243 Win

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

243 Win

Post by Gerhard »

Ek is besig om bietjie navorsing te doen en stel nogal belang in die 243Win.

Ek soek iets wat bietjie meer spoed en swaarder gewig punt skiet as my 22K Hornet.

So ver lyk die 243Win na 'n kaliber wat lekker skiet van 65gr tot 100gr punte.

Ek wil die kaliber gebruik vir lang afstand jakkals skiet en ook vir springbokke en blesbokke.

Wie het enige ondervinding met HOWA gewere?

Wat is hulle prys en kry mens HOWA's met 24 duim loop?

Thanks vir die inligting ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 243 Win

Post by Gerhard »

O ja,

Dan wil ek een van die kolwe op die geweer sit....

http://armtec.co.za/tactical.html
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 243 Win

Post by Christo »

Gerhard

Kyk onder die 6mm dasher post is daar 'n website wat ek opgesit het oor kolwe wat jy kan bestel. Daar is nogal mooies en die goed kan binne 3maande gelewer word. Ek het die kolwe se inligting op 'n ander forum ( dink dit was SAjagters) gekry waar dit aanbeveel was.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

Gerhard

Ek het so 2 weke gelede my 243Win gekoop.? Ek het die afgelope jaar 'n "intensiewe" ondersoek gedoen om vas te stel watter kaliber die geskikste is vir my besondere omstandighede en dit waarvoor ek dit benodig.? Ook soos jy, wil ek oor 'n langer afstand na springbokke en kleiner wild skiet.? Die 243 staan uit met sy besondere akkuraatheid oor 'n langer afstand.? Baie van my vriende laai hulle patrone met 80-90gr punte - met groot sukses.? Jy kan natuurlik 'n beter resultaat-kaliber (met 'n platter trajek) koop, maar soos met alle baie vinnige dinge in die lewe is daar 'n prys te betaal.? In die geval van super-vinnige kalibers is dit 'n baie korter looplewe...? ::)

Tensy jy natuurlik oor GENOEG fondse beskik, is dit die moeite werd om na tweedehandse gewere te kyk.? As jy 'n Sako of Tikka iewers kan kry gaan dit 'n bonus wees.? Maak net seker dat 'n goeie wapensmid ook die geweer deurgaan.
Nuwe gewere is deedae buitensporig duur - wat 'n mens dwing om 'n ondergeskikte fabrikaat aan te skaf.? Die Howa het egter 'n baie goeie reputasie. 
Last edited by Hein M. on Tue Apr 14, 2009 9:29 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 243 Win

Post by Gerhard »

Hein,

Thanks vir die inligting.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 243 Win

Post by Tomcat »

Gerhard

Net die feit dat jy al na n 243 kyk wys vir my jy is n man met besonderse hoe intelligensie vlakke!
Mooi hou so aan!

Tomcat

NS Jy kan vir jou n 270 kry maar skootafstand is in die orde van 50 tot 55 meter. Besluit ma self...
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 243 Win

Post by Yalair »

NS Jy kan vir jou n 270 kry maar skootafstand is in die orde van 50 tot 55 meter. Besluit ma self...
270 Sako
Norma dop
CCI magnum primer
S355 - 52.5 g
Punt barnes TSX 110 g
spoed 3410 fps
Kry darem so 55.100 meter skootafstand  ;D - o ja maksimum spoed op TSX vir 270 so 3500 fps behoort so 56 meter te gee
Last edited by Yalair on Tue Apr 14, 2009 7:25 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 243 Win

Post by Gerhard »

Tomcat wrote: Gerhard

Net die feit dat jy al na n 243 kyk wys vir my jy is n man met besonderse hoe intelligensie vlakke!
Mooi hou so aan!

Tomcat

NS Jy kan vir jou n 270 kry maar skootafstand is in die orde van 50 tot 55 meter. Besluit ma self...
ha ha ha Tomcat,

Ek het baie navorsing gedoen op die 6mm Rem AI en baie gehou wat ek sien.

Maar die probleme wat ek gehaad het met die bou van my 500 Jeff laat my weer dink oor daai kaliber wanneer dit kom by goed soos doppe, dies, loop, reamer, aksie ens.... daai goed kos alles bleddy groot geld.

Die 243 Win gaan die selfde doen. Ek soek nie 4000fps nie maar 3500 fps sal nice wees om jakkals te piets en dan bietjie swaarder punt springbok en blesbok klas wild skiet.

