Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het dit onder skaap gehad n paar terug, en toe nooit weer. Ek het onder my verse elke jaar enkele aborsies, en laas jaar toe somer so n paar agtermekaar toe spuit ek almal sodra die eier begin wys terramyzin, en dit stop toe. Kan dit dit wees. Ook drie dae stywe siek verdink, maar dit bleik toe nie dit te wees. Ek kry geen abosies onder die koeie nie.
BVD kan n oorsaak wees maar ek sal eerder vir Besmetlike misgeboorte laat toets onder die kudde. Mens kan RB51 ent teen BM maar hy is lekker duur. Respiravax kan jy teen bvd, ibr en pastuerella ent maar hy is ook lekker duur. Die voordeel van respiravax is dat jy dit vir dragtige diere kan spuit.
Ek ent teen besmetlike misgeboorte, maar dalk is die entstof nie 100 effektief nie?. Sal maar weer laat toets, vorige keer kon hulle niks kry nie. Soos gese is net die verse wat ek n probleem het, selfs die aborteer het kalf 100% daarna.