Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vriend van my het 'n helse winskoop gekry, hy koop by 'n ou oom 'n Tikka t3 varmint 300wsm met 'n Zeiss Diavari 6-24 x 56 FL met omtrent 20 skote vir R34000 . Ek se vir hom dit is omtrent die scope alleen se prys.
Elk geval: nou soek ons Zeiss se ballistics calculator om die scope tot sy volle potensiaal te kan gebruik, maar ek kry nie regtig iets op die internet (google) nie. Nou, ek gebruik Swarovski s'n op my scopes en ek weet nie of Zeiss se program soortgelyk is nie?
Kan iemand dalk help wat Zeiss se program gebruik of weet hoe dit werk en waar ek dit sal kry asb? Plaas maar 'n link asb as dit moontlik is of 'n verduideliking.
En installeer die sagteware vir die regte kruis. Harris3006 gebruik ook die sagteware vir sy Rapid-Z reeks kruishare.
Groete,
Eugene
NS, Ek het Strelok+, as al die details (BC, Koeelgewig, spoed, zero afstand, kruishaar, hoogte bo seevlak, temp ens. deurgegee is, kan ek dit inlees en resultate deurgee)
Dankie manne, ek gaan net seker maak oor die kruishaar. Ek het ook iets gister van Strelok raakgelees, maar nie in detail ingegaan nie.
Die kruis is Rapid z, net nie seker oor 700 of 800 nie.