Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Arnold »

Kan ek dalk net byvoeg dat dit baie onverantwoordelik sou wees om ladings op die forum te gee. Gewere is nie dieselfde nie en ladings wat veilig wys in QL is dalk nie veilig in jou geweer nie. Ek sou voorstel dat jy die spoed en druk gee gee sodat ander manne op die forum dit ook sommer vinnig kan check as hulle die tyd het.

Ek het al self ladings uitgewerk met QL en as ek met my lading met 2gr minder begin bereik ek reeds die maksimum spoed. As ek die lading wat QL gewys het dadelik probeer het sou ek dalk nie vandag hier gewees het. Begin laag en werk jou lading op oor 'n chronograaf. Mens het elkgeval die data nodig om QL te kalibreer.

So Ludwig
Ek kort 'n paar ladings maar ek sal jou PM, sms, epos en bel :)
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by VdWalt »

Ek was bang ons druk julle blou (pienk?) met al die vrae! 

Baie dankie vir al julle moeite - ek dink julle het oor en oor vir ons
bewys dit is die moeite werd of self ook die program aan te skaf
en ons 'n fortuin gespaar.

Baie dankie
Van der Walt
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by tripodmvr »

Stem saam dat dit baie meer gorden sal wees. Ek wil voorstel dat die' vrae onder 'n ander hofie geopen word "Ladingshulp mbv Quick Load". Die post moet vra dat die lid sy geweer se data plaas sodat dit nie weer gevra word nie nl. looplengte, beoogde TPL, koe?ltipe en dopvolume soos met water gemeet. Nou hoef dit nie aan elke vraesteller verduidelik te word nie. Twist kan bykom om raad te gee oor te lang projektiele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ludie dankie vir die skrywe en ek glo van harte mense sal hierdie in die regte lig sien en hopelik besef dat hierdie net dood eenvoudig te veel geraak het vir die paar manne wat daarmee belas was.

Ons se in dieselfde asem dankie vir die manne soos Arnold en Driepoot wat ook so onbaatsugtig hulle tyd opgeoffer het in die verband. Werklik dankie en ek glo julle sal in die toekoms nog steeds net so getrou julle kennis deel.

Driepoot ek stem met jou voorstel en ek sal so hofie skep. Ek stel verder ook voor dat persone sommer hulle kruit se lott nommer insluit onder die gegewens en geen voorspelling sal ook gegee word alvorens die persoon nie ten minste drie skote geskiet het vir kalibrering nie. Daar sal natuurlik wel gehelp word met n begin lading.

Vir die manne daarbuite kan ek net weereens beaam dat die aanskaf van QL hoog moet tel onder een van die eerste dinge wat n persoon moet aanskaf met die herlaaiproses. Die program tesame met die nodeformule het homself nou deur en deur bewys en is om alles te kroon n veiliger manier om te herlaai. Doen julle maar weer die guns om alles deur te lees op die Forum oor die program en ek glo die gebruik daarvan sal baie vergemaklik word. Vrae kan dan gerus gevra word en ek glo tussen die mannne sal die antwoorde kom.

Ek benadruk dan ook nou hier dat PM's gerug aan my ook nie beantwoord sal word nie maar slegs op die Forum onder die gepaste hoof. Jammer weereens daaroor maar dit het regtig hand uit geruk. Ek hoop regtig van harte julle sal dit verstaan.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Arnold »

By my nuwe werk moet ek werk en het gelukkig nie QL op my rekenaar nie. Met twee kleintjies by die huis kry ek ook maar min tyd om op Quickload te speel.
Ek kry nie eers kans om vir myself te herlaai nie, wat nog te se van gaan skiet.

Vir die manne wat lees oor die OBT en al die getuienis lees dat dit werk wil ek ook net een ding se, QL en die OBT is nie die alfa en omega nie en dat niks praktiese toetse kan vervang nie. Dit gee wel 'n uitstekende vertrek punt as jy soek na 'n lading wat dalk so bietjie beter groepeer.

Die OBT metode gaan ook nie maak dat jou kopseer geweer nou eweskielik groepeer nie. Daar is baie faktore wat bydrae tot die akkuraatheid van die geweer baie hiervan is al breedvoerig op die forum bespreek, soos Muishond se 30-06 doppe wat hy nou in sy 243 gebruik.

Dit sou 'n groot voorreg wees om 'n moderator op die forum te wees maar ek is baie bly dat ek nie daai baadjie hoef aan te trek nie. Dit is meestal werk wat ongesiene gaan en partykeer nie lekker om te doen nie. Dankie vir die bereidwilligheid van al ons moderators om so mooi na ons om te sien :)
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Johan Reyneke »

Wouter Roets wrote: Vir die manne daarbuite kan ek net weereens beaam dat die aanskaf van QL hoog moet tel onder een van die eerste dinge wat n persoon moet aanskaf met die herlaaiproses. Die program tesame met die nodeformule het homself nou deur en deur bewys en is om alles te kroon n veiliger manier om te herlaai. Doen julle maar weer die guns om alles deur te lees op die Forum oor die program en ek glo die gebruik daarvan sal baie vergemaklik word. Vrae kan dan gerus gevra word en ek glo tussen die mannne sal die antwoorde kom.
VdWalt wrote: Ek was bang ons druk julle blou (pienk?) met al die vrae! 

Baie dankie vir al julle moeite - ek dink julle het oor en oor vir ons
bewys dit is die moeite werd of self ook die program aan te skaf
en ons 'n fortuin gespaar.

Baie dankie
Van der Walt
Dit was een van die eertse hulpmiddels wat ek aangeskaf het toe ek ernstig begin het met herlaai. En ja daar is soveel veranderlikes dat QL amper met elke wapen gekalibreer moet word.

Ek se ook dankie aan al die inligting wat almal al hier geplaas het, want ek het baie geleer met die opstel en gebruik van QL deur net te lees.

Johan
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Piet Breedt »

Ludwig, Arnold en Wouter, ek vra om verskoning, ek lees nou eers hierdie post nadat ek julle gevra het om te help met QL en my .243

Dankie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by JACQUES BOTHA »

Piet
Jy weet mos n 243 is gemaak om jou te laat sukkel---
Maar gelukkig skiet jy mos nou die kruppel 2 50 en die 25-06 wat weer gemaak is om jou vrede in jou hart te gee --
Ok As jy nie alreeds vrede het met jou 308 nie...
Lekker dag
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Carl »

Magies ek sien die nou eers! Dankie vir die terugvoer op my QL vrae sover. Ek weet die sagteware is nie altyd beskikbaar in die winkels nie. Ek koop al my Fotografie sagteware via die internet, is daar nie 'n plek waar mens QL kan koop en "download" nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
uitenwaj
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by uitenwaj »

Aan al die QL manne.
Het nog nie van julle dienste gebruik gemaak nie maar het al baie van julle posts gelees en wil aan almal se baie dankie vir julle harde werk. Het baie geleer uit ander manne se vrae.

Ek oorweeg dit ook sterk om die QL program te koop maar as ek eers n lading etc gekry het wat werk dan klou ek soos aan n wol kombers aan daai kombinasie tot hulle nie meer daai punt etc maak nie. LOL So om daai +-R1800 te betaal vir 'n program wat elke jaar of twee jaar vervang word met n nuwe een maak ongelukkig nie vir die algemene ou sin om die program te koop nie behalwe as 'n paar vriende die program saam koop nie wat weer eens nie vir my sal werk nie aan gesien ek die enigste een is wat skiet en self herlaai.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Eugene »

Ludwig wrote:uitenwaj, daar is 'n ander opsie as om die program aan te skaf. Lees bietjie hier: http://jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=16223
Kan dit aanbeveel! Dit werk goed en ek hoef nie te sit en kopkrap oor begin waardes en formules, ensovoorts nie!
Aim small, miss small
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by the kid »

Ek het ook al Ludwig se dienste gebruik en kan dit aanbeveel.
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by OomMatt »

Dag Manne
Wil graag my 10c gooi

Nou nie dat ek n herlaaier met wereld kennis is nie , maar herlaai van 1996 af soos geleer is deur oorlede Mauritz. Stem ook saam met alles soos hier bo , en as dit nie vir Driepoot was nie , het ek seker nog gesukkel. Het die naweek seker my laaste toets ladings gedoen , want ander gewere is ek mee gelukkig , so ook baie koeels getoets vir my gewere en ook baie vooraad.

Ek persoonlik hou daarvan om mentor te kry , en dan praat ek net met hom , dis ek.

Hier my storie om aan te sluit by draad , en Driepoot weet van net die begin wat ek aan hom genoem het weke terug. Het by skiet baan gehoor vriend sukkel met 7mmRM , EN SOEK HULP BY MY. Het bang geword vir geweer , skop vreeslik , sukkel met grendel , ens. Ek het die basic vrae gevrae en geskrik. Die antwoord wat gekry was , "ek ken iemand met 300WM en se toe ek moet sy lading probeer wat baie mooi skiet" . Ek het die inligting vir Driepoot gegee en gevind die lading se druk is gevaarlik hoog , natuulik , soos Driepoot inderdaat en ook korek genoem het , dit is n loop proef lading.

