Scope wat opwasem

Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Scope wat opwasem

Post by Cobus(Cobb) »

Is daar iets wat mens op die lense kan sit on laatnag opwasem te keer?

Cheers
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Scope wat opwasem

Post by mariusr »

Ja het dit al gebruik op my motor se ruite en het gewerk sal seker vir teleskope ook werk! Kan nou nie die naam onthou anti fog of so iets kry by motor onderdeel winkels!
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Scope wat opwasem

Post by theedge »

Ken daai probleem self met die bril. Jy kry n anti fog lappie by geweerwinkels hy werk - ek het egter oorgeslaan n die sprui anti mist - spanjaard vervaardiger, ek gebruik op my bril scope en werk ook great vir duikbril. Die blikkie kom ook nou al ver.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Scope wat opwasem

Post by JPS »

Jy kry ook anti fog vir swem brille te koop by sportswinkels. Werk ook goed, jy kan lappies of spuitbottels met lappie kry by hulle.

mooiloop
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Scope wat opwasem

Post by JTM »

Ek gebruik Birchwood Casey VizWiz , maar ander produkte soos hier bo genoem mag dalk net so goed werk.
Jannie Welman
User avatar
Gregvzyl
Full Member
Full Member
Posts: 188
Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am

Re: Scope wat opwasem

Post by Gregvzyl »

Ek het die volgende geleer met duikbrille (Scuba) en weet nie of dit sal werk met 'n scope nie, maar dit is goedkoop genoeg om te probeer.

Sny 'n aartappel middeldeur en smeer die brille met die skyf, laat droogword en poets die bril skoon. Die bril sal nou nie meer opwasem nie.

As iemand braaf genoeg is om dit te toets, laat weet maar of dit werk.
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Scope wat opwasem

Post by JTM »

Sjoe Greg , amper gedink jy wou voorstel dat mens eers op jou scope lense moet spoeg soos party duikers voor mens dit gebruik. LOL
Jannie Welman
User avatar
Gregvzyl
Full Member
Full Member
Posts: 188
Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am

Re: Scope wat opwasem

Post by Gregvzyl »

JTM wrote:Sjoe Greg , amper gedink jy wou voorstel dat mens eers op jou scope lense moet spoeg soos party duikers voor mens dit gebruik. LOL
Ek wou dit noem, dit is nog die goedkoopste manier, maar die water om af te was is aansienlik minder in die bos. En jou jag maats gaan jou nie weer saam nooi nie. :laugh:
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Scope wat opwasem

Post by cassie_calvinia »

gewone anti fog by sport winkel, of bril winkel.
of natuurlik 'n Z6 >:D
HOU HOM DAAI DIKTE
Post Reply