Met 243Win kan ek geweer koop maklik dies koop en goed soos doppe ens.

Dan het ek manne soos julle wat lank al met daai 243 Win kaliber speel so ek hoef nie te veel alleen te sukkel om ladings en goed te ontwikkel nie.

Op die einde van die dag is net 'n akkurate geweer vir my intresant. Maak nie saak hoe die geweer lyk nie. lol
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

Kan julle dalk groot asseblief verduidelik wat die term "skootafstand" beteken?

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 243 Win

Post by Yalair »

As jy gaan jag en 2 dae laat vodde by die huis kom is dit hoe ver jy van jou vrou moet staan dat sy jou nie met die koekroller kan raak slaan nie  ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

O.  Olraait.  Die probleem is dat ek myne touwys gemaak het met 'n Glock.  :o
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 243 Win

Post by Christo »

Hein

Dan ga sy jou Clock stop met die Glock
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 243 Win

Post by Yalair »

Dis nou hier waar skootafstand 'n probleem raak, lyk my jy moe eerder vir haar 270 gegee het as ek die manne so luister  ;)
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

Ek het nou alreeds baie wys geraak en is geweldig opgewonde oor die maniere en metodes om myself uit die huis te hou. :D
Ek weet egter nog steeds nie wat die term "skootafstand", soos hierbo gebruik, beteken nie... ???
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 243 Win

Post by Yalair »

Tomcat sal maar moet kom beduie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 243 Win

Post by Christo »

Hein

Ek lees nou eers die post behoorlik. Nou sal ek ook graag wil weet.

Christo

Benna, ek sien jy't ook die term gebruik, vertel/verduidelik !!!
Last edited by Christo on Thu Apr 16, 2009 7:08 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 243 Win

Post by Yalair »

Nee weet nie, het gesien hy kraak my 270 af toe spring ek sommer in, net om iets te se waarvan ek nie weet nie  ;D
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

Jene, k?rels.  Nou hoe is julle storie dan? >:(
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 243 Win

Post by Tomcat »

SKOOTAFSTAND = HOE VER N SPESEFIEKE ROER KAN SKIET

Tomcat
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: 243 Win

Post by Chris101 »

Ek skiet self met 223 HOWA van die beste geweer van die rak af baie akkuraat
Knou die gediertes AF.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 243 Win

Post by Hein M. »

Tomcat wrote: SKOOTAFSTAND = HOE VER N SPESEFIEKE ROER KAN SKIET

Tomcat
Tomcat,

Ja en het ook so gedink, maar volgens julle opmerkings hierbo het dit 'n ander betekenis.? Wou net weet watter ander betekenis die woord "skootafstand" ook het.

Weet ek klink soos 'n vasgehaakte grammefoonplaat, maar ek raak al hoe nuuskieriger...

Jammer dat ek jou onderwerp "hijack", Gerhard...

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 243 Win

Post by Francois Marais »

Hi

Het Yalair nie sopas n afrikaanse woord gefabriseer wat hy reken dieselle as die Ingelse 'Point Blank Range" beteken nie???  Julle ken mos die term.

Vra ma net.

Mooi bly
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 243 Win

Post by Christo »

Ek het die volgende afgelaai vanaf LANDBOU.COM gedateer 30 Mei 2003. Hoop dit sal die vraag beantwoord.


Wind en swaartekrag speel sleutelrol
Willem Odendaal


Springbokjagters moet altyd onthou dat swaartekrag, wind en die sleurkrag van die atmosfeer 'n invloed op die koe?l in vlug uitoefen, wat met 'n toename in skootafstand kan vergroot. Hulle moet afstand tot op die naaste 50 m akkuraat kan meet, bepaal of skat ? selfs vir skote tot op 350 m.

Die enigste manier waarop afstand na die teiken korrek gemeet kan word, is om dit met 'n skootafstandmeter ("rangefinder") te doen. Professionele jagters beskik deesdae byna almal oor 'n toestel wat met behulp van die jongste lasertegnologie afstand baie akkuraat kan meet. Die prys van meettoestelle van gehalte is egter taamlik hoog.

Intussen is die jagter wat vlaktewild jag, daarop aangewese om van minder akkurate metodes gebruik te maak om skootafstand te bepaal. Skootafstand kan met behulp van die beginsels van driehoeksmeting bereken word. Verskeie variasies word gebruik. Teleskope met kruishare wat met strepies of kolletjies afgemerk is, of waarvan die buitebene van die kruishare dikker ingeteken is as die binnedele, verskaf 'n riglyn waarmee die skut die skootafstand kan bereken. Die enigste voorwaarde is dat die hoogte of die breedte van die teiken bekend moet wees.

Daar is egter nie altyd genoeg tyd om die afstand na die teiken met behulp van driehoeksmeting te bereken voordat die bok weer aan die hardloop gaan nie. Daarom verkies jagters sommer om afstand te skat.

Een van die beste maniere waarvolgens afstand redelik akkuraat geskat kan word, is om voor die jagtog 'n paar lewensgrootte springbokteikens op verskillende afgemete afstande staan te maak ? s? op 100 m, 200 m en 300 m onderskeidelik. Die oppervlakte wat die betrokke papierbok relatief tot die totale teleskoopprentjie vol staan, word per afstand deur die skut gememoriseer. Dis beginsel word in figuur 1 gedemonstreer.

Jagters wat teleskope gebruik wat tien of meer maal kan vergroot, moet versigtig wees om nie voor die versoeking te swig om na bokke te skiet wat verder as 350 m van hulle af staan nie. Al skiet die ligte kalibers (soos die 22-250-Remington wat ontwerp is om oor lang afstande gebruik te word) met gemak baie ver, vergroot 'n sterk teleskoop die beeld van 'n springbok dermate dat skote tot op 450 meter steeds moontlik lyk.

'n Nuttige metode om afstand te skat, is om 'n patroon, die steel van 'n pyp of selfs 'n pen te gebruik om die afstand na die teiken te "meet". Di? tegniek kan geoefen word deur die afstand tussen opeenvolgende telefoonpale langs die pad met byvoorbeeld 'n patroon te meet.

Die voorwaarde is dat die patroon altyd ewe ver van die oog af gehou moet word. Dit is raadsaam om die arm altyd uitgestrek te hou wanneer daar gemeet word sodat die afstand tussen die oog en die patroon altyd dieselfde bly. Die afstand van die tweede been van die driehoek (tussen die jagter en die naaste telefoonpaal, s? 'n padbreedte, of 10 m) moet ook konstant bly. Hierna kan die derde been van die driehoek gemeet word. Die bakens tussen die eerste twee pale sal byvoorbeeld vyf patrone uitmekaar wees: Daar sal drie patrone tussen die eerste en tweede paal inpas en twee tussen die tweede en derde paal, ensovoorts.

Die volgende stap is om die aantal patrone tussen werklike afstande van byvoorbeeld 100 meter te tel, en s? 'n verwysingsraamwerk vir afstande op te bou wat die skut in die jagveld kan gebruik.

Die jagter kan ook die afstand na die teiken in twee deel en dan die naaste been skat. Die resultaat word met twee vermenigvuldig om die totale skootafstand te verkry. Die beginsel waarop hierdie tegniek gegrond is, is dat dit makliker is om nader afstande te skat.

Die kuns om afstand reg te skat, kom net met gereelde oefening. Die jagter moet so dikwels moontlik die afstand na verskillende voorwerpe skat en die afstand dan aftree.

Jagters wat skootafstand met die blote oog goed kan skat, sal weet dat daar 'n paar faktore is wat die akkuraatheid van die skatting sal be?nvloed. Dit lyk asof voorwerpe met re?lmatige buitelyne (soos 'n huis of 'n springbok) nader is aan die jagter as voorwerpe met onre?lmatige buitelyne (soos 'n klomp bome of 'n karoobos).

Dit lyk asof die afstand na 'n teiken wat sterk met sy agtergrond kontrasteer (soos 'n springbok wat teen die agtergrond van 'n swart kliprantjie staan) nader aan die jagter is as wat dit werklik is.

Die afstand na 'n teiken wat effens verskuil is (soos 'n springbok wat in lang gras wei) lyk verder as wat dit werklik is.

Dit lyk nader na 'n teiken toe in helder sonskyn as wanneer dit bewolk is. Hoe duideliker die jagter 'n springbok kan sien, hoe nader lyk dit. Wanneer die son van agter die jagter op die springbok skyn, lyk dit of die bok nader is as wanneer die son van agter die springbok na die jagter toe skyn. Die afstand oor gladde terrein, soos in 'n soutpan of 'n dam water, lyk verder as wat dit werklik is.

'n Jagter wat afdraande skiet, soos teen die helling van 'n rantjie af, onderskat maklik die afstand na sy teiken. Teen 'n opdraande lyk die skootafstand nader as wat dit in werklikheid is. Jagters wat eers die kontoere na die teiken met die oog volg, neig om die skootafstand daarheen te oorskat.

Tydens 'n voorl?jag kan die skat van die afstand aansienlik vergemaklik word as die jagter vooraf merkers op verskillende afstande binne die skootsvak aanbring waarheen hy mag skiet. Wild is kleurblind. Daarom kan donkerkleurige merkers, soos rooi of blou lappies, gebruik word om die afstand na 'n paar bakens in die onmiddellike skietomgewing (soos 'n paar karoobosse) aan te dui. Wit of ligkleurige merkers moet egter vermy word. Repies wit toiletpapier kan as 'n noodmaatre?l gebruik word, maar dit moenie in die wind wapper en die bokke afskrik nie.

Die kolletjies op die kruishare van teleskope is gekalibreer. Elke kolletjie verteenwoordig oor 'n bepaalde skootafstand (s? 100 m) 'n vaste aantal sentimeter op die teiken. Dit stel die jagter in staat om (soos in figuur 2 aangetoon) 'n bepaalde aantal kolletjies vertikaal of horisontaal van die doodmaakkol af te mik om voorsiening te maak vir die afwyking wat deur afstand, helling of wind op die vertikale koe?lbaan van sy jaggeweer veroorsaak word.

Wanneer die jagter die afstand na die teiken deur die teleskoop volgens die grootte van die springbok in die teleskoopbeeld geskat het, kan hy uit ervaring die korrekte aantal kolletjies kies waarmee daar weg van die teiken af gekorrel moet word om vir die afwyking in die koe?lbaan te vergoed en sodoende die doodmaakkol te tref.

Wind is di? klimaatfaktor wat 'n skut die maklikste laat misskiet. Hoe verder die skoot, hoe meer dramaties is die invloed daarvan.

Hoe verder die koe?l trek, hoe meer neem die snelheid daarvan af en hoe langer kry die wind kans om die koe?l oor 'n gegewe afstand van sy horisontale baan af te dryf. D?t verplig die springbokjagter (wat oor lang afstande moet skiet) om die snelheid en rigting van die wind baie akkuraat te kan lees en daarvoor toe te gee wanneer hy aanl?.

Die invloed wat 'n dwarswind van 15 km/h op die koe?ls van verskillende jaggewere uitoefen, word in figuur 3 op bl. 44 uitgebeeld.

Die stadiger koe?ls van die 375-H&H word meer deur wind be?nvloed as die vinnige, sleurtrae koe?l van die 270-Winchester. Kleinkaliber-gewere met baie ligte koe?ltjies, soos di? van die 22-250-Re-mington en selfs die 243-Winchester, wat albei ook teen 'n ho? snelheid deur die lug trek, word nadeliger deur wind be?nvloed as die 270.

Swaarder koe?ls, soos di? van die 375-H&H met sy koe?lpunt van byna 20 gram, word oor 350 m deur 'n dwarswind van 15 km/h vir meer as twee derdes van 'n meter van sy horisontale baan afgedryf. Dit is meer as dubbeld die afstand vir die koe?ls van die 243-Winchester, die 25-06-Remington, die 270-Winchester en die 300-Winchester Magnum in dieselfde winderige toestande.

Figuur 3 dui die verskille in windgevoeligheid tussen die kalibers aan. Die baie vinnige koe?l van die 22-250 met sy 3,6 gram punt word deur dieselfde wind net minder as 'n halwe meter van sy koe?lbaan af gedryf ? ver genoeg om heeltemal mis te skiet in 'n matige dwarswind. Die 243 vaar effens beter, maar dryf in wind steeds betekenisvol meer af as die 25-, 270 en haastige 30-kalibers. Figuur 3 toon ook aan dat die 270 en die 25-06 die minste deur wind geaffekteer word.

Springbokjagters wat gereeld in wind jag, moet eerder die 270 of die 25-06 gebruik as die 243. Die 22-250 moet maar liewer tuis in die kluis gelaat word wanneer die wind die dag waai.

