Zeiss Ballistics Calculator

Post Reply
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Zeiss Ballistics Calculator

Post by Kalahari »

Goeie dag almal

Vriend van my het 'n helse winskoop gekry, hy koop by 'n ou oom 'n Tikka t3 varmint 300wsm met 'n Zeiss Diavari 6-24 x 56 FL met omtrent 20 skote vir R34000 :o. Ek se vir hom dit is omtrent die scope alleen se prys.
Elk geval: nou soek ons Zeiss se ballistics calculator om die scope tot sy volle potensiaal te kan gebruik, maar ek kry nie regtig iets op die internet (google) nie. Nou, ek gebruik Swarovski s'n op my scopes en ek weet nie of Zeiss se program soortgelyk is nie?

Kan iemand dalk help wat Zeiss se program gebruik of weet hoe dit werk en waar ek dit sal kry asb? Plaas maar 'n link asb as dit moontlik is of 'n verduideliking.

Baie dankie
Beste

Kalahari
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Zeiss Ballistics Calculator

Post by Geno »

Kalahari,
Die Zeiss sagteware gaan afhang van die teleskoop se kruishaar.
Loer hier: http://sportsoptics.zeiss.com/hunting/e ... pagetabs-3

En installeer die sagteware vir die regte kruis. Harris3006 gebruik ook die sagteware vir sy Rapid-Z reeks kruishare.

Groete,
Eugene

NS, Ek het Strelok+, as al die details (BC, Koeelgewig, spoed, zero afstand, kruishaar, hoogte bo seevlak, temp ens. deurgegee is, kan ek dit inlees en resultate deurgee)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Zeiss Ballistics Calculator

Post by Reggie Gerber »

Soos Geno se hang af van jou kruishaar

Ek gebruik hom vir my Rapid z 800 kruishaar.

As jou data reg ingelees is werk die program baie goed.

Reggie
CZ 200s Hunter PCP
baikel shotgun
.22lr Bruno
204R Howa
223Ai Howa
243 Howa
243 Savage Axis
308 Bruno
CZ 75 PO7 Duty 9mm
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Zeiss Ballistics Calculator

Post by Kalahari »

Geno/ Reggie

Dankie manne, ek gaan net seker maak oor die kruishaar. Ek het ook iets gister van Strelok raakgelees, maar nie in detail ingegaan nie.
Die kruis is Rapid z, net nie seker oor 700 of 800 nie.
Post Reply