Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by FHM »

Weer 4 keer gaan jag en my blou-oog meisiekind saamvat na ten minste 2 van die jagte.
Daai 375 HH Win mod 70 Win Saf Express wat my soveel slapelose nagte al gegee het in my kluis en dan in die bos kry, en o ja - die kolf laat graffeer deur ons eie professionele graffeerder 'Cindy' - wat ook hier lid is. ;)

Gesonde en gelukkigge jaar vir almal van julle! 8)
Last edited by FHM on Wed Dec 12, 2012 1:29 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by F.L.A.S.H »

Manne my jag planne lyk bitter sleg vir 2013, ek het a vol jaar met die swatery en werk. So ek sal gelukig wees met een uitstappie (hoef niks te skiet nie, will net in die veld wees)

Maar ek het darm een wens :) en dit is dat al my mede Jaracal maats se droome en wense waar word en dat ALMAL daar sal wees ( veilig en gesond) vir 2014 :)

Mooi loop manne, en genut die res van 2012

F.L.A.S.H

PS Marc jy en jou familie is bo op my hoop vir a gooie jaar lys :)
"Nothing can come of nothing" Speaker
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by kopskoot »

Al wat ek na streef is "World Peace" :angel:
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Eugene »

1. Dat Marc se wens waar word :angel:
2. Om die natuur weer soos in 2012 te kan geniet;
3. Om saam met goeie vriende om 'n hardekool vuurtjie te kuier;
4. Dat elke skoot 'n doodskoot sal wees, sonder enige foute;
5. As alles reg loop, dalk twee nuwe spesies op my lysie, naamlik Swartwildebees en Zebra;
6. Miskien dalk die beginfase van my langafstandskiet geweer.... 8)

Groete en geniet hom!
Last edited by Eugene on Wed Dec 12, 2012 2:37 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by PWV »

Piet-Skiet wrote: Twee newbies vat op 'n baan en gan wys hoe 'n geweer werk en om teskiet.
Wat laat jou dink dat Newbies nie kan skiet nie?  Of skat jy dat hoe meer "Posts" jy op die Forum het, hoe beter skiet jy?

Pieta, hier gaan jy lelik op jou neus kyk. 
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by BLOK »

My eerste wens is oorlog in afrika wie wil nou vriende met die vyand wees. haha

Dan wil ek maar net he volgende jaar moet loop soos die jaar was dan sal volgende jaar ook n lekker suksesvolle jaar gewees het soos wat die jaar ook maar was. haha

En ek hoop om n buffel sponsor te kry vir die 204.

En wil graag n bok verder skiet as wat ek kan.

Wat meer wil n man dan he.

Oukei dalk meer studente meisies hier in Potch om op te pas en dan daai verskiet projek aan die gang kry en dalk nog n grootgeweer en dalk nog ........... en dalk nog ..................................................
Last edited by BLOK on Wed Dec 12, 2012 4:41 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Spanner »

Ok hoop om in 2013 in Botswana se Tuli-blok te gaan soek vir Eland en Koedoe.  Ek sukkel my vr?k om my planne te laat uitwerk, veral omdat Botswana se regering nou amper alle jag daar gestop het, die ou daar is nie seker of die jag en vleis deur die grens, gaan uitwerk nie...
Dan wil ek daai Bosvark-stoel wat ek by Oom Johan gekoop het goed gaan inwy, ek het hom die week op my bakkie gemonteer.  Ek wag net dat my verlof moet begin.
Bosvark skiet volgende jaar
Meer gaan bass vang en pap-gooi saam met my laaitjie in Leeupan.

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by grumpy »

Piet Skiet het mos niks gese van newbies wat nie kan skiet! Dit is seker nuwe ouens wat hy bietjie sal tou wys maak!! >:(

Ek persoonlik dink PS sal party ander manne op HULLE neuse laat kyk!!!!

