WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
varkjagter
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Wed Jan 11, 2012 12:24 pm

WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by varkjagter »

DAGSE KERELS

IS DAAR IEMAND WAT WEET VAN N PRIVAAT SKIETBAAN OF PLAAS IN OF NABY GAUTENG WAAR N MENS TOT OP  1000 METER KAN OEFEN ?
EK HET VIR MY N TRG 42 IN 338 LAPUA AANGESKAF EN DIE KEREL WIL NOU HARDLOOP. N MENS KAN NIE N WINDHOND OP HOK HOU NIE  !!!

GROETE VARKJAGTER
.22 BRNO 1947
25-06 RUGER HAWKEYE
308 TIKKA VARMINTER
375 RUGER ALASKAN
12 BR MOSSBERG
12 BR SILVERPIGEON
300 aac blackout ar 15
223 DOUBLESTAR AR
9mm cz shadow
6.5 x 55 tikka sup var
6.5 X 55 TIKKA VAR
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Jean Marais »

Welkom hier by die Forum Varkjagter. Stel jouself bietjie voor daar by nuwe aansluitings, en vertel meer van jouself.

Daar's nie juis 1000m skietbane in privaatbesit waarvan ek weet nie. Gnl Piet Joubert dink ek is 1000m, maar dis 'n weermag fasiliteit. Weet nie of jy by die bisley ouens sal moet aansluit om daar te kan skiet nie.
Last edited by Jean Marais on Thu Jan 31, 2013 12:48 pm, edited 1 time in total.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Varminter-308 »

Julle manne moet duimvashou......

Ek n Voeltjie hoor fluit van n 1000m baan wat naby Bapsfontein gaan oopmaak. Tot 220 manne kan gelyk skiet.

Sal kyk of ek weer meer kan uitvind.

Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by THOMAST »

Onegelukkig gaan baie van die militêre bane jou nie toelaat om met jou geweer daar te skiet nie, agv die uitvals gebied. Meeste militêre bane se uitvals gebiedens is gemaak om die 303 en 7,62 koeëls veilig te hanteer. Ongelukkig is die 338LM 'n bietjie haastiger en loop hy verder as wat hulle uitvalsgebiede is.
User avatar
varkjagter
Full Member
Full Member
Posts: 185
Joined: Wed Jan 11, 2012 12:24 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by varkjagter »

EK HOU DUIM VAS VIR DAAI BAPSFONTEIN BAAN  !!!!!
.22 BRNO 1947
25-06 RUGER HAWKEYE
308 TIKKA VARMINTER
375 RUGER ALASKAN
12 BR MOSSBERG
12 BR SILVERPIGEON
300 aac blackout ar 15
223 DOUBLESTAR AR
9mm cz shadow
6.5 x 55 tikka sup var
6.5 X 55 TIKKA VAR
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Greyghost »

Yes Please  :) :) :) Varminter-308 gee meer details ek betaal solank my lede geld ..... :)
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Mars67 »

Genl Piet Joubert is net tot op 800m en die Heidelberg baan gaan tot op 900 meter. Die enigste militêre bane wat tot 'n 1000 meter gaan wat ek nog op was is De Brug in Bloemfontein en Dirkie Uys in Potch. Ek praat nou van bane wat ingerig is vir klein geweer. Daar is seker militêre bane wat langer as dit is.

Daar was verlede jaar probleme om siviele skuts op van die militêre bane toegelaat te kry. Dit lyk my is opgelos maar ons was genoodsaak om aan te sluit by die Militêre skiet klub.

Die 900 meter afstand is maar 'n oorblyfsel van die langafstand skiet kompetisies wat in Engeland in Wimbledon (en toe later op Bisley) sy ontstaan gehad het in die vroeë 1800s en waar hulle tot op 1000 yards geskiet het. Dit is bv. waar die Palma kompetisie sy ontstaan gehad het en dit met voorlaaiers. 1000 yards is 914m en dit is maar die langste afstand wat vandag se Bisley steeds op geskiet word. Ek kan nie praat van die moderne gewere nie maar ek kan wel vir julle sê dat 900 meter basies die maksimum is vir die voorlaaier tegnologie wat beskikbaar was in die 1800s. Ons skiet basies met dieselfde tegnologie en daar is 'n stelling tussen ons voorlaaier skuts en dit is dat daardie 100 meter van 800 tot 900 meter die vêrste 100 meter in die wêreld is.

