OomMatt wrote:Dag Manne
Wil graag my 10c gooi
Nou nie dat ek n herlaaier met wereld kennis is nie , maar herlaai van 1996 af soos geleer is deur oorlede Mauritz. Stem ook saam met alles soos hier bo , en as dit nie vir Driepoot was nie , het ek seker nog gesukkel. Het die naweek seker my laaste toets ladings gedoen , want ander gewere is ek mee gelukkig , so ook baie koeels getoets vir my gewere en ook baie vooraad.
Ek persoonlik hou daarvan om mentor te kry , en dan praat ek net met hom , dis ek.
Hier my storie om aan te sluit by draad , en Driepoot weet van net die begin wat ek aan hom genoem het weke terug. Het by skiet baan gehoor vriend sukkel met 7mmRM , EN SOEK HULP BY MY. Het bang geword vir geweer , skop vreeslik , sukkel met grendel , ens. Ek het die basic vrae gevrae en geskrik. Die antwoord wat gekry was , "ek ken iemand met 300WM en se toe ek moet sy lading probeer wat baie mooi skiet" . Ek het die inligting vir Driepoot gegee en gevind die lading se druk is gevaarlik hoog , natuulik , soos Driepoot inderdaat en ook korek genoem het , dit is n loop proef lading.
Ons as wapen eienaars het verantwoordlikheid nie net aan ons self nie , maar ons mede mens ook. Moet verantwoordlik optree , en indien nie seker is van ons saak nie , vrae . Nie ons ore of oe uit leen vir ander se ladings nie , want as jy net bietjie van wapens weet , moet jy mos besef as jy so iets wil doen , speel jy met jou lewe en ook met die van ander.
Dus om ander te help met ladings , ja skep ander hoofie en plaas inligting daar, manne met QL kan dan help. Grate , maar hoe lank gaan dit vat vir die wat RAMBO wil wees en ander se ladings copy , want daai lading is beter of vinniger as myne.
Oom Matt fis baie geldige punte en ek het self al op die baan snaakse goed gesien en gehoor...
Manne wat sommer herlaaide ammo onder mekaar wil uit ruil ens...
Ek glo dat almal wat op hierdie forum is toegang het tot goeie inligting...
As mens net die soek funksie gebruik is daar baie inligting rondom herlaai ens. en kan mens jou gewis van al die moontlke gevare...
Dis die manne daar buite wat net genoeg weet om gevaarlik te wees wat my soms bang maak!
Hier is genoeg manne met kennis en ek dink die gemiddelde vlak vsn kennis is redelik bo gemiddeld. Nuwelinge word gou deur die QL gurus gehelp en daar is altyd raad rondom veiligheid ens...
Wat die cowboys aanbetref sal niks wat ons sê 'n verskil maak nie. Sulke manne leer gewoontlik eers as dit te laat is.
Ek dink net die gemiddelde jagter besef nie werklik hoe groot die kragte is waarmee hy te doen het as hy herlaai nie...
Ons kan net 'n platform bied waar herlaaiers goeie , veilige inligting uitruil en beginners van die staanspoor af reg kan leer.
Dis gelukkig die goed wat Wouter en Oom Driepoot dek.
Terloops - ek het een aand 'n herlaai kursus bygewoon (met die hoop dat ek heelwat meer sal leer). Dit was 'n groot teleurstelling om die minste daarvan te se en veiligheid is amper nie eers gedek nie.......
Kan nie glo el moes betaal daarvoor nie!