Ons as wapen eienaars het verantwoordlikheid nie net aan ons self nie , maar ons mede mens ook. Moet verantwoordlik optree , en indien nie seker is van ons saak nie , vrae . Nie ons ore of oe uit leen vir ander se ladings nie , want as jy net bietjie van wapens weet , moet jy mos besef as jy so iets wil doen , speel jy met jou lewe en ook met die van ander.

Dus om ander te help met ladings , ja skep ander hoofie en plaas inligting daar, manne met QL kan dan help. Grate , maar hoe lank gaan dit vat vir die wat RAMBO wil wees en ander se ladings copy , want daai lading is beter of vinniger as myne.
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
ljoubert
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Fri Dec 04, 2015 10:45 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by ljoubert »

Ek wil ook net dankie se vi al die hulp wat die manne vi ons gee en glo. My ons dommes wardeer dit
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Baasvark »

OomMatt wrote:Dag Manne
Wil graag my 10c gooi

Nou nie dat ek n herlaaier met wereld kennis is nie , maar herlaai van 1996 af soos geleer is deur oorlede Mauritz. Stem ook saam met alles soos hier bo , en as dit nie vir Driepoot was nie , het ek seker nog gesukkel. Het die naweek seker my laaste toets ladings gedoen , want ander gewere is ek mee gelukkig , so ook baie koeels getoets vir my gewere en ook baie vooraad.

Ek persoonlik hou daarvan om mentor te kry , en dan praat ek net met hom , dis ek.

Hier my storie om aan te sluit by draad , en Driepoot weet van net die begin wat ek aan hom genoem het weke terug. Het by skiet baan gehoor vriend sukkel met 7mmRM , EN SOEK HULP BY MY. Het bang geword vir geweer , skop vreeslik , sukkel met grendel , ens. Ek het die basic vrae gevrae en geskrik. Die antwoord wat gekry was , "ek ken iemand met 300WM en se toe ek moet sy lading probeer wat baie mooi skiet" . Ek het die inligting vir Driepoot gegee en gevind die lading se druk is gevaarlik hoog , natuulik , soos Driepoot inderdaat en ook korek genoem het , dit is n loop proef lading.

Ons as wapen eienaars het verantwoordlikheid nie net aan ons self nie , maar ons mede mens ook. Moet verantwoordlik optree , en indien nie seker is van ons saak nie , vrae . Nie ons ore of oe uit leen vir ander se ladings nie , want as jy net bietjie van wapens weet , moet jy mos besef as jy so iets wil doen , speel jy met jou lewe en ook met die van ander.

Dus om ander te help met ladings , ja skep ander hoofie en plaas inligting daar, manne met QL kan dan help. Grate , maar hoe lank gaan dit vat vir die wat RAMBO wil wees en ander se ladings copy , want daai lading is beter of vinniger as myne.
Oom Matt fis baie geldige punte en ek het self al op die baan snaakse goed gesien en gehoor...

Manne wat sommer herlaaide ammo onder mekaar wil uit ruil ens...

Ek glo dat almal wat op hierdie forum is toegang het tot goeie inligting...

As mens net die soek funksie gebruik is daar baie inligting rondom herlaai ens. en kan mens jou gewis van al die moontlke gevare...

Dis die manne daar buite wat net genoeg weet om gevaarlik te wees wat my soms bang maak!

Hier is genoeg manne met kennis en ek dink die gemiddelde vlak vsn kennis is redelik bo gemiddeld. Nuwelinge word gou deur die QL gurus gehelp en daar is altyd raad rondom veiligheid ens...

Wat die cowboys aanbetref sal niks wat ons sê 'n verskil maak nie. Sulke manne leer gewoontlik eers as dit te laat is.

Ek dink net die gemiddelde jagter besef nie werklik hoe groot die kragte is waarmee hy te doen het as hy herlaai nie...

Ons kan net 'n platform bied waar herlaaiers goeie , veilige inligting uitruil en beginners van die staanspoor af reg kan leer.

Dis gelukkig die goed wat Wouter en Oom Driepoot dek.

Terloops - ek het een aand 'n herlaai kursus bygewoon (met die hoop dat ek heelwat meer sal leer). Dit was 'n groot teleurstelling om die minste daarvan te se en veiligheid is amper nie eers gedek nie.......

Kan nie glo el moes betaal daarvoor nie!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Quick Load en ladings versoeke - Lees asb

Post by Capt. Yoda »

EK wil ook nog op n herlaai kursus gaan...hoor jy kry tot n sertifikaat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply