mees akkuraatste ysters?

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JOHANNIC »

Brno
Ek het ook destyds my toegewyde status met my 308 gedoen ;D,omdat ons mos die afstande vooraf geweet het, daar is mos n standaard op die afstande ;)

Die probleem wat ek met my 308 het is dat as jy dink die teiken is bv. 175m en dis eintlik 225m wat maklik gebeur as jy oor"dooie" grond skiet,dan skiet jy die bok in die bek i.p.v tussen die oe.
Dis hoekom ek gese het jy moet goed afstand kan skat,maar as jy jag en net blad skiet no problem!!
As jy kompetisie skiet BIG PROBLEM dan sit jy met n bek skoot en -45 punte
Soos jy se van die Bisley manne as ek en jy op n 1000m sit en net ons koppe steek uit en hulle het nie die afstand nie, en hulle SKAT soos hulle alies en dink dis 900m of 1100m kan ek en jy maar n braai maak want hulle gaan ons nie raak nie ;D
As een wetter reg skat met n 7.62 dan is ek en jy "poorte" toe ;D

Wat natuurlik n lekke voordeel is van n 3006 is dat jy n groter verskeidenheid  koeels  het om te laai!!

Ek moet ook net se dat ek n 338wm gebruik om gemsies in die kalahari mee te jag want my 308 se slaankrag is nie genoeg op 300m skote nie,my 338wm met n 250gr teen 2790vps het meer slaankrag op 300 as wat my 308 op 150m het met n 150gr koeel
groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Cois »

Manne

Ek hoor wat julle se en almal se redenasies is aanvaarbaar, maar as ek n roer moet saamvat veld toe of baan toe vat ek maar my 6mm. Vir my werk hy goed, van papier af tot by gemsbok en koedoe, skiet net waar dit saak maak en moenie kanse vat nie. Maar ja dis ma net my mening. Het self n 308 en 303 maar my 6mm bly koning.

Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by tau »

Manne ek like die toevoegings baie.

Weereens ek is erg oor jag gewere en kan aan min dinge so lekker as net jy en jou roer in die veld dink. Uitgespan oor 'n klip/rugsak/bos en aanle op jou teiken en die skoot aftrek en hy val net daar.....plat. Goeie gevoel wat net jy en jou roer soms deel.

Ek dink die .270 is brilant (weet nie of ek mag nie, maar as die wind roer in suide van Nam dan skiet ek met skoonpa sn en het al baie springers in die nag met daai yster laat val met oes.)

30-0kwes..... briljanter seker agv. patroon keuses en grater slaan krag met hierdie swaarder punte.

MAAR nadat ek als gelees het voel ek net nog meer opgewonde oor my nuwe roer. Wat ek julle nie gese het nie om eers kretiek vry te spreuk is dat die wapen wat ek gekoop (as ek liksens kry) 'n LEVER-Actionis. Sako Finnwolf. cowboy gun. Ek het so baie negetief en positief oor die wapens gehoor en toe uiteindelik een opgespoor letterlik op my voorstoep eendag onbeplanne. My groot vriend en mede EX conservationist/jakkals jagter/ ph het een en dis waar ek die love at first sight ontdek het.

Hy skiet mt 30-0kwes en 243 en dink ek is mal wou syne aan my verkoop. En he dat ons net 243's gebruik toe se ek nee pappie nee. Toe se ek nee ons moet darem iets dieselfde he dat ons oor een ding kan saamstem.

Weereens dankie vir al die insette en die kennis (wat julle met gevoel mix) wat ek kry

P.S: DPO het my laat weet my wapen kan nie op sisteem gevind word nie nou moet wapen na SKAAPSTAD gaan om geinspekteur te word en op sisteem te kom. !!!!!!!!!!!!! Ek weet nou waar die duiwel werk. Persoon wat inspeksies doen eers 15/3 terug op kantoor(hoe lyk 'n kantoor wa jy wapens inspekteer) so ek hoop dit gaan nog voor die einde van die jaar gebeer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

Wieliewaps dis net hom daai. Dankie. Ek dink ek het die van die groewe iewers anders gelees.

Met 150gr punt is die 270 'n raps omtrent 50-100ft/sek vinniger as die 308. My 270 met die Hornady en Noslers group ewe lekker met 130,140,150gr koele. En as ek praat van lekker dan bedoel ek LEKKER. Die ou agter die roer en die setup van die roer is absoluut die belangrikste faktore van akuraatheid saam met jou perfekte rondtes.

Soos ek ges? het die is maar 'n subjektiewe sakie. Vir interesantheid. 180gr punt Sierra met S341 gee die Somchem boek die max snelheid van 303br as 2464ft/sek en dieselfde koel en kruit vir 308 as 2523ft/sek. 59ft/sek verskil. Dis darem nie te erg nie.

My 270 het darem ook al van duiker tot Eland laat brul. Hehehe

Maar ja die 270 vat so knerts meer kruit en is bietjie duurder om te laai.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Janjak »

Kalibers is altyd n blik wurms. Maar dis mos lekker om die dinge te bespreek.
308 is voorwaar n lekker kaliber maar soos Johan se, onbekende afstand is n groot probleem.
7x64 beslis puik, myne moet ek nog voor aansoek doen.
My eerste keuse is egter 300WM, wind pla my nie soos met my 243 nie en hy groep enige dag beter as my 243.

Dok, in die Herlaai Vereniging se handboek het hulle die 6,5x57 en n 140gr punt vergelyk met die 270 en n 150gr punt en ek dink hier by 280 of 300m hardloop die 6,5 harder en hyt so 100 voet stadiger begin.
270 is egter n lekker kaliber en baie ouens gebruik hom elke jaar.

Terloops, ek het gister my 308 se liksens gaan ingee en waaragtig bied ons vriendelike SAPD aan om vir my n tydelike permit te gee vir die 308 en die 12BR haelgeweer. Slaat my om met n nat vis.

Tau, Porcus hier op die forum het so paar maande terug so 308 Finnwolf gekoop en hy wag vir sy lisensie. Hy wil hom op die bosvarke in die nag gebruik.
Porcus
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Sun Apr 12, 2009 5:01 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Porcus »

Ek wil graag vir BRNO .308 iets vra.
Het jy al die spreekwoord gehoor wat se " Elke kraai dink sy eier is die witste"
Jy is reg oor wat jy se ivm die .308Win, maar dit lyk vir my of jy nog nooit probleme met hom ondervind het nie ?
Jy klink vir my amper soos die ouens wat ek op die skietbaan teekom wat met n .303Br skiet.
Volgens hulle kan die .303Br alles doen wat enige ander kaliber kan, behalwe dat hy dit beter kan doen.
Ek val jou nie aan nie, ek wag self vir my .308Win se lisensie.
Miskien is sit die enigste roer waarmee jy nog ooit geskiet het, daarom dat jy dink hy is die beste.

Mooi bly
Porcus
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by theedge »

Kalahari Sands Varminting wrote: Se weer 7.62 Rifle?
Stem ek se altyd vir die manne wat nie ken nie 7.62x51
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

Wel ek kan vir julle s? dat pappa vir hom 'n 300wsm gaan bou. Daar is geen twyfel nie! en na hom 416Rigby.
Janjak jys helemal reg, maar dit is mos maar waar die bc van die koe?l in kom, hoe beter die bc hoe langer hou die outjie maar sy snelheid. Dis hoekom ek maar met Hornady Interbonds en Nosler Accubonds lood gooi. Daar is nie ander wat hul bc klop behalwe die monometaal outjies nie. Ek moet nog vir my daa handleiding aanskaf. Ek gebruik maar nog Somchem, Hornady, Lyman en Viahatouri se herlaai boeke. Oues ook nog want daar nie monometaal koele in nie. Maar wiskundig uitgewerk, met dieselfde gewig, dieselfde kruit, dieselfde bc, dieselfde twist(want dit het ook 'n effek op die wrywings factor, al is dit nie so groot nie) sal die koel wat vinniger aan die begin is ook vinniger aan die einde wees. Dit is hoekom ek die vergelyking van 180 Sierra met S341 tussen die 303 en 308 gebruik het, alhoewel die bc en twist heelwat verskil is die kruit en die en gewig en algemene struktuur van die koe?l dieselfde, maar oor die langer afstand raak die gap bietjie groter as 59ft/sek agv die totale wrywing teen lug. So dit bly maar 'n ding van vergelyk appels met appels.

Die bc, gewig, diameter en daai dingetjies verskil almal tussen die 140gr 6.5 en die 150gr 270. Dus is jou wrywing in die lug heelwat minder en behoort die 6.5 sy snelheid beter te hou.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Janjak »

Dok,
daai 300kort sal mooi werk. Het ook al in daai rigting gedink maar wil krap waar dit nie jeuk nie.
n Maat van my pa skiet bisley met so 300wsm -200gr sierras teen so 2990fps.
Hy glo in daai ding. Sy 284W het ook baie goed gedoen die laaste tyd.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Monrique (SJ) »

Dok

Ek kan dalk n dikloop .270 Musgrave by iemand oorkoop, die oom moet nog net by sy skoonseun uitvind wat hom glo al 10 jaar het en nog nie 1 skoot met hom geskiet het, omdat hy nie jag nie.  Die oom het die geweer vir hom gegee toe hy ophou jag het.

Hoop dinge werk mooi uit.

Ja "don't count your chickens before their hatched"

Groete

SJ

Laat die kruit brand.
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Porcus

My vriend ek het ek het al met baie kalibers geskiet in my lewe, ekt al met 'n .22lr, 223, 243, 25-06, 270, 7 X 57, 7mm rem mag, 308Win, 30-0kwes, 300 win mag, 338 win mag, 375H&H en 458 geskiet.

Daarom reken ek ek kan saam die manne praat, ek besit dalk nie almal nie, maar ek kan jou vertel dat daar min gewere is wat so volmaak is soos die 308Win. Nee ekt nog geen probleme ondervind met die 308win nie, die enigste probleem wat ek het met hom is dat die boer se bokke nie meer lewe as hulle 'n 308 loodpil gekry het nie.. ;D

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Johan

Ek stem 100% saam jou dat die 30-0kwes 'n groter verskeidenheid punte kan laai, maar soos ek altyd se, meeste jagters laai meestal een of miskien 2 ladings en bly daarby BV: 150gr en 'n 180gr punt in 308Win.

Daarom maak dit nie regtig saak nie, want mens kan tog net seker met een grein punt op 'n slag jag..?  ;D

Maar ek verstaan jou punt en ek stem 100% saam jou. :D

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JOHANNIC »

Brno
Die onderwerp van kalibers laat my altyd dink aan die volgende:
"I see said the blind man over the broken telephone,to his deaf son sitting at the corner of the round table" 8) ;D 8)
Die 7.62 is n magic kaliber ;)

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Brno308 jagter »

Johan.

Ek stem saam jou, die 7.62mm is werklikwaar 'n kragtige kaliber... ;D

Groete

Brno
"vir God, deur God en alles in Sy naam"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

SJ as jy daai 270 kan kry gryp

Ek laai net 130gr Intebonds of 140gr Nosler Accubonds, hang maar af wat ek kan kry. En ek skiet als met daai koe?ls vir die jaar. Springbok tot Eland. En als het nog eerste skoot geval, o ja die eland koei was bladskoot, net longe, nie hart getref nie. 275meter sy het seker so 20meter gewandel voor sy getiep het.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Monrique (SJ) »

Het toe gehoor van die oom. Sy skoonseun wil nie die geweer verkoop nie. Sal maar verder vir een soek.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Tau/almal

Ek wil bietjie n spanner in julle wiel gooi.

Kyk ek na die opskrif van die post sien ek die "MEES AKKURAATSTE YSTERS?" en dan gaan almal mal oor hoe akkuraat en....en.....en.... nog wat als die 308 Win is.

Sorry manne, stem nie saam nie.........................

Daar is in my opinie sommer n handvol 6mm gunne wat die 308 so ver gaan klop op alles wat julle van hom besing, hy gaan so ver agter raak, dit gaan blyk hy is voor.

Die mees akkuraatste kaliber in die wereld in n 6mm PPC, period, gaan kyk op enige bench rest baan in die wereld, kyk ook sommer na die kort afstand(100-300m) wereld bench rest rekords, GEEN gun kom naby hom nie, al wat hom vang da by die 300 is die 6mmBR.

Ek kan heel nag aanhou, laat weet ma as julle wil verkil.

Pel van my het eenkeer die opmerking gemaak dat n kameelperd wat anderkant 250 staan, net die kos is vir n 308 met n 180gr punt, op enige ander wild is jy moeg somme gemaak voor jy tot skiet kom.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

Francois

Jy is heeltemal reg, hel enige roer wat op 300meter 'n groep kan kry van die 1 en half die koe?l se diameter is potent.

Ek en Eltie het juis oor die ding gepraat. Ek dink as jy die perfekte masjien werk met die bou van die geweer het met die regte twist, bullet en lading is dit met 'n paar kalibers moontlik, maar daai gaan 'n hele paar pitte kos. Soos Eltie toe ook tereg ges? het van uit die staan spoor is die 308 'n baie gemaklike kaliber en skiet heel akuraat met basies enige iets wat jy hom voer. Ek voel natuurlik dieselfde oor die ou 270 hehehe.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Hi Dok

Ek het NIKS teen n 308 nie, het n paar jaar terug self een geskiet tot sy loop amper 7,7 mm was, soos jy tereg opmerk, is daar n KLOMP gunne wat sal kwalifiseer.
......uit die staan spoor is die 308 'n baie gemaklike kaliber en skiet heel akuraat met basies enige iets wat jy hom voer. Ek voel natuurlik dieselfde oor die ou 270.....
Ja, en so voel elke man maar oor SY 398 NITROLAUTENBOOMER.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Jagtersdok »

398 NITROLAUTENBOOMER. [/quote]

Nou daai is die regte kaliber hehehehe
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JACQUES BOTHA »

feite ---en niemand stry nie.. die 308 is inherent n vreeslik akkurate kaliber in die hande van n 'GOEIE SKUT, JAGTER , GEWEERMAN'  maar jy moet hom ken as jy hom wil skiet.. en sy trajek is minder vergewinsgesind as bv n 243 met 87gr punt as jy bv albei op 200 zero en die ghong(enige teiken) ,doodmaakarea'  is die groote van genoemde teiken en jy skat daai teiken op 250 skiet jy los bo oor hom en selfde as jy hom skat op 200 skiet jy met n 308 los onder hom deur..
Ek noem net die voorbeeld in n papier skiet sinareo..
Daar is 2 keuses: leer ken jou trajek ...dis makliekr om trajek te leer ken as om n ander roer te koop en hy gaan dalk nie so akkuraat wees nie?
Leer ken JOUSELF  jou vermoe en jou beperkinge...(moeilik om te erken soms)
dan bly oor.. TRUST YOURSELF EN TRUST YOUR GUN...
GROETNIS
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

JB
feite ---en niemand stry nie.. die 308 is inherent n vreeslik akkurate kaliber
Stem met jou 100%

Die post se opskrif "mees akkuraatste ysters?"

En ek se: DIT IN NIE N 308 Win NIE.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JACQUES BOTHA »

MAAR DIT KAN N 308 WEES OF HOE?
....
DIE AKKURAATSTE YSTER IS DIE EEN WAT JY DIE AKKURAATSTE WIL HE.
DIT KAN OOK N 222 WEES EN DIT MAG N 6MM PPC WEES EN DIT KAN N 6MM XT OF XC  WEES OF IETS DERGLIKS..
HANG ALLES AF VAN WIE DAARNA KYK EN UIT WATTER SITUASIE JY NA DIT KYK :

VB:
N SEUN SIT ONDER DIE BOOM OP DIE PLAAS VOOR SY PA SE PAMPOEN LANDE.
1.HY SE VIR HOMSELF AI MAAR LIEWE JESUS WAS DOM:
KYK HIERDIE GROOT AKKERBOOM EN DIE KLEIN AKKERTJIES WAT HY DRA:
2. EN LIEWE JESUS WAS OOK DOM IN DIE LANDE , KYK DIE KLEIN IS DIE PAMPOENE MET SULKE GROOT PAMPOENE...
..

TOE VAL DAAR N AKKER OP SY KOP...
HY SE TOE
MAAR LIEWE JESUS WAS DAREM BAIE SLIM GEWEES!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

HANG AF WAARNA ONS KYK EN  EN EN HOE ONS DAARNA KYK..

MAAR EK SIEN UIT NA JOU POST OOR DIE MEES AKKURAATSTE KALIBER:
JY SOU NIE DIE POST BEGIN HET SONDER DAT JY DEEGLIK GAAN KYK HET NA  N KLOMP GOETERS OP N KOMP PLEKKE NIE,, SO GOOI ASB FM ...EK WAG IN SPANNING.
GROETE
JB
Shoot straight and tell the truth!
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Ponkie »

Hallo Almal

Jis ek kan myself skop dat ek nou eers hierdie onderwerp raakgelees het!
Voor ek begin... EK IS 'N 308 FANATIKUS!!!!!
Ek jag met my roer en het die naweek diesele roer gebruik toe ons aan die Nasionale Intervereniging skiet deelgeneem het. Die ander 3 ouens in my span het met 'n 30-06, 7x57 en 243 geskiet. Ek kan getuig dat die wind my die naweek op die 300m gongs lelik pak gegee het! >:( Maar die res van die dag het glad verloop en op die tweede gongbaan (toe die wind stil is) het die 300m gongs my nie onder gekry nie!
Die 308 is die beste all-rounder en voldoen aan al die vereistes wat sommige manne al genoem het vroeer in die onderwerp.
'N 308 KAN 'N PLAT TRAJEK HE! Ek skiet met 150gr Game Kings van Sierra en op 300m skiet my 308 slegs 4-5duim laag, as hy op 100m 2.5 duim hoog skiet. Dit is maar die norm vir papierskiet dat jou geweer op 200m moet zero, en dan stel ek my geweer vir 2.5 hoog op 100m.

Die feit bly staan...'Ken jou roer en pas aan by die omstandighede' en jy kan sukses behaal met waarmee okal jy skiet!

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Ja3 »

Mees akkuraatste yster:    Hamer
Mees akkuraatste geweer: Pasmaak
Mees akkuraatste kaliber:  Nog nie gevind
Van die mees inherent akkuraatste kalibers: .308 Win
Post Reply