>:(
Last edited by grumpy on Wed Dec 12, 2012 8:07 pm, edited 1 time in total.
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by gillie »

Sjoe, wat jag betref die volgende:

1. Eenskoot doodskote.
2. Eerste Kalahari-jag te STS.
3. Olifant jag meemaak in die Caprivi.
4. Baie duif"shoots" by te woon.

Groetnis
.22 LR
.222 Rem
7mm-08
8x57 jrs
300 WinMag
375 H&H Mag CZ 550
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Chevvy SS »

1. Wil graag weer in die rooisand gaan jag.
2. My herlaaivaardighede baie opskerp.
3. Baie meer tyd op die skietbaan deurbring.
4. Met vertroue oor langer afstande kan skiet.
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Dimitri »

1. Biggest wish is to continue giving my son, George (4 years old), the type of outdoor experiences that he finds enjoyable and interesting and have made him so knowledgeable and passionate about nature with a healthy interest in hunting.

2. That I am able to guide my younger son, Alec (2 years old), down the same path as George.

3. That my wife and children continue to accompany me on every possible hunting trip.

4. To add Common Reedbuck to my species list

5. To see a 55" kudu on foot and get buck fever when I do.

6. Not to wound any animals.

7. To be able to identify more plant species (ask locals for help at each new hunting venue)

8. To recover from shoulder injuries so that I can hunt with my bow again in 2013.

9. To bump into a bushpig during the day :)

10. To shoot most of my animals at under 100m with my rifles and under 25m with my bow
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Monrique (SJ) »

Vir goeie gesondheid en genade van Bo!

Groetnis
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by PWV »

As ek nou weer daar tussen die rooiduine kom, sou ek hierdie 300m-skoot op 500 m wou herhaal.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by bengogga »

Ja dis waar piet-skiet is my pel en ons beplan al lank om skietbaan toe te gaan, maar
ons is altwee besige manne en daar is altyd iets in die pad.

Maar jy weet ek trek net jou been piet-skiet.

Oom Pieter, eks ook n 'newbie'' en dis nie lekker nie, so ek laat loop met die posts dat ek kan ''upgrade''.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Koos Barnard »

Pieter Willem Vorster
Moet s?, ek lees ook onnodige venyn in jou opmerking teenoor Piet-Skiet oor die newbies
johnny
Hero Member
Hero Member
Posts: 569
Joined: Thu Jun 28, 2012 8:29 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by johnny »

2013

Goeie rooiwyn om kampvure drink saam familie en vriende na goeie jagtogte.

groetnis

Johnny
30-06 Brno, 7x57Manlichter schoenauer, 303 lee enfield, 25-06 Zastava, 223 CZ, .22 brno,  .22/410 gamo side, by side, 12 boor pomp, 9mm para, bsa no1 en bsa no2.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by PWV »

Piet-Skiet

Wat ek tot dusver op die Forum ondervind het, is dat almal gemoedelik gesels en met mekaar die draak steek in sommige gevalle.  Indien jy, soos Koos Barnard dit stel, enige venyn in my opmerking gelees het, vra ek nederig om verskoning.

Op my ouderdom het ek hopelik alle selfbeeldprobleme teen hierdie tyd verwerk en uit sorteer.  Op die Forum verwys Newbie na 'n spesifieke groep mense  -  ouens soos ek wat nou eers by die Forum aangesluit het en nie na 'beginners' of "appies" (apprentice") nie. 

Ek het ook nooit jou skietvaardighede in twyfel getrek nie.  Hoe kan ek  -  en weet niks daarvan nie.

Ek lees graag jou bydraes op die Forum, want deur slegs te kyk na die formidabele lys van vuurwapens waaroor jy beskik, dwing respek af.

