Grumpy ek het 'n Glock 19 wat ek elke dag dra, en ek skiet nogals baie met hom. Ek is baie gelukkig met hom.
My vrou het 'n Glock 26. Sy skiet meeste mans by ons club onder die grond in met haar "baby" Glock. Hy groepeer net so goed indien nie beter as my G19, So moet hom nie afskryf as gevolg van sy size nie. My vrou het ook die gewone 15 en 17 skoot magesyne met +2 shoe en Xgrip grip extention
http://x-grips.com/products/glock2627.html wat hom dan basies 17 of 19 skote gee, maar dan kan jy net sowel een van die groter glocks kry, die lekker ding is jy kan hom nog steeds "dress down" en net die 10 of 12 rondte magesyne gebruik.
My neef is 'n skaap boer, hy is in en uit die bakkie, tussen skape en in drukgange. hy is wapen versot en het verskye 9mm's, 'n bxp, LM. ens.... hy het altyd sy CZ75 dag en nag by hom gedra. Hy het onlangs 'n Glock 26 gekry en dit het nou sy dra pistool geword. Hy skiet net so goed soos sy CZ, en hy se party dae moet hy voel om seker te maak die geweer is nog aan hom.
As jou HOOFDOEL is om 'n klein gemaklike pistool te kry om elke dag te dra. En nie 'n sport skiet pistool nie. Dan sal ek maklik die G26 aanbeveel.