Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post Reply
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Middag manne.

Ek wil asb bietjie hoor watse voorstelle julle het vir jagkoeëls vir die kaliber.

Ek skiet op die oomblik 300gr HP Hornadys, maar dit is `n redelike dun wand holpunt, want ontwerp is om teen lae spoed te "mushroom".  Ek het al twee springbokke met die punt geskiet, en alhoewel hy hulle laat neerslaan asof jy hulle met `n kar gestamp het (met `n bladskoot so op 100m, geen vleisskade behalwe die gat nie), was daar stukkies koper wat agtergebly het.  Hy breek dus op in springbok teen `n muzzle velocity van 1800vps.  Die grootste deel trek natuurlik nou nog.

Ek soek iets waarmee ek eland sal kan aandurf, sonder om oor die opbreek bekommerd te wees.

Die opsies wat ek sover gesien het is as volg:
  • Die 360gr Rhino .458 Soft.  Hy sal beslis baie goed werk, maar teen R16/koeël is hy heelwat duurder as selfs GS Customs, en bietjie bo my vuurmaakplek prysgewys (R800/50).
  • Die ander opsie sover is `n loodpunt.  Hulle werk gewoonlik mooi in die kaliber (stadig genoeg).  Ek het 500 van hulle, 420 greiners van wielgewigte gegooi.  Hulle lyk baie mooi, en teen so 1600/1700vps sal hulle seker die ding doen.  Al wat my keer van hulle is die feit dat ek nie weet hoe so `n wielgewig punt sal doen in iets so groot soos `n eland nie?  Sal nie huiwer om hom te gebruik vir varke nie.
.458 kaliber werk, die voorwaarde hier is natuurlik dat die ding `n plat punt moet hê, want die lever action het `n tubular mag.  Ek neem aan `n solid van een of ander aard sal ook werk, siende dat die spoed te stadig is om meeste goed te laat omklink?

Enige ander voorstelle (veral van die ouens wat 45-70 skiet)?

Baie dankie.
Schalk
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Lourens »

Plastic,

Jou eerste keuse sal in my opinie daai 360gr Rhino wees. Alhoewel aan die duur kant sal hy die job mooi doen mits jou skiet afstand binne perke is en jy jou skoot goed kies. Ek weet Mark Goosen het so paar jaar gelede daardie einste koeel gebruik om 'n moerse Elandbul en 'n Buffelbul plat te skiet. Mauritz Coetzee van S&O het hom met die geskikte lading gehelp, dalk kan Stefans bietjie daar by Oom Maurie hoor en hier terugvoer gee?

Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Dankie Lourens.

Ek het bietjie die storie van daai eland gaan soek, en toe op `n stuk afgekom wat Oom Mauritz geskryf het daaroor. 

Die Rhino punt lyk indrukwekkend, en is seker sy geld werd as jy `n buffel met hom kan aandurf.

Ek sal dalk vir my loodpunte van soortgelyke gewig aanskaf om mee te oefen.

Baie groete.
Schalk
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Mark Goosen het die buffel met 'n koper solid geskiet wat Rhino gemaak het.

Plaaslik is daar nie 'n groot verskeidenheid koeëls vir spesifiek die 45-70 beskikbaar nie. Die Hornady 300gr HP en 350gr RN koele is geredelik beskikbaar, maar hulle is nie premium nie. Die 350gr rondeneus gaan dalk ook nie so lekker in jou buismagasyn werk nie...

Speer maak ook 'n lekker 350gr FN wat ek baie van hou. Maar hulle is EERS skaars. Ek jag met 350gr Swift A-frames (wat ek gelukkig spotgoedkoop by my geweer se vorige eienaar kon oorneem). Hulle werk gaaf. Ek sien hulle nie gereeld in winkels nie.

Die Rhino 360gr is 'n opsie, sowel as GS Custom se 305gr FN.

Ladings wat ek het vir die Rhino in uit 'n Marlin uit is ongeveer 1945vps. Op Rhino se website is daar mooi kiekies van hulle wat omklink.

Jy sal seker daai GS koele teen ten minste 2000vps uit jou Marlin kan kry.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Terloops, ek het so paar jaar terug twee gemsbokke met 325gr loodkoeëls geskiet. Een was kopskoot, die ander skoot was agter die blad effens hoog. Daai skoot is dwarsdeur, mooi ronde gat. Ek dink daai 420greiners van jou sal goed werk teen die spoed wat jy aangedui het. Is hulle ge-gascheck?
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Nee, nie gas-checks op nie.  Sukkel my vrek om gc te kry hier.  Maar ek verstaan solank die spoed nie te hoog raak nie, behoort dit nie `n issue te wees nie.

Dankie vd terugvoer.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Ek het vergeet van Claw Bullets. Hulle maak 300 en 400greiners. Hul pryslys van verlede jaar dui op R190/20, posgeld uitgesluit.

Lekker speel. ;D
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Dankie 45/70.

Het jy enige ondervinding van die Claws?  Dit lyk na `n lekker punt, en ek reken `n 400gr bonded sal seker genoeg wees vir enige vlaktewild duskant `n buffel?

Die prys is baie goed, amper halfprys wat Rhino is (ek het hulle nou net gebel en `n pryslys aangevra). 

Ek weet die solid shank sit die Rhino seker in `n ander klas, maar die bonded Claw sal maklik bymekaar bly teen so 1800fps.

Groete.
Schalk
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Ek het ongelukkig nie ondervinding met Claws op wild nie.  Net in my .30-06 op papierteiken (goeie akkuraatheid). Sou hulle wel in my 45-70 probeer het as ek `n goeie jagkoeël gesoek het.

Ek dink `n 400gr Claw is net die regste medisyne vir enigiets, behalwe buffel en op.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Het sopas met Oom Mauritz gesels.  Ek hoop om eendag `n kwart te weet van wat hy doen.

Hy beveel S335 aan agter daai 400gr Claw, reken ek behoort so 1700vps met die Marlin te kry.  Ek dink hy sal baie mooi werk. 

Ek het gehoop om S321 te kan gebruik, want ek het dit ook nodig vir die .222, maar die oom het my aangeraai om vir die begin by S335 te bly.

Dankie vir die raad sover, lyk my ek vorder darem.

Groete.
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Blackplastic wrote:
Die prys is baie goed, amper halfprys wat Rhino is (ek het hulle nou net gebel en `n pryslys aangevra). 
Kon jy al die pryslys kry?  Sal jy hom vir my aanstuur asseblief?
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Schalk75
Full Member
Full Member
Posts: 214
Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Schalk75 »

Het hom net gister gekry.  Sal hom aanstuur per e-pos.

Groete

Schalk
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Jagkoeëls vir 45/70 Lever Action

Post by Musgrave »

Dankie!
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Post Reply