Geseende Kersfees.
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Sarelss »

* Ek wil graag 'n onvergeetlike jagtog met my Pa aanpak wie se jare en vermoeens aanstap.
* Ek wil graag dat my vrou en kinders meer geleentheid kry om te jag.
* ek wil graag 'n moerse Eland bul jag. Een van daai 500kg manne.
* wil graag nie een kwesbok h? nie en myself dwing om binne my vermoeens te skiet. (sien gesprek oor lanafstand skiet en etiek)
* Wil gereeld saa my pelle gaan jag en skiet.
* miskein wil ek ook nou weer nog twee jonge dames leer jag
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Marc »

kopskoot wrote: Al wat ek na streef is "World Peace" :angel:
BLOK wrote: My eerste wens is oorlog in afrika wie wil nou vriende met die vyand wees. haha
Mis ek iets, wie van julle tweetjies gaan in 2013 'n 357CT of 50BMG aanskaf  ??? Of is dit nou een van elk vir elk  ;D ;D ;D ;D ;D

Aai lekker "gel" die Piette weer, mis ou Goose  :'( Alhoewel die man seker nog nooit in sy lewe 'n roer opgetel het nie  ;D

Oom Piet, niks klop ondervinding nie  ;D ;D ;D ;D ;D Mooi gemaak manne  8)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by DWB »

My studies moet nou tot 'n einde begin kom, eks moeg na 5 jaar en het nog een en 'n half oor!

Wil graag 'n 100kg Bosvark en Vlakvark beer skiet.

Dan wil ek maar net als kan juggle tussen familie, werk en jag.

Minder stress as dit enigsens moontlik is.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Eugene »

Eugene wrote: 1. Dat Marc se wens waar word :angel:
2. Om die natuur weer soos in 2012 te kan geniet;
3. Om saam met goeie vriende om 'n hardekool vuurtjie te kuier;
4. Dat elke skoot 'n doodskoot sal wees, sonder enige foute;
5. As alles reg loop, dalk twee nuwe spesies op my lysie, naamlik Swartwildebees en Zebra;
6. Miskien dalk die beginfase van my langafstandskiet geweer.... 8)

Groete en geniet hom!
Ek het een ding hierbo vergeet, en dit het niks met jag en gewere uit te waai nie!

7. Ek wil elke geleentheid wat ek kry in 2013, gaan visvang saam met my seuntjie! Het die laaste keer op 23/12/2011 visgevang en gaan nie weer kans kry voor 2013 nie. En dis @#$%^$# swak vir iemand met 3 km vaalrivierfront op die plaas!
Aim small, miss small
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Marc »

Eugene wrote:

Image
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by FCLoretz »

Eugene wrote:
Eugene wrote: 1. Dat Marc se wens waar word :angel:
2. Om die natuur weer soos in 2012 te kan geniet;
3. Om saam met goeie vriende om 'n hardekool vuurtjie te kuier;
4. Dat elke skoot 'n doodskoot sal wees, sonder enige foute;
5. As alles reg loop, dalk twee nuwe spesies op my lysie, naamlik Swartwildebees en Zebra;
6. Miskien dalk die beginfase van my langafstandskiet geweer.... 8)

Groete en geniet hom!
Ek het een ding hierbo vergeet, en dit het niks met jag en gewere uit te waai nie!

7. Ek wil elke geleentheid wat ek kry in 2013, gaan visvang saam met my seuntjie! Het die laaste keer op 23/12/2011 visgevang en gaan nie weer kans kry voor 2013 nie. En dis @#$%^$# swak vir iemand met 3 km vaalrivierfront op die plaas!
Eugene,

Ek en jy moet dan bietjie gesels.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Frederik »

Eugene, as jy nou so paar Jaracal manne uitgenooi het om lyn nat te maak deur die jaar sou dit baie maklik gewees het. Ek se maar net  ;D ;D ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Post by Marc »

Frederik wrote: Eugene, as jy nou so paar Jaracal manne uitgenooi het om lyn nat te maak deur die jaar sou dit baie maklik gewees het. Ek se maar net  ;D ;D ;D
Goeie raad, dan het ons dalk al bietjie ontwikkel ook  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply