Ek wil asb bietjie hoor watse voorstelle julle het vir jagkoeëls vir die kaliber.
Ek skiet op die oomblik 300gr HP Hornadys, maar dit is `n redelike dun wand holpunt, want ontwerp is om teen lae spoed te "mushroom". Ek het al twee springbokke met die punt geskiet, en alhoewel hy hulle laat neerslaan asof jy hulle met `n kar gestamp het (met `n bladskoot so op 100m, geen vleisskade behalwe die gat nie), was daar stukkies koper wat agtergebly het. Hy breek dus op in springbok teen `n muzzle velocity van 1800vps. Die grootste deel trek natuurlik nou nog.
Ek soek iets waarmee ek eland sal kan aandurf, sonder om oor die opbreek bekommerd te wees.
Die opsies wat ek sover gesien het is as volg:
- Die 360gr Rhino .458 Soft. Hy sal beslis baie goed werk, maar teen R16/koeël is hy heelwat duurder as selfs GS Customs, en bietjie bo my vuurmaakplek prysgewys (R800/50).
- Die ander opsie sover is `n loodpunt. Hulle werk gewoonlik mooi in die kaliber (stadig genoeg). Ek het 500 van hulle, 420 greiners van wielgewigte gegooi. Hulle lyk baie mooi, en teen so 1600/1700vps sal hulle seker die ding doen. Al wat my keer van hulle is die feit dat ek nie weet hoe so `n wielgewig punt sal doen in iets so groot soos `n eland nie? Sal nie huiwer om hom te gebruik vir varke nie.
Enige ander voorstelle (veral van die ouens wat 45-70 skiet)?
Baie dankie.
Schalk

