Sukkel met staan en skiet

User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Sukkel met staan en skiet

Post by Jake1 »

Ek skiet met 'n 30-06 Musgrave, ek het nog altyd dooierus gevat as ek 'n bok skiet.

Ek group baie goed as ek dooierus vat, maar as ek staan en skiet sukkel ek.

Het enige een vir my raad - hoe het julle geleer uit die vuis skiet as jy staan. As ek teiken skiet terwyl ek staan beweeg my scope te veel rond op die teiken.

Dink julle ek kan maar my musgrave dryfire?

Enige raad sal waardeur word.

Jake1
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het lank terug, voor ek kinders gehad het, eindelose ure met die windbuks gestaan en skiet. Saterdag na Saterdag. Heeldag. Toe het dit nie te sleg gegaan nie, maar nou is die kinders daar, pens so bietjie groter, bier so bietjie kouer, dus skiet ek nie meer so lekker uit die vuis uit nie. Volgende jaar gaan ek en my seun egter meer gereeld saam skiet, en dit is verseker een van die oefininge wat ek weer gaan instel.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by 243Songdaug »

Jake.

Eerstens dink ek moet jy oorweeg om Piet Breedt se opleidings kurses te koop.

Wat ek en ek glo die meeste van die ander manne doen is om te oefen, te oefen en nog te oefen.  Kry vir jou 'n PCP of 'n .22 en skiet die ding.

Dan moet jy natuurlik vir jou 'n ritme aanleer:  Meeste manne tel die geweer op en soos hy dier die teiken gaan druk hy die skoot af, ander weer sak die geweer van bo deur die teiken en sodra hy op die boonste rand van die teiken area kom druk hy die skoot af.

Ek het myself aangeleer om as volg te skiet:  ek tel die geweer van onder deur die teiken, sodra ek die onderste rand van die teiken area bereik probeer ek die wapen vir 'n sekonde steady en druk die skoot af.

Wat belangrik is is
*  'n Geweerband - probeer gerus die veldskiet tipe soos deur Jannie en Safari verkoop en gereelde oefening.  Dis uiters belangrik om deur te volg en deel hiervan is 'n sightpicture - jy moet 'n menstal foto neem van waar die skoot afgaan.

* Natuurlike rigting - as jy nie reg opgelyn is nie KAN jy nie herhaaldelik skote op dieselfde plek skiet nie - moenie met spierinspanning die wapen in 'n rigting probeer dwing nie.

* Skiet vinning - voor jou spiere begin bewe moet jy klaar geskiet het.

*  Konsentreer om nie die wapen te ruk wanneer jy die skoot aftrek nie en moenie 'n skoot ma net skiet oor skiet skiet is nie - dis iets wat alle skuts geneig is om te doen.

Hoop dit help.

'n Laaste woord:  oefen, oefen en oefen nog meer.
Last edited by Guest on Mon Nov 19, 2012 12:35 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jakkalsgat »

As jy sukkel om te staan, sit of le maar :laugh:
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Beer (Christo) »

243Songdaug wrote: Jake.

Eerstens dink ek moet jy oorweeg om Piet Breedt se opleidings kurses te koop.
+1
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Eugene »

Jakes, min ouens kan regtig akkuraat uit die vuis uit skiet (behalwe om BAIE en REG te oefen!).

Jy s? nie hoekom jy uit die vuis uit wil/moet skiet nie. Ek jag meer as 'n normale geleentheidsjagter en het nog nooit nodig gehad om uit die vuis uit te skiet as ek jag nie.

Bel? in ordentlike (ligte) skietstokke en oefen daarmee. Dit is dan baie makliker om akkuraat te staan en skiet.

My 2c

Groete
Aim small, miss small
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Carl »

Eugene wrote: Jakes, min ouens kan regtig akkuraat uit die vuis uit skiet (behalwe om BAIE en REG te oefen!).

Jy s? nie hoekom jy uit die vuis uit wil/moet skiet nie. Ek jag meer as 'n normale geleentheidsjagter en het nog nooit nodig gehad om uit die vuis uit te skiet as ek jag nie.

Bel? in ordentlike (ligte) skietstokke en oefen daarmee. Dit is dan baie makliker om akkuraat te staan en skiet.

