Sukkel met staan en skiet

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Piet Breedt »

Jake, PM my jou e-pos adres, dan stuur ek vir jou die skietkursus. Hy kos R150.00
User avatar
Hennie van der Merwe
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Hennie van der Merwe »

Dags? almal,

Piet, ek het ook jou cd gekoop, en hoewel dit baie leersaam is, spreek dit nie die skiet van 'n bi-pod/ tri-pod aan nie.
Erens in 'n ander thread hier op die forum gee jy so 'n bietjie raad daaroor.

http://jaracal.com/index.php/topic,1304 ... #msg168084


Het jy al oorweeg om 'n dvd te maak - ek is vas oortuig dat dit sal verkoop soos soetkoek. Ek sal definitief een wil h?, veral as jy daarin demonstreer hoe om l?, sit en staan, asook vanaf verskillende voorwerpe af, behoorlik te skiet,

Hoop jy sien kans.

Groete,
Hennie
Last edited by Hennie van der Merwe on Fri Nov 30, 2012 1:45 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Born2Late »

Goeie more.
Iewers in n vorige post het oom Piet fotos opgesit van sy sit posisies.Ek kry dit nie nou opgespoor nie.Kan een van julle dit kry ,of oom Piet dit weer opsit.
Groete.
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by PITSMIT »

DirtyOldsix wrote: 2 jaar terug ry ons terug na die plaashuis na ons n trek in die berge gedoen het.  n Koedoe Koei en kalfie hardloop oor die pad en gaan staan. Omdat van die ouens nog vleis gekort het stop die boer en vra of iemand sommer die koei van die bakkie af wil skiet.  'n Pel van my (engelsman) met 'n BAIE oorgewaardeerde opinie van sy eie skiet vernuf s? dadelik. "I'll take it!!" Ewe windgat laat waai hy sommer uit die vuis uit (terwyl dooierus oor die relings beskikbaar was) en skiet die kalf se agter bene af!!  >:( :(
Watse plaaseienaar laat jagters n koei langs die kalf doodskiet.  Ek kan nie glo sulke stories maak dit tot hier en niemand se iets daaroor nie. Op die ou einde is die kalf toe dood. En dit van n bakkie af. Jammer maar dis nie jag nie en dis n swak storie om op so forum te deel en dit waar iemand vra om reg geleer skiet te word. As lid van SA Jagters is dit vir my onaanvaarbaar dat daar hoegenaamd na n koei en kalf geskiet word. Dit het niks met jag of volhoubare benutting vd veld te doen nie maar wel geld bejagtheid.
Last edited by PITSMIT on Thu Dec 06, 2012 8:11 am, edited 1 time in total.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by tripodmvr »

Dink tog die storie is relevant synde dit die gevare van skiet uit die vuis het aantoon. Die aksie is nie goedgepraat nie en behoort die skut aan te moedig om die stabielste platform te gebruik en ook sy oordeel of dit eties is.

Die skiet op 'n koei en kalf is slegs aanvaarbaar as die kalf van so grootte is dat hy/sy op sy eie kan oorleef. Geen melding is van grootte gemaak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by PITSMIT »

jake1

wat vir my werk is n goeie geweerbelt eerstens.  stel hom reg vir jou sodat hy alreeds op sy eie aan jou goeie stabiliteit verleen.  ek praat nou spesifiek van kompetisie belde. jy kan hom vir jag ook gebruik om geweer te dra

twedens wanneer jy die geweer optel trek hom so styf moontlik in jou skouer in.  Dan kan jy met jou linkerhand ( ek neem aan jy skiet regs) die geweer probeer kloksgewys draai en met jou regterhand kan jy "counter draai" .  op so manier "LOCK" jy as't ware die geweer.  jou regter elmboog moet ook horisontaal met die grond wees en linker elmboog af ondertoe dan vorm jy soort van n natuurlike tripod

al wat dan oorbly is om te oefen oefen oefen en as jy baie ge-oefen het dan oefen jy nog net eenkeer ;D

hoop die beskrywing werk sal vanaand n foto post hier van die korrekte manier van staan of wel die aanbevole manier  pas dan net jou styl aan vlgns dit
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13649
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Geno »

Pitsmit,
Vra tog vir Blouvalkie om ook raad te gee hier, aangesien hy jou pakslae gegee het op die baan onlangs :D
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by tripodmvr »

Eina, Pa kry aanhoudend pakslae.

Ek het nog altyd redelike sukses met staan en skiet behaal, maar ek oefen dit maar slegs by ons SA Jag skiete.

