Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ja ja, wonder wie was hy?
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
cgcg rossouw wrote: Ja ja, wonder wie was hy?
Was dit dalk jy?
Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Het met my beste pel gebeur, voor ek nog saam met hom gejag het.
Hy kwes 'n koedoe koei (plaas by Willomore) en hardloop agter haar aan om 'n groot bos. Hy sien die koei en l? aan. 'n Skoot gaan af en hy voel iets spat teen sy gesig. Hy laat sak die geweer en sien die scope is weg! 'n Ander jagter het deur die bos op die koei geskiet en die koeel het my pel teen sy geweer se scope basis getref
Scope morsaf. Dit was maar net nie sy dag om te gaan nie!
Hy kwes 'n koedoe koei (plaas by Willomore) en hardloop agter haar aan om 'n groot bos. Hy sien die koei en l? aan. 'n Skoot gaan af en hy voel iets spat teen sy gesig. Hy laat sak die geweer en sien die scope is weg! 'n Ander jagter het deur die bos op die koei geskiet en die koeel het my pel teen sy geweer se scope basis getref
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Daai is naby!!!!!!
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."
Koedoe Hengelklub
Koedoe Hengelklub
- visstok
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Thu Sep 22, 2011 6:15 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ek sal so ou met sy eie geweer beseur!
Sak Sarel, pa wil n bok skiet
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Daai het jare terug met my ook in my oupa se Datsun bakkie gebeur! Gelukkig net met die .22 en gelukkig niks getref nie! Ek was die wit een en my oupa die rooi een.....Martin Marais wrote: Ek gaan jag een aand jakkalse by 'n boer. Hy en sy seun vra hulle wil saamgaan. Die seun was destyds nog op skool. Ons besluit toe dat die seun saam met my gaan ry. Met ons vertrek vra die jongman of my geweer gelaai is. Het toe nog met die 30-06 sonder knaldemper geskiet. Toe ek noem dat die geweer leeg en veilig is,kom die vraag"mag ek hom maar vir jou laai?". Ek knik net en steur my nie verder aan die gebeure nie. Die volgende is daar hierdie moerse slag,en stukkies(weet nie of grond of stukkies koeel of stukkies voertuig nie) en stof en rook. Die jongman het 'n rondte in die kamer geplaas en die skoot afgetrek.
Het nog met 'n series Land Rover gery. Groot gat in die vloer, 'n hele hap uit die voorste bladveer en 'n gat in die verkoeler.
Dit was die bleekste plaasseun wat ek nog ooit in my lewe gesien het. My ore het vir 'n paar dae daarna gesuis.
Groete
Martin Marais.
Last edited by Eugene on Thu Oct 25, 2012 4:24 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Naand C.G.
Ken jy dalk daai seun

Groete
Ken jy dalk daai seun
Groete
- cg rossouw
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Sal ek ooit daai aand vergeet, as ek so terug dink is dit so 20 jaar terug. Daai slag, mense so landie is klein vir daai 30-06 se klank. Wat daar in die donker gebeur het, moes iewers met die laai het n patroon ingeslip, nog daai aand alle raad probeer met kerrie en sunlight seep om verkoeler reg te maak.
Ander storie, n ou ook naby my het een laat middag gaan dassies en tarrentale skiet, soos hy ry met die bakkie sien hy die goed en vat die haelgeweer en sien toe die goed is te ver en sit die geweer terug met die loop na bo, so skiet hy met die .22 en sit die weer terug loop eerste, daar druk hy die sneller van haelgeweer, gat deur die dak van die bakkie, hy het daai dak gepannelbeat en vensterpaty gebruik en rooi merk ink, sy pa het daai bakkie verkoop en nooit geweet, seker tot vandag toe nie.

- C.J.
- Sr. Member

- Posts: 396
- Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Dags? manne,
Daai Korhaan wat so skertsend opvlieg onder jou kan 'n man meertalig maak. Maar ek moet s? 'n bosvark het my ook al lekker laat skrik. Ek en 'n maat loop om ons mielieland opsoek na Bosvarke, ons hoor hulle toe mielies breek op 'n plek waar daar reeds baie skade is, ons besluit toe om net daar te staan en wag sodat hulle bietjie aan kan beweeg om sodoende ons bekruip makliker te maak. Ons staan toe daar in die donker, steek toe maar 'n sigaret op en wag. Paar minute later raak dit stil, en ek s? so ewe dat hulle seker bietjie aan beweeg. Volgende oomblik stap daai hele trop bosvarke tussen ons in. Toe ek 'n beweging 2m van my af sien gee daai Bosvark een snork en toe hoor jy net mielies breek soos hulle hardloop! Daai was 'n lekker skrik!
Van daar af kan ek russies praat.
Groete
C.J.

CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
-
Johan04
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
As jong manetjie het ons een keer by my Pa se broer gaan kuier op sy plaas. Die grootmense vat die kids veld toe met die .22.
Almal het lekker geskiet en staan en gesels buite toe skote voor in die citroen afgaan. My neef het .22 patrone by die lighter se gat sit en ingooi en na n ruk het hulle een vir een afgegaan. Na n helse gesukkel om die goed weer uit te kry(die lighter se gat het skuins na onder gegaan) het die ooms die battery ontkoppel en kon hulle die ander patrone uitkrap.
Die hele spul was maar wit geskrik.

- Kleinpiet
- Full Member

- Posts: 142
- Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm
Re: Wie het die laaste ruk groot geskrik in die veld?
Ek't eendag vir my Pa se skrik gelag. Ons twee het met die bakkie na die re?n veld toe gery om te meet. Nou as dit hier by ons baie gere?n het kry jy hier 'n spinnekop met so 'n geel agterlyf. Ons het hom die Bottergat Spinnekop gedoop, blykbaar is sy regte naam Goue Web Spinnekop. Hy span sommer sy web so dwars oor die veldpaadjies. As jy vandag deur hom ry m?re is die web weer gespan. Ons ry toe deur so 'n web, gelukkig stadig, want die pad is vol water. Die volgende oomblik vlieg my Pa uit die bakkie sommer so in die ry en skree, "maar daardie ding is mos agresief". Die Bottergat Spinnekop sit toe op die "dashbord" en ek ry saam met 'n bakkie sonder 'n drywer.