My 2c

Groete
Stem!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Louis Kriel »

2 jaar terug ry ons terug na die plaashuis na ons n trek in die berge gedoen het.  n Koedoe Koei en kalfie hardloop oor die pad en gaan staan. Omdat van die ouens nog vleis gekort het stop die boer en vra of iemand sommer die koei van die bakkie af wil skiet.  'n Pel van my (engelsman) met 'n BAIE oorgewaardeerde opinie van sy eie skiet vernuf s? dadelik. "I'll take it!!" Ewe windgat laat waai hy sommer uit die vuis uit (terwyl dooierus oor die relings beskikbaar was) en skiet die kalf se agter bene af!!  >:( :(
Last edited by Louis Kriel on Mon Nov 19, 2012 1:30 pm, edited 1 time in total.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Eugene »

DirtyOldsix wrote: 2 jaar terug ry ons terug na die plaashuis na ons n trek in die berge gedoen het.  n Koei en kalfie hardloop oor die pad en gaan staan. Omdat van die ouens nog vleis gekort het stop die boer en vra of iemand sommer die koei van die bakkie af wil skiet.  'n Pel van my (engelsman) met 'n BAIE oorgewaardeerde opinie van sy eie skiet vernuf s? dadelik. "I'll take it!!" Ewe windgat laat waai hy sommer uit die vuis uit (terwyl dooierus oor die relings beskikbaar was) en skiet die kalf se agter bene af!!  >:( :(
Ek gebruik tot my skietstokke agter op die bakkie! Al wat ek soms uit die vuis uit skiet, is varke in die mielielande!
Aim small, miss small
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by ROBBIE1 »

Ja-nee, dit is regtag nie n grap om in die staan houding te skiet nie.  As dit n 50meter skoot is, sal ek hom vat, maar n lang skoot, nee wat, gaan sit eerder, geweerband mooi styf om die arm, opgetrekde been, en skiet oor die been.

Gewoonlik is die probleem jy stap al vir paar ure  :P, die pens maar ook groot en die asem bietjie onreelmatig  :o, dalk n bewe van gisteraand ook nog 8), en daars jy in die jam-blik!!

Ek vat maar eerder nie die kans nie, as jy kans het om n skoot in die staan te vat, het die bok jou in elk geval nog nie gewaar nie, so bekruip eerder maar nog n bietjie tot jy by n boom is, en vat dan die skoot....  ;D

Lekker jag!

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Varminter-308 »

Middag Jake1

Ek dink ons almal sukkel maar om so uit die skouer te skiet.

Elke keer as ons skietbaan toe gaan sit ons n teiken op 50m en skiet so 10 skote uit die skouer.

Die res van die dag is maar le of sit en skiet op ver afstande vir volgend jaar se Springbok en Gemsbok jag.

"Practice makes Perfect"

Groete
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jake1 »

Ek was onder die indruk meeste van julle skiet uit die vuis uit as julle jag..........
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Cobus(Cobb) »

[img width=360 height=480]http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... CF1003.jpg[/img]



Jake1, ek sukkel ook met staan en skiet, ...kyk mooi, dis nie fotoshop nie hoor... ;)

Ek het die naweek wat verby is besluit om by die "bakkie kantspieel jagters vereniging" aan te sluit, ander ken hom as die "skietsak op die bakkie se dak jagters vereniging."

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Vlakvark »

Daai is definitief PHOTOSHOP BOJAAN word nie so grys nie  ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Mooi Cobus gooi bietjie daai storie en moet nou nie vir ons vertel jy moes drie dae onder die boom vir daai bojaan wag nie  ;D ;D ;D
Image
Image
User avatar
Varminter-308
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Varminter-308 »

Ons doen wel Jake1.

Skote wat redelik naby is en jy moet vinnig skiet. Soos n vlakie wat hier onder die bos uitspring....Lol

Daar is nie altyd n boom naby nie  :(
CZ 550 Varmint Laminated '308

Hou die lood in die lug....!!!!
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jakkalsgat »

Jy trek verniet jou oe so groot ek het nou self my gat afgeskrik

Cobus

Mooi gedoen
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jean Marais »

Hallo Jake

Ek dink nie jy's die enigste ou wat met die staan posisie sukkel nie.

