Enzootiese aborsie

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Enzootiese aborsie

Post by JK »

Kan mens dit onder bees kry?

Ek het dit onder skaap gehad n paar terug, en toe nooit weer. Ek het onder my verse elke jaar enkele aborsies, en laas jaar toe somer so n paar agtermekaar toe spuit ek almal sodra die eier begin wys terramyzin, en dit stop toe. Kan dit dit wees. Ook drie dae stywe siek verdink, maar dit bleik toe nie dit te wees. Ek kry geen abosies onder die koeie nie. :-\

Ek neem gereeld skedewasse en spuit brucelose.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Enzootiese aborsie

Post by Foxcreek »

Laat toets vir BVD. Miskien is dit die rede?
Daar is goeie entstowwe vir BVD.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Enzootiese aborsie

Post by savage(P Coetzer) »

BVD kan n oorsaak wees maar ek sal eerder vir Besmetlike misgeboorte laat toets onder die kudde. Mens kan RB51 ent teen BM maar hy is lekker duur. Respiravax kan jy teen bvd, ibr en pastuerella ent maar hy is ook lekker duur. Die voordeel van respiravax is dat jy dit vir dragtige diere kan spuit.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Enzootiese aborsie

Post by JK »

Ek ent teen besmetlike misgeboorte, maar dalk is die entstof nie 100 effektief nie?. Sal maar weer laat toets, vorige keer kon hulle niks kry nie. Soos gese is net die verse wat ek n probleem het, selfs die aborteer het kalf 100% daarna.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: Enzootiese aborsie

Post by Foxcreek »

Praat ook met jou vee-arts en toets vir Leptospirose.

Daai wat jy se, as jy verse met antibiotika behandel aborteer hulle nie, is wat gebeur met Lepto.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Enzootiese aborsie

Post by JK »

:o Ken dit nie, maar sal met veearts praat , dankie
Post Reply