle voor wat clarity aan betref teen die helfte van die prys. Dit is net my opinie. Groetnis
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Janjak »

Wat dink julle van die Nikon Monarch scopes?

Ek wou dit op n nuwe hoof sit toe sien ek eers hoe ver agter ek is.
Was bietjie van die lig af vir n rukkie nou sal ek amper nie kan opvang nie.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Monrique (SJ) »

Janjak ek s? nie  Nikon's is n swak scope nie, maar ek dink daar is beter waarde vir geld scopes. My 2c Groetnis
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by DSBW »

Janjak

Ek skiet nou so 4 jaar met 'n Nikon, ek het ook Zeis, Leupoldt scopes op ander gewere. Ek dink nie die Nikon is 100% in die Leupoldt se klas nie, maar naby genoeg, hy vergelyk nie met 'n Zeis nie, maar so ook nie sy prys nie, so mens moet hom koop en gebruik met dit in gedagte.

Myne is op 'n 7mm RM, met "target turrets", het nog nooit enige probleem gehad nie, verstellings is puik, optiese kwalitiet heeltemal aanvaarbaar, sterk gebou. Sal ek hom weer koop? Ongetwyfeld, goeie waarde vir die geld wat ek daardie tyd vir hom betaal het, weet nie wat hulle nou kos nie.

Dawie
Agentkoos
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Jun 13, 2010 5:59 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Agentkoos »

Janjak
Ek skiet met n 2.5-10x42 Nikon Monarg op my 30-06 en nog nooit probleme gehad met die scope nie. Vir daai prys gaan jy nie maklik beter  lense kry nie
Groetnis
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Beyers »

Self nou 'n 4-16x44 Nikon Monarch op my .30-06. Ek is tevrede. Ek sou graag die Monarch X wil sien. Wag vir 'n Trijicon 6.5-20x50 te kom, sal 22 Jun in die land wees. Leupold sal nie meer uitvoer na SA nie, ons moet nou deur die agente koop. Die manne rook ons. >:(
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Beyers »

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Hein M. »

Ek stel ook belang in 'n Nikon Monarch.  Sekere modelle van die Nikon brand word deur Leupold vervaardig.  Hulle het ook 'n baie goeie waarborg.

Ek sal graag nog inligting waardeer van julle ouens wat reeds hierdie scopes gekoop het.

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Raven »

Manne,
Kyk bietjie hierna, jy gee jou kaliber, punt gewig, spoed ens, en die ouens kan vir jou 'n scope maak vir jou spesifieke geweer.

http://www.quigleyfordscopes.com/products.htm

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Francois B »

midag julle

greybullprecision.com en leopoldcustomshop bou ook  die turrets
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Janjak »

Ek is n kanniedood Lynx ondersteuner maar was lus om een van die nuwe Nikon Monarch's te toets.
My Nikon Rangefinder loop mooi en ek wou sien wat hulle teleskope doen.

Die Nikon wat ek toe gekry het is die 5-20x44 Monarch. Hy kom standaard met n sonskerm, oopknip klappies en 3 stelle turrets (laag, hoog en tactical).
Sal hom nog bietjie toets en julle laat weet maar dit lyk asof my 308 Sako en hy goed oor die weg kom.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Francois Marais »

Manne

Nie eers geweet Zeiss maak hierdie goete nie, hierdie sal duidelik die een wees wat ek sal aanbeveel

http://www.hudisco.com/Telescopic%20Sight%20ZF%206-24x72mm.html

Dink net jy kan n 7mm exit pupil kry op net oor die 10 maal vergroting, en met daai groot voor lens skiet jy sommer inni maanlig.... Lekker, kos seker n plaas se prys.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Beyers »

Die Trijicon is op die 223, hy kyk 'n barshou sien die gaajies op 300m as die op die wit van die skyf is. Op 200 sien mens die gaatjies op die swart. Paralaks verstelling werk uitstekend. "fokus" die teiken en beweeg jou kop en die kruishaar is vasgegom op die plek. Hy het 'n groot afstand tussen die agter lens en die anker op die kam. dus kan die geweer maar bietjie skop, sal nie 'n magnum wenkbrou kry nie.
Image
Irene skiet op 200m
Image
Carol skiet op 200m
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: WATTER SCOPE BEVEEL JULLE AAN

Post by Piet Breedt »

My ondervinding met die Burris scopes het heel toevalig begin toe n maat van my vra of hy sy en sy pa se gewere hier by my kan kom inskiet,aangesien hy vir homself n Leupold gekoop het, en sy pa nie vir hom wou luister, en so stupid was om vir hom n Burris te koop. Watse ding vra ek? n Burris. Nog nooit daarmee te doen ge kry, en gaan toe maar saam baan toe om te kyk.

Nou laat ek julle vertel. Ek was "Mr Leupold" hier by ons. Nadat ek gehelp het om die scopes op te sit en in te skiet, was ek so beindruk met die Burris, dat ek toe maar self een gekoop het. Van daardie dag af het ek stelselmatig al my Leupolds verkoop, en met Burris'e vervang. Ek het slegs Leupolds op al my gewere gehad vir n lang tyd. Die Burris'e het die Leupolds behoorlik ore aangesit met helderheid, veral in die nag, en ek kon op die skietbaan met presies dieselfde vergroting scopes, die gaatjies sien op die swart van n teiken op 200m, wanneer ek dit glad nie kon sien met my Leupold. Vyf van my skietmaats wat dieselfde vergroting Leupolds het, het dit ook al met hul eie o? gesien.

Drie van ons het een volmaand aand gaan bosvarke voorsit. Ek met n 3 - 9 x 40 Burris Fullfield II, Paul met n Nikon 3 - 12 x 50, en Alrich met n Leupold 3 - 10 x 40. Die maan was nog nie mooi op nie, toe kom daar n Duiker in. Ek mik toe op hom, en vra vir die ander 2 of hul die skoot sou kon vat as dit n bosvark was. Ja s? hulle, maar hul sal moet raai waar die middel van die kruishaar sit, aangesien hul nie dit kan sien nie. Ek s? toe hul moet deur my Burris kyk, en altwee was stomgeslaan oor die helderheid, en die sigbare kruishaar. Ons ruil toe almal gewere uit en kyk, en daar was eenparig besluit dat die Burris loshande die beste beeld het. Dit is maar een van my ondervindinge waar die Burris ander duurder scopes ore aan gesit het, en waar ek die manne kan kry om te getuig. Dit is veral my 4.5 - 14 x 42 Fullfield II scopes wat my selfde vergroting Leupolds behoorlik ore aangesit het, sowel as my 4,5 - 14 x 50 Leupolds. Ek het vandag nie meer een Leupold oor nie. Ek s? nie hulle sleg nie, maar dink net dat die Burris n baie beter waarde vir geld scope is, wat nie die bank breek nie.

Teen ongeveer 2/3des, en selfs minder as die prys van dieselfde Leupold, is dit boonop nog n winskoop. Die Burris'e het hul boonop as uitstekende jag, en teikenskiet teleskope bewys, en veral in die nag, is hul helderheid iets om te beleef.

Ek is geborg deur Nikon SA met hul top of the range Nikon Monarch X 4 - 16 x 50 SF M MD, en vind hom baie goed. Maar as ek moet kies, neem ek baie eerder die 4.5 - 14 x 42 Burris Fullfield II, waarvan ek 4 het.

Ek was baie gespot oor my Burris by ons Nasionale kampioenskappe, maar resultate het dit bewys, en vandag is daar al heelwat skuts wat ook met Burris'e skiet. Ek het nog nooit n probleem ondervind met enige van my 8 wat ek het nie. Hulle stel presies dit wat jy vra, wanneer jy stel, en behou hul zero.

Hul intree vlak Fullfield II produk is volgens my by verre die beste waarde vir geld teleskoop wat ek nog mee geskiet het, en ek het al baie verskillende fabrikate getoets. Dit is nie nodig om hul duurder "Signature of Black Diamond" reeks te koop nie.

Ek toets tans n "New Type" 10 - 50 x 60 Nikko Stirling Diamond series scope op my .25 06 vir kompetisies, en bakkie jag, en het al heelwat Jakkalse ook met hom in die nag geskiet. Ek sal n volledige verslag oor hom plaas as ek klaar getoets het.

Hier is n video oor hoe die Burris'e gemaak word

http://www.burrisoptics.com/video8.html
Last edited by Piet Breedt on Mon Jul 12, 2010 9:55 am, edited 1 time in total.
Post Reply