'n Duisend meter baan op Bapsfontein sal werklik uitstekend wees.
Last edited by Mars67 on Fri Feb 01, 2013 7:51 am, edited 1 time in total.
User avatar
Benbrand
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Sep 05, 2012 8:09 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Benbrand »

Sover ek weet is Krokkedilspruit (uit op die Molotto pad) 1000 yards.

Groete
.22 BRNO Mod 2
.308 Sako Forester Full stock
9.3x62 Oberndorf Mauser
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Varminter-308 »

Ludwig.

Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?

Ek sal julle op hoogte hou met daai baan manne. Ek is een wat nie kan wag nie.

Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is. Maar jy moet n lid wees by die Big Bore manne.

Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Geno »

Varminter-308 wrote: Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is.
Pelindaba is 'n 300m baan
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Eugene »

Varminter-308 wrote: Ludwig.

Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?

Ek sal julle op hoogte hou met daai baan manne. Ek is een wat nie kan wag nie.

Daar is nog n 1000m baan in Pelindabaas ek reg is. Maar jy moet n lid wees by die Big Bore manne.
Groete
Skiet daai manne nie met oop visiere nie? Wat wil hulle tot op 'n 1000m skiet?  ;)
Aim small, miss small
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Varminter-308 »

Ek moet bietjie die man vasvat waar ek my inligting kry...lol ;D ;D

Dankie Geno
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Varminter-308 »

Ludwig......

Dit is VRYDAG...!!!!!

Kort nie sulke nuus nie.

Waar gaan ons dan nou gaan?
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Greyghost »

Ek het gongs op 500m by krokodilspruit so 2 weke gelede geskiet so hoop hulle los die 500m baan oop  :(

Varmiter hou ons asb op hoogte met die ander baan sal graag a langer baan wil he.
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Dawie Malan »

Is die 1000 meter baan by Penindaba waarna julle verwys nie Skurweberg Skietbaan nie? Weet nie of hy nog bestaan nie. Die plakkerskamp langsaan het hom seker nou al oorheers. Ek onthou dat ons tereurwapenopleiding daar gedoen het en na ons geskiet het het die honde van die plakkerkamp gaan snuffel daar waar ons ons rat-packs geëet het. Op die bokant van die baan stel ons toe die paar Draganov's op en skiet die 11-1-11 uit die honde uit. En toe gaan kla die kaptein/hoof  van die plakkers by die Bev en die volgende dag, toe 11-1-11 ons.
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Greyghost »

:laugh: :laugh: Ludwig het my eie gongs gevat. en met die 6XC geskiet
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
User avatar
Benbrand
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Wed Sep 05, 2012 8:09 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Benbrand »

Geno, is daai gonge op Krokkedilspruit heel bo teen die kop 500m? Ek tweifel... Hulle is darem maar wyd jong!

Die baan offisier het laasmaand nog vir my gese toe ek daar gan skiet het, dat die afstande 100m, 200m, 300m, 500m en dan 920m (1000y) met gonge op 300, 500 en 1000.

Groete
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Hercules Louw »

Dawie Malan wrote:Is die 1000 meter baan by Penindaba waarna julle verwys nie Skurweberg Skietbaan nie? Weet nie of hy nog bestaan nie. Die plakkerskamp langsaan het hom seker nou al oorheers. Ek onthou dat ons tereurwapenopleiding daar gedoen het en na ons geskiet het het die honde van die plakkerkamp gaan snuffel daar waar ons ons rat-packs geëet het. Op die bokant van die baan stel ons toe die paar Draganov's op en skiet die 11-1-11 uit die honde uit. En toe gaan kla die kaptein/hoof  van die plakkers by die Bev en die volgende dag, toe 11-1-11 ons.
Skurweberg is jare al net 'n plakkerskamp.
Die baan by Pelindaba is tussen die berge agter die AEK geboue. Die SA Jagters se Centurion tak skiet ook daar, dit is maar sowat 300m lank.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Jean Marais »

Ludwig wrote:
Benbrand wrote:Geno, is daai gonge op Krokkedilspruit heel bo teen die kop 500m? Ek tweifel... Hulle is darem maar wyd jong!

Die baan offisier het laasmaand nog vir my gese toe ek daar gan skiet het, dat die afstande 100m, 200m, 300m, 500m en dan 920m (1000y) met gonge op 300, 500 en 1000.

Groete
Ben, ek het nog nooit 'n 1000y afstand of gong daar gesien nie. Die laaste gong, (was altyd 'n bergskaap) hang op 500m. Het hom al gerange. Dis die laaste gong heel bo teen die koppie. Of die skaap nog daar hang weet ek nie, maar as mens nog verder as dit wil skiet, gaan jy bo-oor die koppie skiet. ;)
Ludwig is heeltemal korrek. Die baan is net 500m, en ongelukkig het affirmative shopping onlangs heelwat skade aangerig. Gonge en selfs die afdak vanwaar jy skiet is als gesteel.

Pelindaba se baan is wel langer as 300m, ek dink dis 800m as jy op Google-earth kyk. Slegs 300m word nog aktief benut, die res is deur bos en gras ingeneem.

Groete
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by JuanPaul »

Ludwig wrote:
Varminter-308 wrote: Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek dink die silhouette manne mag nog tot 500m skiet daar, maar nie seker nie. Agv van die opwaartse hoek waarteen daar na die 500m merk geskiet moet word, het hulle besluit dat dit onveiligig is, en mens maklik oor daai koppie kan skiet. Ek weet daar word nie eintlik meer teikens op 500m toegelaat nie, maar hoe "amptelik" dit is, weet ek nie. Indien dit nog nie amptelik korter gemaak is nie, gaan dit binnekort gebeur.
Dagse almal,

Ons het laas jaar Oktober die SA silhouette kampioenskappe daar geskiet, hier is die afstande op `n foto van die baan, hoop dit help julle.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Gerhard »

JuanPaul wrote:
Ludwig wrote:
Varminter-308 wrote: Ek het in Januarie nog 500m geskiet op Krokodil. Wanneer het hulle hom korter gemaak?
Ek dink die silhouette manne mag nog tot 500m skiet daar, maar nie seker nie. Agv van die opwaartse hoek waarteen daar na die 500m merk geskiet moet word, het hulle besluit dat dit onveiligig is, en mens maklik oor daai koppie kan skiet. Ek weet daar word nie eintlik meer teikens op 500m toegelaat nie, maar hoe "amptelik" dit is, weet ek nie. Indien dit nog nie amptelik korter gemaak is nie, gaan dit binnekort gebeur.
Dagse almal,

Ons het laas jaar Oktober die SA silhouette kampioenskappe daar geskiet, hier is die afstande op `n foto van die baan, hoop dit help julle.

Is n lekker skietbaan die.

Ook lekker om daar te skiet omdat daar n baan offisier is wat dinge laat vlot en veilig verloop.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Lourens Potgieter »

Ek het grootgeword so 15 km noord van Pretoria, so 7 km van Bon Accord dam af. Daar was vroeër jare 'n skietbaan naby die dam. Jy het met 'n grondpad langs die bek-en klouseer afdeling van Onderstepoort ingery, so net voor die koppie oorkant die dam....ek was een keer daar saam met skoolvriende, ouers het geskiet daar....

Weet julle nog iets daarvan?Ek neem aan as niemand hom noem nie is hy al lankal toe??
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Sarel »

Deeg wrote:Ek het grootgeword so 15 km noord van Pretoria, so 7 km van Bon Accord dam af. Daar was vroeër jare 'n skietbaan naby die dam. Jy het met 'n grondpad langs die bek-en klouseer afdeling van Onderstepoort ingery, so net voor die koppie oorkant die dam....ek was een keer daar saam met skoolvriende, ouers het geskiet daar....

Weet julle nog iets daarvan?Ek neem aan as niemand hom noem nie is hy al lankal toe??
Deeg, dit was die weermag se skietbane. Het op skool nog kadet kampe daar gedoen. Weet egter nie of dit nog bestaan en oop is vir die algemene publiek nie.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Lourens Potgieter »

Hy is nog steeds op Google Maps, op die sateliet pics....maak google maps oop, search Bon Accord dam....reg links van die dam as jy ent links gaan sal jy die baan sien.....lyk nie of daar veel aangaan nie maar dis duidelik daar was baan.....
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: WAAR IN GAUTENG SKIET MENS TOT OP 1000 METER

Post by Sarel »

Het gaan kyk. Dis dieselfde een waarvan ek gepraat het. Lyk my dit het baie agteruitgegaan
Post Reply