243 Win

tafjak

Re: 243 Win

Post by tafjak »

Niel

Hies ek weer.

Wat sal darie roer se point blank range wees? Kom ons reken 4duim as die tube(max 2duim onder en bo die kruishaar). Dit is 'n lekker setting vir jakkalse. Ons Karoo en julle Namibi?rs se jakkalse is so bietjie kleiner as die Transvaal jakkalse en moet so bietjie mooier skiet om die goed plat te kry.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Tafjak

Ek het med. bases op haar.En sy gee my 6dae van die week
200=0
150=45-47mm hoog
100=25-27mm hoog en die 7de dag skiet ek nie.

Bitter lekker geweer en Cal.
Groete
Niel
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 243 Win

Post by Louis102 »

Namib@RP wrote:
Ek het med. bases op haar.En sy gee my 6dae van die week
200=0
150=45-47mm hoog
100=25-27mm hoog en die 7de dag skiet ek nie.
Niel

Nie net getuig jou keuse van kaliber van goeie smaak nie, jy bly nog in 'n goeie w?reld ook!  Soos die kraai vlieg is ons bykans bure met 'n groterige sloot tussen ons (Visrivier-canyons) 

Hoop ons kry 'n paar manne bymekaar vir Heinrich se kursus, sal jou laat weet.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: 243 Win

Post by tafjak »

Niel

Ideaal vir jakkalse! Ek vrek oor 87gr Vmaxe, seker die beste 6mm koe?l in die mark. Dit is nou vir langerige skote tot en met 600 meter. Gee altyd kleinerige groepe en skiet in enige 243 en is nie moeilik om mee te werk nie.
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Louis

Sal ek se buurman,dankie vir die waarheid.Wil graag die kursus by woon,hoop net hulle het teen daai tyd
die rivier pad al reg. Anders is dit om pad vir my.
Hoop regtig ons loop mekaar raak,kom so nou en dan in daai omgweing. Koop my vleis by Bennie,jag saam met Hans en Sonja.  Kuier by oom Boet Eksteen op die berg.

Groete
Niel
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Image

Hi Tafjak

Stem saam,hou meer van die V-max.Het ook al die 87 gr HPBT getoets.
Die foto wys wat ek gekry het.Het gemeet van kant tot kant.Resep die selfde net lente verskil.
1/2= 48 mm
3/4= 24mm
5/6= 12.5mm
7/8= 9.8mm
9/10= 8mm
Groete
Last edited by Namib on Sun Mar 07, 2010 10:18 am, edited 1 time in total.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 243 Win

Post by Freddie101 »

Niel
Ek en tafjak is maar ewe oud. So as jy hom nie oom mag noem nie. Vir my ook nie. Ek laaik jou geweer baie. Alles dieselfde as myne behalwe dikloop. Vertel meer van loop. Wat se loop en groefdraai.Ek skiet ook 87 vmaxe. Jou teiken Lyk baie mooi. Lekker om te stel en alles reageer soos hulle moet. Spoed , En trajek identies aan myne.

Lyk dan loop die jakkies okk dik daar by julle. Hoe kry die manne geboer met so baie.
Groete Freddie
yol bolsun
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 243 Win

Post by KSV »

Niel,

Verslawend ne? Net jammer verstaan nie die Bonzaai 243 nie!

Dink ek moet die 375 bring vir die trippie ds na julle toe? Hier is 'n paar manne wat graag wil sien hou skiet die 375 n hond?

Hein?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Freddie 101

Het n Truvelo loop op haar.Is nie seker oor die twist,dink dis 1-12.
26 " lank,25mm by kroon voor.Sy loop mooi.

Groete
Niel
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Hein

Hoe bedoel mnr. dan nou?Jy los daai DING by die huis.My Bonzaai skiet net so raak,vrek,saggies.

Groete
Niel
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 243 Win

Post by KSV »

Hoe dit toe gegaan met julle trip die naweek?

Hein
Last edited by KSV on Mon Mar 08, 2010 7:46 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 243 Win

Post by 243Songdaug »

Hi Niel

Sit dan biejie 'n foto van jou op die net.  Ek skiet darem so 'n keer of wat elke jaar in Nam - ek sal dit nou regtig nie smaak om verby jou te loop en nie eers te weet wie jy is nie.

Jy s? jou loop is 25mm by die kroon!?!?!?!  Liewe @#$%^&! Ek voel nou gladnie meer sleg oor my 24mm nie!  So 'n klein gatjie voor in 'n DIK pyp lyk net reg. 

My ou mater jy moet vir Hein 'n kansie gee met die 375 - behalwe vir die feit dat hy ons almal doofgeskiet het, MAG hy maar skiet met daai 375.  Hy het eenmiddag sommer so vir die snaaks terwyl hy nog die loop ingeskiet het die Blou wildebees tabel van SA Jagters saammet ons geloop - 3 skote met 'n daaropvolgende skoonmaak op 'n slag! 

Die uiteinde wat drie mooi groeperings van onder 'n duim elk - op die ergte plek, natuurlik.  Hy sal sweerlik honde skiet met daai 375 - hy moet net 'n kansie iewers kry.

Ons skiet hierdie komende naweek die Noordkaap President Streekskiet van SA Jagters hier op Kathu - jy stel nie dalk belang om te kom kuier nie?

Groete.

Jaco(KSV2) 
Dont tell me, show me......
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Jaco(KSV2)

Image


Oom Hein sal ek n kaans gee,so-lank ek nie agter daai 375 hoef te staan nie.
Foto van my en my seun.Ek het van dag n foto van Hein gesien.Dit na n paar jaar se gereeld praat op die foon.
Moet tog nie verby loop nie,sal wardeer.Die skiet sal graag wil,maar ry Windhoek toe.Baie dankie vir uitnodiging.
Groete
Last edited by Namib on Sun Mar 07, 2010 4:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 243 Win

Post by KSV »

Niel,

Jaco soek maatjies. Dan voel hy nie so alleen met sy 243 nie!

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 243 Win

Post by KSV »

Dan brag hulle met die knaldempers? Toe gaan sit hulle vir hulle "muzzle breaks" op. Nou is my 375 baie sagter.

Sien julle by die baan vanmiddag?

Hein
Last edited by KSV on Mon Mar 08, 2010 7:48 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: 243 Win

Post by muishond »

Hallo aan almal

Ek wil graag hoor by die manne wat n standaard .243 WIN goed ken,watter lading, punt,kruit ens. die beste gaan werk as die loop n 1-10 twist het en 24 duim lank is.Dit is n relatiewe dun loop en wat sal die spoed en die trajek op 100 ,200 en 300m min of meer wees? Ek wil graag gebruik vir ongediertes ,wild oes asook n bietjie papierskiet. Die lading moet verkieslik dieselfde wees vir alle doeleindes.



Die jaggeweer is n WEATHERBY VANGARD as dit enigsins sou help.

Groete en dankie
Muishond
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Win

Post by Francois Marais »

Muishond

Wat op aarde het jou op die naam laat besluit??

Watter gewig punte wil jy skiet?? Die 1-10 loop sal alles stabiliseer, dalk net nie die 115gr punte nie.

Lading wat goed werk is so 42-43 gr S365 op n 87 gr V-max punt, damee sal jy alles soma lekker piets, beginne so by 41,5gr en werk op in 0.5 gr tot jy groep kry.

Spoed is so 3200-3300 ft/sec wees, trajek met 200 zero sal 1.13" hoog wees op 100 yards en -5.43" op 300 yards.

Jy kan ook 75gr V-Maxe's probeer, self BAIE lekker punte.

Mooi loop, hoop dit help.
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: 243 Win

Post by muishond »

FRANCOIS

Baie dankie die inligting sal verseker help.
Ek wil graag die 87gr v-max of 88gr berger probeer. Weet nie watter een die beste sal werk nie.

Hoe ver moet ek die punt vanaf die landings sit ? Dit wil vir my voorkom asof die afstand verskil van kaliber tot kaliber.

Sal die 75gr v-max dieselfde groepering kan lewer as die 87gr en watter groepering is moontlik met hierdie spesifieke geweer?

Ek noem my maar Muishond op hierdie forum, want as ek my jakkals sou noem was ek al n sifdraad {weet nie hoe om n smiley te plaas nie}

Groete
Muishond 
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Win

Post by Francois Marais »

Muishond

My roer het n 1-10 twist loop en skiet die 75 en 87 grein V-max'e selle POI op 100m, die 75gr het n 3 skoot groep van so 8.5mm geskiet, ek het nooit die 87gr geskiet vir n groep op 100, maar kon die twee punte in n oes deurmekaar gebruik sonder om n verskil agter te kom.

Die Bergers gaan jou beter akuraadheid gee, maar kan dalk n bietjie duurder wees, ook dalk n bietjie te hard vir jakkies as ek so na Taffie luister.

Ek het my V-Max'e some leka styf teen die lands gelaai, as jy die patroon chamber en jou slot toemaak, en weer oormaak, moet daar so n vierkant merkie op die punt sit wat die groewe hom gemerk het, jy moet egter laag begin en stadig opwerk as jy so vas teen die groewe laai, jy kan maklik/vinnig n druk probleem kry.

Mooi loop, jou naam is jou naam.
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: 243 Win

Post by muishond »

FRANCOIS

Dankie ek waardeur.

Daardie groepering van 8.5mm is baie goed,die roer moet seker n dikkerige loop he.

Goete
Muishond
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Win

Post by Francois Marais »

Muishond

Nee, nogal nie, dis n TREVELO wat ek so half teen my sin opgesit het, maar later baie vrede mee was, ek dink hy is ma so 17mm op doe kroon, hy het sy werk gedoen, reken ek het so 4000 skote uit hom gekry. Hy skiet nou nog so 20/25mm groepe, maar wag vir n nuwe Bartlein 1-14 twist, wil die 70gr BK bietjie ROER met hom.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 243 Win

Post by Freddie101 »

Muishond
Ek het ook n hele paar punte probeer en toe gesettle op 87 gn Vmax. Het ook 1:10 twist Musgrave. Groepeer mooi. Skiet plat genoeg tot 300m. Sagte punt wat doodmaak. Hoe ballistiese koeff. Na my mening goed genoeg.  Skiet teen 3360 vt/s.
Groete Freddie
yol bolsun
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: 243 Win

Post by muishond »

FRANCOIS/ FREDDIE

Dankie vir die raad , dit gaan my verseker baie help.
Ek weet nou waar om te begin.

Net nog een vraag: As ek n nuwe roer wil laat bou, wat super akuraat is vir die jag van ongediertes en groepering skiet en met n magasyn, watter kolf,aksie en loop sal julle gebruik. Hoe lank,dik en met watter twist in watter kaliber? Vir interesantheid is die prys nie ter sprake,noem dit die roer wat die hart begeer maw moet voldoen aan benchrest standaarde en geskik wees vir die jag van ongediertes.

Groete

Muishond
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 243 Win

Post by KSV »

Muishond,

Heel eerste kies vir jou n Bonzaai 243light.

Moenie dat die oningeligde manne jou iets anders vertel nie? Hehehe!

Ek sou se soek vir jou n baie goeie geweersmid, bespreek jou behoeftes met hom en maak dan jou besluite rondom dit.
KSV groete
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Namib
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am

Re: 243 Win

Post by Namib »

Hi Hein

Laat jy nou die man so verkeerd help(Bonzaai 243 light),was op die regte pad.Jy moes n lang dag gehad het,jy dink nie mooi nie. Moet moegheid wees,gaan slaap bietjie.Dalk net jaloers?

Groete
Post Reply