Gister kaartjie opgetel. D.w.s. bevoegdheid, en lisensie en die druk van n kaartjie in twee dae langer as drie maande, dit nog alles oor kersfees en nuwe jaar. nee wat, as dit so gaan kan hulle gerus maar vuurwapen wette in soos vandag, in plek hou.BRNO .06 (Pierre) wrote: Die finale goedkeuring het so effe langer gevat as verwag a.g.v. die Kerstyd ens., maar die lisensie is darrem goedgekeur op 12 Januarie 2013.
Ek dink darrem steeds is dit nie te sleg aangesien dit net minder as drie maande geneem het vir die bevoegdheid, sowel as die lisensie om af te handel.
Maandag 7 Januarie het my vrou haar aansoek ingedien vir haar .308 Savage Axis, en teen Donderdag was dit reeds by provinsiaal. Sal op hoogte hou van die vordering.
Die .308 se aansoek is gister by CFR ontvang, en die man daar se dit behoort nog so twee weke te neem tot by afhandeling. Soos Geno se "tick tock tick tock".