Dit is 'n feit dat jy nie die geweer stil sal kan hou nie. Kry jou staan dat jou geweer natuurlik na die teiken rig en tel dit dan egalig en stadig op - wanneer jy oor die teiken beweeg moet die sneller soos gewoonlik sonder ruk, afgedruk word. Die' aksie sal geoefen moet word om die spiere in beide arms en vinger te leer wat om te doen. Vir my is die laat sak van die geweer verkeerd synde die teiken nie sigbaar is nie en dit kon beweeg het tydens die sak proses. Gebruik jou .22 om die skiet te oefen en die skiet van metaal silhouette is hier die beste oefening. Jy weet sommer dadelik as dit raak is.
Last edited by tripodmvr on Thu Dec 06, 2012 1:34 pm, edited 1 time in total.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by PITSMIT »

geno jou freakin haashol  hahahahahaha 
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Louis Kriel »

tripodmvr wrote: Dink tog die storie is relevant synde dit die gevare van skiet uit die vuis het aantoon. Die aksie is nie goedgepraat nie en behoort die skut aan te moedig om die stabielste platform te gebruik en ook sy oordeel of dit eties is.

Die skiet op 'n koei en kalf is slegs aanvaarbaar as die kalf van so grootte is dat hy/sy op sy eie kan oorleef. Geen melding is van grootte gemaak nie.
Dankie Driepoot, jy soos die meeste ander ouens, het darem die punt ingesien wat ek probeer maak het.  Die onderwerp is nie "Etiese Jag" nie maar wel "ek Sukkel met staan en skiet".  Ek het die storie vertel omdat dit die dwaasheid van "vinnig uit die vuis uit" op n bok losbrand probeer verduidelik het.  Volgens n ander vriend wat daar was, was die kalf amper net so groot soos sy ma, daarom dat die engelsman die fout gemaak het. 

Pitsmit moet ons dan nou altyd net die perfekte en korrekte stories vertel? Hierdie hele aangeleentheid was so "embarassing" dat die engelsman almal teenwoordig die dood voor die oe gesweer het as die storie by my uitkom.  Ek self was die betrokke naweek nie teenwoordig nie. Ek glo en hoop die ou is nou genees van sy "Rambo-laat-waai-uit-die-vuis-uit attitude.  As jy die punt die eerste keer mis, lees maar die storie n tweede keer, jy sal verbaas wees hoe dinge dan duideliker word. ;) ;)
Last edited by Louis Kriel on Thu Dec 06, 2012 1:38 pm, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jake1 »

PITSMIT wrote: jake1

wat vir my werk is n goeie geweerbelt eerstens.  stel hom reg vir jou sodat hy alreeds op sy eie aan jou goeie stabiliteit verleen.  ek praat nou spesifiek van kompetisie belde. jy kan hom vir jag ook gebruik om geweer te dra

twedens wanneer jy die geweer optel trek hom so styf moontlik in jou skouer in.  Dan kan jy met jou linkerhand ( ek neem aan jy skiet regs) die geweer probeer kloksgewys draai en met jou regterhand kan jy "counter draai" .  op so manier "LOCK" jy as't ware die geweer.  jou regter elmboog moet ook horisontaal met die grond wees en linker elmboog af ondertoe dan vorm jy soort van n natuurlike tripod

al wat dan oorbly is om te oefen oefen oefen en as jy baie ge-oefen het dan oefen jy nog net eenkeer ;D

hoop die beskrywing werk sal vanaand n foto post hier van die korrekte manier van staan of wel die aanbevole manier  pas dan net jou styl aan vlgns dit
Hi Pit

Dankie vir jou raad. Hoe lyk 'n kompetisie belt. ek ken net die gewone belde.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by PITSMIT »

jake ek het laat by die huis gekom gisteraand  ek sal vanaand foto opsit van staan posisie en die belt en hoe hy werk

ek moet se dit het my staan en skiet met die kompetisies ten minste 25% verbeter  die res bly maar oefen en soos die manne baie raak hier gese het staan bly maar n wetter  jy sal nooit presies steady wees nie  die geod wat ek nou verduidelik is maar meer vd baan geskoei want mens het nie tyd om al daai goed in die veld te doen as iets naby jou staan of uitvlieg nie maar dit gaan jou ten minste die moed gee om die skoot te vat as jy goed ge-oefen is en jy het dalk n kans op iets wat stilstaan en daars nie n rus naby nie

persoonlik kies ek maar nogsteeds die skietstokke of dooierus in die veld
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jake1 »

Dankie Pit ek sien uit daarna om jou fotos te sien.

Jake
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply