Ek het ook destyds my toegewyde status met my 308 gedoen
Die probleem wat ek met my 308 het is dat as jy dink die teiken is bv. 175m en dis eintlik 225m wat maklik gebeur as jy oor"dooie" grond skiet,dan skiet jy die bok in die bek i.p.v tussen die oe.
Dis hoekom ek gese het jy moet goed afstand kan skat,maar as jy jag en net blad skiet no problem!!
As jy kompetisie skiet BIG PROBLEM dan sit jy met n bek skoot en -45 punte
Soos jy se van die Bisley manne as ek en jy op n 1000m sit en net ons koppe steek uit en hulle het nie die afstand nie, en hulle SKAT soos hulle alies en dink dis 900m of 1100m kan ek en jy maar n braai maak want hulle gaan ons nie raak nie
As een wetter reg skat met n 7.62 dan is ek en jy "poorte" toe
Wat natuurlik n lekke voordeel is van n 3006 is dat jy n groter verskeidenheid koeels het om te laai!!
Ek moet ook net se dat ek n 338wm gebruik om gemsies in die kalahari mee te jag want my 308 se slaankrag is nie genoeg op 300m skote nie,my 338wm met n 250gr teen 2790vps het meer slaankrag op 300 as wat my 308 op 150m het met n 150gr koeel
groete johan