Die afstand wat die wind 'n koe?l van enige kaliber van sy horisontale baan af dryf, neem direk toe met 'n toename in windsnelheid. Springbokjagters kan dieselfde beginsel as bisley-skuts gebruik om windsnelheid te bepaal. Vlae word by skietbane gebruik om windsterkte aan te dui. Die wind lig die vlag sodat dit met 'n sekere hoek weg van die vlagpaal af hang. As die wind baie sterk is, wapper die vlag teen 'n hoek van amper 90 grade met die vlagpaal.

Windsterkte word in kilometer per uur bereken deur die aantal grade waarteen die vlag met die vlagpaal wapper, te deel deur 'n konstante faktor van 2,5. As die vlag teen 60 grade hang, waai die wind teen sowat 24 km/h.

In die jagveld kan die jagter 'n plukseltjie dro? gras of 'n stukkie toiletpapier gebruik om te bepaal teen watter hoek die wind die gekose voorwerp van hom af wegwaai. Hy strek sy arm op skouerhoogte horisontaal weg van hom af uit en laat val die sand of gras. Die hoek waarteen dit dan met die vertikale lyn van sy liggaam grond toe val, dien as maatstaf om windsterkte te bereken.

Windsterkte kan ook naastenby geskat word deur die volgende waarnemings te doen:


0 km/h tot 5 km/h ? rook en fyn stof dryf saam met die wind, maar die wind kan nie op die gesig gevoel word nie.

6 km/h tot 10 km/h ? die wind kan op die gesig gevoel word.

11 km/h tot 15 km/h ? die blare van bome ritsel die hele tyd.

16 km/h tot 20 km/h ? die stof staan en papiere word rondgewaai.

21 km/h tot 25 km/h ? kleiner bome swaai heen en weer.
Wanneer die wind sterker as 25 km/h waai, moet die springbokjagter liewer tuis bly.

'n Nuttige manier om windsterkte bepaal, is om die lugspie?ling deur die teleskoop te lees. Lugspie?ling is die weerkaatsing van hitte deur verskeie lae hittegolwe waarvan die temperatuur en digtheid van mekaar verskil. Di? hittegolwe beweeg teen dieselfde snelheid en in dieselfde rigting as die wind. Ervare jagters meet windsterkte tot 20 km/h baie akkuraat met behulp van hierdie metode. Die lugspie?ling verdwyn wanneer die wind sterker as 20 km/h waai.

Die springbokjagter moet ook seker maak uit watter rigting die wind waai. 'n Wind wat skuins van regs of skuins van links, na of van die jagter waai, dryf die koe?l minder van sy horisontale baan af as dieselfde wind wat teen 90 grade dwars voor hom verby waai.

Skuins winde oefen net die helfte van die krag op die koe?l uit as winde wat plankdwars waai. Die jagter gee die helfte minder toe vir 'n skoot in 'n skuins wind as wat hy sou doen vir 'n 90 grade dwarswind van dieselfde sterkte. 'n Wind reg van agter of reg van voor oefen geen betekenisvolle invloed op die horisontale afwyking van die koe?l uit nie.

Die enkelgeweer-jagter sal wys wees om 'n kaliber in die klas van die 270-Winchester te kies. Di? kaliber voldoen aan ?l die bogenoemde vereistes. Met die regte koe?lpunt kan dit ook aangewend word om groter boksoorte tot in die klas van die gemsbok met een doodskoot plat te skiet.

Jagters wat meer as een geweer besit, behoort een van die kleiner kalibers in die klas van die 243-Winchester vir springbokjag te oorweeg. Di? geweertjie skop min en stel die jagter in staat om oor lang afstande akkuraat te skiet. Omdat die ligte koe?ltjie kwesbaar is vir dwarswinde, sal 'n swaarder vlaktekaliber soos die 300-Winchester Magnum, wat eintlik 'n gemsbokgeweer is, nuttig te pas kom om in winderige toestande met ligter koe?lpunte vir die jag van springbokke gebruik te word.

Dr. Willem Odendaal is 'n lid van die Nasionale Vergadering en 'n geesdriftige jagter.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: 243 Win

Post by tafjak »

                           







                                                              Lede op forum=243
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: 243 Win

Post by Freddie101 »

Amper gedink jy het aan die slaap geraak en vergeet om iets te skryf. Nou gaan seker geen nuwe lede toegelaat word nie.
Freddie
yol bolsun
Post Reply