Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek moes weer my Hilux "skenk vir liefdadigheid" . So ek moet weer bakkie koop. Ek weet daar is baie opsies en elke fabrikaat is hier te kort en daar te lank.
Wat is julle Isuzu drywers se mening oor die KB 300 D-teq (2012 model) ? Onthou net asb ek werk nie met my bakkie nie, die hardste werk wat hy moet doen is om sleepwa te sleep met vleis in
Ek kyk na die automaties.
Groetnis
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
Ek ry nou my vyfde Isuzu en behalwe vir Nissan tussenin kan ek nie veel se van die ander nie. Isuzu ry sag en sleep soos 'n droom. Onthou hulle is nie die vinnigste op die pad nie. Bly net weg van "Auto" af, jy kry nooit jou geld terug nie.
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Jammer om te hoor, dis nou wragtig nie lekker nie, het al self 2 geskenk. Mens kan sien Jaco ry nie Joburg se verkeer gereeld nie weens die diefstal sal ek juis kyk na iets anders. Toyota SA lyk nie of hulle te veel bekommerd is oor hoe maklik hulle voertuie gesteel word nie. Good for business
Ja Carl, soos jy se goed vir besigheid, geen daadwerklike poging om dit moeiliker te maak vir die diewe nie.
En ja, die auto is vir Jhb se verkeer... en nee Jaco, ek soek nie die vinnigste bakkie op die mark nie, die klomp pote deesdae soek ook enige rede om jou te beboet of te bribe, so ek hou maar mooi by die spoedgrens so ver ek kan. Het paar jaar terug die 250kb LE besit, glad nie 'n resiesperd homself nie.
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
Ken nie Isuzu nie, behalwe dat hulle lui is. Ry self Navara wat baie lekker ry en sleep. V9X ook baie lekker bakkie, en jy kan amper 'n gebou sleep teen die wetlike spoedgrens, MAAR Navara se parte is duurste van al die bakkies! Baie gevaarlik om die goed uit waarborg uit te ry.
Die nuwe Ford Ranger volgens my die beste bakkie tans op papier. Die 2.2 omtrent dieselfde as die 3.0 D4D wat krag betref en die 3.2 Auto bakkie ry regtig lekker. Ek oorweeg hom ook as vervanging van my 2.5 4x4 Navara wat nou sy waarborgeinde bereik.
Toyota, bly Toyota, maar jy gaan bly skenk. (maar as jy reg verseker is, betaal hulle goeie pryse :)Skenk nie noodwendig die probleem nie, maar jou kans dat hulle hom wil afneem met geweld as jy nie wil skenk nie, is ook groter.
Groetnis
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Hi PAC,
Kyk dalk na lae km V9X Navara, full spec teen reget prys. Stunning voertuig, MAAR sal extended warranty uitneem as ek hom koop, anders kan hy jou baie seer byt. Ek hou van NIssan. Op looks sou ek nuwe Ranger koop, op rygemak die Toureq, krag en luuksheid die V9X teen die regte prys en as ek 'n masogis wil word die Toyota
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Ek ry tans n 3l D4DHi Lux, en voor hom n 3,0 Dteq gehad. Vir n tyd lank het ek albei gehad en gery, en kon hulle lekker uitkyk en vergelyk, en hier is my mening:
Die D teq is baie beter waarde vir geld ( met die hi- lux is alles wat jy wil hê EXTRA'S), ry sagter, hanteer gronpad baie beter,is ligter op diesel, en glo dit as jy wil, ook stiller binne in die cab.
Die Dteq het ek nuut gekoop, 45000 km gery en vir R14000 minder verkoop as wat ek betaal het( uit die hand uit natuurlik, nie inruil nie)
Die Hi- lux extra cab ook nuut gekoop,R24000 spandeer aan extra's ( rollbar, nudgebar, towbar,leer sitplekke, speaker om die radio te kan hoor op 120km/h.
Drie maande na die launch het Toyota ook n facelift uitgebring,(nice né) en toe het ek nog R20000 spandeer om ook 17 Duim wiele te hê( wat geriefliker ry).
Die Toyota is egter vir MY mooier, en is hoër op sy wiele.
So maak maar jou eie afleidings
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Die Hi- lux extra cab ook nuut gekoop,R24000 spandeer aan extra's ( rollbar, nudgebar, towbar,leer sitplekke, speaker om die radio te kan hoor op 120km/h.
Kopskoot,
Wees bly dit was nie van die ouer generasies Toyota nie, want dan moes jy nog 'n kidney belt of twee ook aanskaf....
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
Die Isuzu D-teq reeks is nie een lui nie en baie lig op diesel en waarde vir geld!!! Pasop net om nou n nuwe een uit die boks te koop, die nuwe model kom vroeg 2013 uit en dan gaan die huidige model se waarde baie val!
Ek het vir my vroutji n KB250 D-teq D/C gekoop om mee plaas toe te ry en eks baie tevrede ,die bakkie ry 150km/h met gemak met die aircon aan en het meer as genoeg krag om verby te gaan. Sy kry so 12 km/L met die aircon aan.
Jammer, maar jy gaan dit nie met n toyota 2.5 d4d kan doen nie.
Isuzu hanteer n grondpad baie goed!
Gamo 440 Hunter .177
J.G. Anschutz .22
Sako 223
Sako 270
Sako 308
Sako 375 H&H
Bentley 12 boor S by S
9mm par CZ75
PSE Infinity 70pd boog
Ek het nog nie 'n Isuzu gery nie, maar jy hoor altyd die manne se die rygemak is goed. Hier was nou die dag 'n besprekeing waar 'n paar manne net genoem het dat hulle probleme met die injectors gekry het en dan bietjie met Isuzu moes baklei sodat hulle regmaak onder waarborg.
Ek is maar 'n Toyota man. Ek hou van die hoer ry-posisie. Ek werk in versekering en weet hulle word baie meer as die ander bakkies gesteel, maar daar word ook baie meer van hulle verkoop - so dit is ook maar relatief. Ek het maar vir myne 'n tracker laat insit wat jou laat weet as die kar sonder jou beweeg en ek as ek na 'n plek gaan wat riskant is ry ek maar met my vrou se kar.
Het my Ford so 2 ure terug eers opgetel so kan nog nie behoorlik vir jou se van hom. Nie
Ek het we'll die Isuzu vir 5 jaar gery en vir stadsgebruik van 'n gamaks perspektief kan ek nie dink jy sal hom wen nie. Soos jy juis gese het jy is meestal in stad en dan bietjie sleepwa sleep.
O so terloops daai DTEQ hardloop kringe om die Hilux wneer dit by spoed kom. Het al voorheen gepost hoe DTEQ my verbygegaan het op 160km/h in hilux dit het amper gelyk of ek parkering soek.....
JPS wrote:
O so terloops daai DTEQ hardloop kringe om die Hilux wneer dit by spoed kom. Het al voorheen gepost hoe DTEQ my verbygegaan het op 160km/h in hilux dit het amper gelyk of ek parkering soek.....
Staaadig Japes, staaaadig. My Hilux loop op GPS 180km/h en as hy n lekker afte'tjie vang het ek al 188km/h gemaak. Standaard bakkie, nie n Wouter-Special nie
Moenie as die drywer se voet skrikkerig is die bakkie die skuld gee nie
Ek alleen op kantoor so en sit nou en kyk maar jagvideos. En raak sommer net weer van voor af die @#$%^&*( as ek my bakkie sien en dink een of "kitaar" het hom alreeds seker gestrip vir parte. Hoop die aap kry 'n pyn in sy p#($)#l.
Lekker naweek vir almal.
O ja, gaan nou die 3l dteq gou testdrive, het demo gekry met 8,500km op...
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
Stefan764 wrote:
Staaadig Japes, staaaadig. My Hilux loop op GPS 180km/h en as hy n lekker afte'tjie vang het ek al 188km/h gemaak. Standaard bakkie, nie n Wouter-Special nie
Moenie as die drywer se voet skrikkerig is die bakkie die skuld gee nie
Stefaans,
Vertel weer toe jou pa jou hospitaal toe gejaag het met die SuZie..
.
Nee wat ek het daai DTeq probeer vang, was net nie moontlik nie. Dit sal my nie verbaas as daai Dteq so spesiale elektroniese opgraderingkie gehad het nie...
Ek ry die Isuzu en Hilux.
2008 KB300 Dteq extended cab 2x4
2009/2010 3.0D4d S/C 2x4
Altwee is handrat modelle.
Die 2 ry ewe vinnig (vir my)
Brandstofverbruik is binne 1.5km/lt van mekaar.
Die Isuzu kom met als wat ekstra is op die Hilux, standaard. (Nudge bar, rollbar, cruise controll en en en...)
Die Hilux se hoër ryposisie is lekkerder.
So, ek het dieselfde ondervinding as Kopskoot.
Hilux is my werksbakkie, en Isuzu is my naweek/jagbakkie.