My opinie is dat as jy jag, en die bok gee jou kans, soek die beste moontlike "dooie rus" posisie wat jy kan, al is dit dan staande oor die skietstokke. Kwesbok is 'n betaalbok, so jy wil die beste kans moontlik h? om die bok met die eerste skoot dood te skiet. Ek self hou nie daarvan om uit die skouer te skiet nie, behalwe as dit absoluut nie anders kan nie, bv 'n opvolgskoot op 'n kwesbok deur 'n onervare jagter. Dit gebeur somtyds dat jy 'n lekker dooierus skoot skiet op 'n bok, en as die skoot val, skrik die ander lot so, dat hulle partykeer reg op jou afgehol kom. Ek sal 'n bladskoot uit die skouer uit skiet op so 'n bok - onder 100m - mits daar geen obstruksie tussen my en die bok is nie, en mits hy doodstil gaan staan het.

Oefen bly maar die beste, en ek hou van wat Varminter doen om as hy skietbaan toe gaan, eers 'n klompie skote uit die skouer op 50m te skiet.

Staan skiet bly ongeag steeds 'n uitdaging.

Groete

Jean
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by JK »

Ek HET baie uit die vuis geskiet, let wel ek het, soos die manne hierbo se jy moet aftrek voor jy begin bewe.  Ek het altyd die geweer stadig opgetel tot die korrel op die teiken is en dan laat loop, of dan herhaal as ek nie goed kon aftrek nie.  Deesdae loop ek na die naaste boom en vat dooeirus, so wat as die bok wegkom ;D

En dit help om in oefening te bly. ;)
Last edited by JK on Mon Nov 19, 2012 5:19 pm, edited 1 time in total.
Johan Kriel
Okahandja
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Cobus(Cobb) »

Vlakkie, nee daais 'n ou storie, lank terug, sommer so oor die Landy se venster,3006, sy rug afgeskiet... sy chom het weggekom..
Die ou het maar loop diens doen in luiperdhok, weet nie of dit suksesvol was nie?

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
JuanPaul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by JuanPaul »

Hallo Jake,

Dit is oefen en oefen sowel as tegniek en asemhaling,kry Piet Breedt se CD. Ons skiet staal silhouette en elke item bestaan uit 45 skote waarvan 5 inskiet skote is, die res van 40 skote is staande en is uit die vuis en sonder enige geweerband, vir die jaggeweer item is die afstande as volg; hoenders 200m, varke 300m,kalkoene 400m en ramme 500m met 'n toegelate tyd van twee en 'n hallf minute vir vyf skote. En dan kry jy ouens wat voltalle aanteken en gesels jy met die manne is dit net oefening toe ons begin het het dit onmoontlik gelyk maar met tyd en oefening verbeter dit en is my dogter die afgelope twee jaar in die Vrystaat span en het ons nou ook al 'n paar medaljes los geskiet op kompetisies sowel as die SA kampioenskappe en beoog sy om volgende jaar die Protea span te haal. Baie goeie oefening wat ons doen is met die windbuks staal silhouette diere wat Hennie by S&O verkoop ons skiet die Hoenders op 20m varke 28m kalkoene 35m en ramme op 40m met die PCP met 'n scope staande uit die vuis - die oefening waarborg ek sal jou skiet verbeter.

Juan
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Gerhard »

Stel jou teleskoop op n kleiner vergroting.

Jy sal al klaar minder bewe ...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Hein M. »

Gerhard wrote: Stel jou teleskoop op n kleiner vergroting.

Jy sal al klaar minder bewe ...  ;)
Baie goeie raad!
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by spekieries »

Ek stem saam met oefen, oefen en dan nog oefen.

Dit is waarom ek elke maand probeer om die SAJWV se skiete by te woon. Ek het van die begin af my tellings neer geskryf. Die bewys is swart op wit hoe my skiet verbeter het.

Die bosveld tabel met 50m uit die vuis skiet binne 'n sekere tyd, die snapskiet uit die vuis op die vlakvark tabel en die vinnig skiet en slot pluk op die buffel help baie om vaardigheid te verbeter.

Ek moet s? hier vanaf  70 -80 meter verkies ek ook om van 'n rus gebruik te maak of gehurkend vanaf my knie te skiet.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by grumpy »

Ek persoonlik voel as jy sukkel om te staan en skiet dan vat jy kans. Gaan sit plat op jou g-t en rus oor jou knie en skiet. So nie gebruik die kniel posisie . Beste is om dooie rus te kry op skiet stokke of miershoop of iets.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Sukkel met staan en skiet

Post by Jake1 »

Dankie vir al die hulp julle! Ek sal meer wil hoor van Piet Breedt se cd- waaroor gaan dit en waar kan mens dit bestel?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply